Geneem en gelees: oor Dirkie Smit as hermeneutiese teoloog

Authors

  • Daniël P Veldsman

DOI:

https://doi.org/10.5952/54-0-366

Keywords:

Dirkie Smit, Hermeneutiek, Ekumenies-ekklesiologiese rasionaliteitsmodel, Teologie-wetenskap debat

Abstract

Met spesiï¬eke toespitsing op die werk Neem, lees! (2006) van die sistematiese teoloog Dirkie smit van die Fakulteit Teologie, Stellenbosch, word krities gevra na sy benadering tot en verstaan van die plek van hermeneutiek in teologiese besinning. Op grond van ‘n uiteensetting van sy diepgaande hermeneutiese verstaan, word sy benadering beskrywe as ‘n ekumenies-ekklesiologiese rasionaliteitsmodel. Ten opsigte van hierdie model word die vraag gestel “waarheen?†dit ons hermeneuties neem. Hierdie “waarheen?†word aangedui en krities bespreek met as kernpunt van kritiek die volledige ignorering van die eietydse teologie-wetenskap debat wat op geen wyse vormgewend neerslag vind in Smit se hermeneutiese model nie.

Downloads

Published

2013-12-18