2017_n2_a23

Stellenbosch Theological Journal 2017, Vol 3, No 2, 493–529

DOI: http://dx.doi.org/10.17570/stj.2017.v3n2.a23

Online ISSN 2413-9467 | Print ISSN 2413-9459

2017 © Pieter de Waal Neethling Trust

Die stil stem van die vroue in die vroeë sendingwerk van “der Kaapsche Kerk” in Njassaland (1896–1906)Deel II: Die Afrika-sendingkonteks

Murray, Isabelle

University of Nkhoma

isabelm@adept.co.za

Abstract

The quiet voice of the women in the early missionary work of the Cape Church in Nyasaland (1896–1906)Part II: The Africa mission-context

Although by 1910 half of the staff of the ‘Kaapsche Kerk’ in Nyasaland was female, their stories have scarcely been told. In this second of two articles, the focus is on giving a voice to some of these early female missionaries by sharing their experiences of the African mission context. As primary source the newly retrieved diaries of Reverend Andrew George Murray, though written from a male perspective, offer an interesting depiction of the role and contribution of Tillie Murray, his wife, and other female co-workers. The second main source is the letters of Bessie Vlok (née Horne), who lived and worked with her husband Eerwaarde TCB Vlok for six months at Livlezi until the untimely death of their firstborn, and only a few days later, herself. Also included as primary sources, are a number of handwritten letters and ‘witnesses’ composed by various female missionaries. These offer earnest reflections on their confrontations, challenges and experiences: Andrew George Murray went to Nyassaland in April 1901; Tillie Theron arrived in June 1902; Bessie joined her husband, TCB Vlok, in Nyassaland in 1885 and died in 1896.

Key words

Women; early missioniaries; Central-Africa; African mission-context; experiences; spiritual calling

1.Inleiding

Die jaar is 1887, dertien jaar na die tot standkoming van die Hugenoten Seminarie as eerste vroue-opleidingsinstansie met ’n spesifieke sendingvisie. In haar openingsrede verklaar Abbie Park Ferguson1 die volgende: “The Lord laid it on my heart some months ago to pray that within five years one hundred missionaries might go out from the Dutch Reformed Church”. Reeds voor haar koms na Suid-Afrika, vervolg sy, was haar passie “… not for Wellington or Cape Colony, but for all Africa …” Daarom is haar gebed dat “… Huguenot Seminary [may be] a fountain from which many streams of the water of life may flow …”2

Dit blyk dat hierdie versugting in ’n groot mate bewaarheid is, want slegs enkele jare ná die opening van die Hugenoten Seminarie, was daar reeds etlike afgestudeerdes as sendelinge by binne- en buitelandse sending betrokke.3 Die opleidings- of uitstuurkonteks, asook die invloed van die opleiers wat ’n wesenlike rol in die lewens van die eerste vroue in die sending gespeel het, was die fokus van die eerste artikel oor die vroue in die vroeë sending (1896–1906).4 Die Afrika- of sendingkonteks en veral die uitgestuurdes as ‘eersteling-sendelinge’ se ervaring van Sentraal-Afrika en die werk op die sendingstasies, is die fokus van hierdie tweede artikel. Aan die hand van die twee primêre bronne, die dagboeke van Ds Andrew George Murray en die briewe van Bessie Vlok, néé Horne, asook verskeie handgeskrewe briewe en ‘getuienisse’ van sendingvroue, word daar ’n omvattende beskrywing gegee aan dié belewenisse, soos gesien deur die oë van veral die jong vroue.

Met die ontleding van Murray se dagboekinhoude en Bessie Vlok se briewe, blyk veral die volgende fokusareas van die Afrika-konteks van belang: die fisieke ontberings ten opsigte van reis, afgesonderdheid van die gebiede, natuurlike vyande; klimaat en behuising; gesinslewe en kinderopvoeding; gesondheid (soos koors, swangerskappe en bevallings); sosiale verhoudings en bedrywighede; die blootstelling aan vreemde kulture;5 die aard van hul rol en insette as sendingwerkers; hul spiritualiteit en roepingsbewustheid; en hul bydraes ten opsigte van die geestelike bediening. Laastens word aandag gegee aan hul persoonlike vroeë nadenke rondom die paradoks van roeping en ontbering. Ten einde die leser in staat te stel om ’n outentieke perspektief te verkry op die omstandighede en rol van die vrou in die vroeë sendingjare, word heelwat data as direkte aanhalings van die hoofbron-outeurs weergegee.6

2.Sendingkonteks: omgewings-, gesondheids- en sosiale en verhoudingsaspekte

Die Afrika van die 19de eeu was in ’n baie groot mate nog totaal onverken en ongerep. Die inligting wat beskikbaar was, het gedui op groot omgewings-uitdagings ten opsigte van reis, afgesonderdheid, natuurlike vyande en die klimaat. Ongehoorde lang afstande, andersoortige vervoermiddels, sowel as die onbekend- en ongetemdheid van die streke,7 muskiete, slange, spinnekoppe,8 swerms sprinkane,9 ’n rivier vol krokodille en seekoeie, leeus wat die hele nag rondom jou blyplek brul10 of luiperds wat jag maak op die vee in die kraal,11 was van die fisieke uitdagings waarmee die sendingvroue daagliks gekonfronteer is. Eweneens was daar die vreemde tale, kulturele gebruike en gewoontes, gebrekkige hulpbronne veral ten opsigte van gesondheid, voedselvoorsiening en opvoeding van kinders, asook die uiters beperkte sosio-ekonomiese ontwikkeling – omvattende uitdagings wat die sendelinge te bowe moes kom.

Omgewingsaspekte

Fisieke uitdagings van die reis

Opsigself was die uittog na die sendingveld ’n uitdaging12 – gewoonlik ’n maandelange tog oor groot afstande en ongerepte terrein per trein, stoomboot,13 rivierboot,14 donkie, te voet, met draers of machilas,15 en, by uitsondering, per kapkar. In watter mate hierdie faktore die oningewyde werkers se gestel en vertroue reeds van die begin af getoets het, blyk uit Murray se beskrywing van sy seereis langs die Afrika-ooskus op. Behalwe dat hy dikwels seesiek is – “wretched day … squeamish” – is dit warm en benoud in die kajuite en is hy ten einde “…jolly glad to see the end of it”.16 Ook Bessie wat aanvanklik vrolik en vol moed was, was “onwel” as gevolg van die erge hitte, die beknoptheid op die bote en, later, van koors: “Op de Zambezi- en Shire-Rivieren was zij af en toe onwel en afgemat door het vermoeiend reizen in een klein schuit-huisje van 6 bij 5vt.”17 En, alhoewel die oorlandreis van oor ’n honderd myl per voet en machilas ietwat beter verloop, beskryf Bessie haar ongemak en liggaamlike uitgeputheid tydens veral die geskud en verwisseling van draers:

Ik was al de dagen in de boot onwel, zoo zeer gevoelde ik mijn uitgeput toen ik daar kwam. Vandaar vertrokken wij Dinsdagochtend met onze “Machilas”; elk een had 10 dragers, en wij genoten het zeer. Ik was niet wel, zoo was het schudden niet aangenaam, en daarbij werd ik nog tweemaal op den grond neergezet. Wij gaan omtrent een uur, dan rusten wij weer. Wat was ik verwonderd, toe om drie uur neergezet warden, om een fraaie kapkar en 4 muilen te zien. De kar kwam ons halfweg tegemoet.”18

Bessie bevind haar ook in konfrontasie met die, vir haar vreemde, realiteite van die alledaagse wêreld tydens haar eerste stoombootvaart. Haar ongemak blyk uit haar beskrywing van die gewoel en gewerskaf op Sondag:

Toen wij Zondagochtend ontwaakten waren wij te Oost-Londen. Maar o! welk een buitengewone Zondag! In stede van onze gewone stille Zondagen warden wij reeds vroeg gewekt door de machinerie die werkte ter ontscheeping en om lading te nemen; zoo ging het den geheelen dag. Om half tien uur hadden wij Godsdienst in de tweede klas “saloon”. Het was zeer moeilijk om door den dag een weinig stilte te krijgen voor lezen enz. De Zendelingen reizen tweede klas. Hier hebben wij zooveel van de wereld rondom ons; terwijl ik bezig ben te schrijven zijn andere passagiers bezig in het andere einde van “de saloon” kaart te spelen en maken zooveel geraas.19

Te midde hiervan, is dit vir Bessie des te meer belangrik om te kon voortgaan met haar geestelike versorging en om God se teenwoordigheid te ervaar. So sien sy God se hand in die plasing van altesaam agtien sendelinge aan boord van die S.S. Guelph saam met wie hulle kan Bybel lees, oggendgodsdiens hou en geestelike gesprekke voer:

In de avond hadden wij een dienst in het Engelsch in de tweede “saloon”, geleid door Mr. Hall, hoofd van de Uganda-gezelschap van Zendelingen. O, wat is de Heere toch trouw en goed! Na het gewoel van den dag konden wij weer stil gaan zitten en luisteren naar Gods Woord, en spreken van Zijne liefde, en wij gevoelden ook Zijne nabijheid. Het is zoo aangenaam zulke dierbare mede-christenen te hebben al zij zijn die naar Uganda gaan … Hoe lieflijk heeft de Heere alles voor ons ingericht! Prijst Zijn naam daarvoor. Wij kunnen zingen: “Wat zullen wij den Heere vergelden voor al Zijn weldaden aan ons.” 20

Na drie weke op see, gaan die Vlok-egpaar aan land en deur doeane te Chiromo in Portugees Oos-Afrika21 en sit hul reis voort op beknopte rivierbootjies. Bessie se detail-beskrywing bring die daaglikse ‘proses’, sowel as die omvang van die uitdagings – erge hitte, beknoptheid van die huisbote, voortdurende muskiet- en krokodilgevaar – helder na vore:

Den volgende dag vertrokken wij van Chiromo, maar die lekkere stoombootreis was uit! Van daar hadden wij “huisschuitjes”, zij zijn schuiten met een klein huisje achterop net zooals een halve tentwagen. Miss Z[ondagh] en ik hadden eene voor ons, en T[C Vlok] en Mr du T, een. Zij worden niet geroeid zooals onze schuiten maar aan iedere kant staan 5 of 6 Kaffers [sic] met bamboestokken, zij steken dan allen die stokken een eind vooruit in het zand vast en dan komt de schuit een eindje vooruit en zoo voort, zij zingen meestal of maken allerlei geluiden. De hitte in die kleine houten hokjes was soms ondragelijk. In den dag was T altijd bij ons. In den namiddag gingen wij altijd aan wal, maakten dan “dinner”, hadden Godsdienstoefening en gingen dan binnen zitten tot 9 uur, dan gingen T en Mr. du T. over in hunne schuit om te slapen en wij kropen er dan ook in. Wij waren altijd vroeg op, ik maakte dan in ons huis koffie en dan gingen wij weer voort tot omtrent 10 of 11 uur en rustten dan weer aan wal voor “breakfast”. Wij hadden geen waschkom maar wiesschen onszelven zoo maar over den rand van den schuit; zoo een kom is lekker want het water is altijd schoon. Wij waren in die schuiten van Woensdag tot Maandagavond.”22

Opmerklik is dit dat sy selfs hierin die positiewe van die unieke ‘grenslose altyd skoon waskom’ raaksien en dat hulle, die beknoptheid ten spyt, voort gaan met hulle daaglikse “godsdienstoefening”.

Afgesonderdheid, ongereptheid, natuurlike vyande en klimaat

Bykomend tot die eise wat gestel is deur die ongereptheid van die omgewing, is die konfrontering met dit wat Murray beskryf as die “natuurlike vyande”:

Livlezi. Found this mor[ning] that a lion had been close to our tent during the night, nearly had our donkeys, but carried off Jessie Brown’s pig instead.23

This afternoon tramping through the long grass without seeing anything, [I] was rather afraid I would come upon lion.24

Van die mans in die sending – en in hulle afwesigheid, waarskynlik ook van die vroue – word daar verwag dat hulle as ‘onverskrokke beskermers’ van die vroue en kinders en dikwels ook die plaaslike inwoners, sal optree.25 Dit is vanselfsprekend dat hulle gewere en die jagkuns moet bemeester en gereeld vir die pot sal skiet.26 In die afgesonderheid, verg selfs die verskaffing van lewensmiddele besondere insette. Wanneer voorrade oor groot afstande ingebring word, is dit die aanvaarde praktyk dat die spanne draers van 20 tot 40 plaaslike inboorlinge deur die sendeling en sy vrou gevoed en gehuisves sal word.27

Dat die hitte, reën en oorstromings konstante uitdagings gebied het, blyk uit beide Murray se dagboeke en Bessie se briewe. Soms het die ondraaglik hoë temperature dit haas onmoontlik gemaak om enige arbeid te verrig gedurende die grootste gedeelte van die dag: “The heat is very bad and a sligth breeze from the land side is worse as it comes over a swamp and the stench in school and in the house is very bad.”28 Soortgelyk, het die hewige reën gelei tot riviere in vloed en soms oorstromings, wat die sendelinge verhoed het om te reis of hul werksaamhede voort te sit.29 Soms is hul vir dae aaneen afgesny van mekaar, hulp, voedsel en ander lewensmiddelle.30

’n Verdere voor die hand liggende beperking, was die gebrek aan beskawing en hulpbronne vanweë die afgesonderdheid van die sendingstasies. Alhoewel die natuurskoon die sendelinge bekoor en hul sin vir avontuur heel dikwels aangespreek het, het die vér verwyder wees van die beskawing of bekende ‘Westerse samelewing’ spesifieke beperkinge ingehou. Bessie se briewe reflekteer beide die bekoring en die uitdaging van afsondering en onbeskaafdheid. Sy beskryf die mooi uitsig vanaf die rivierboot – pragtige heuwels met groot bome en palms weerskante op die rivieroewers; vrugbaarheid oral sigbaar. Tot haar opwinding sien hulle ook baie krokodille, maar eers naby Katungas kry hulle die geleentheid om een “12 voet lange stinkende dier” van naby te bekyk nadat eerwaarde Vlok hom geskiet en laat uitsleep het op droë grond. Tot haar teleurstelling, kon hulle nie die vel afslag en saam neem nie.31

Voorts beskryf sy Chiromo32 as ’n fraai geleë plek wat aan die Engelse behoort, alhoewel sy slegs drie blanke mans daar gesien het. Sy kom ook terdeë onder die indruk van gebrek aan ‘beskaafdheid’en sigbare afwesigheid van ’n vroulike hand:

Overal is het hetzelfde, mannen alleen, en geen dames of vrouwen. Kaffers [sic] om te koken en bij de tafels te bedienen, en alles ziet er maar aardig uit, tafeldoeken en servetten schijnen niet zoo schoon, en de huizen in wanorde. Wij moeten daar ons eigijn beddegoed gebruiken en ook netten ophangen voor de lastige muskieten.33

Dit raak egter erger. Katungas – die dorpie naby die einde van hulle reis, beskryf sy as ellendig, verwaarloos en deur rotte en muskiete ingeneem. Sy vind die gebrek aan ’n vroulike teenwoordigheid toenemend ontstellend en wonder hoe die mans sonder vroue oorleef:

Katungas is ook eene plek van de Compagnie. Daar was het allerellendigst. Het huis is van Spaansch riet, en de rotten en muskieten kunnen mensch wegdragen als men niet vast op zijn beenen staat. Daar zijn slechts 2 witte mannen. Ik was blij om in een huis te komen maar o! er was niets om het aantrekkelijk te maken. Een wonder dat die mans zonder vrouwen niet voor hun tijd sterven.”34

Met haar aankoms by die stasie Livlezi is Bessie en TCB “…zeer ingenomen met de schoone omgeving, het volk en onze woning”.35 Maar stellig vind sy dat die klimaat en geografiese ligging van die stasie groot probleme skep. Teen November is Bessie taamlik ontnugter met die toestand van haar woonhuis te Livlezi.36 Die huis is erg stowwerig aangesien die boorkewers die grasmatte wat as plafon dien, opeet en witterige stof wat soos meel lyk, in groot hoeveelhede na benede laat val. “En de ratten! Och lieven! zoodra wij in bed zijn beginnen hullen concerten, spelletjies en wedrennen, de matten op, over en achter, en zijn zenden toch zooveel stof naar beneden.”37 As dit nie stof is nie, dan is dit, volgens Murray, die oorvloedige reën wat dreig om die huise te laat inval: “Mr van Heerden [and] I very busy putting anchors through Miss Fauls’s room [and] spare room as front wall threatens to fall”.38

Uiteindelik is dit dan ook Livlezi se laagliggendheid – en alomteenwoordige muskiete – wat lei tot eers hul vroeggebore baba en dan Bessie se dood.39 Daar is aanvanklik gemeen dat, indien die huise meer doelmatig sou wees en die sendelinge groter verantwoordelikheid vir hul gesondheid neem, hulle dit kon waag om voort te gaan met die werk. Die voortydige dood van Bessie Vlok het egter die besluitnemers tot ander insigte gedwing en Livlezi sou voortaan nie meer as hoofstasie gebruik word nie.40

Dat die stryd om gesondheid – veral die voortdurende malariagevaar en verskeie ander siektetoestande – die enkele grootste uitdaging was waarmee veral die sendingvroue as moeders gekonfronteer is, is gewis. Die stelling word bevestig in ’n oorsig oor die omvang van hulpverlening aan sendelinge en plaaslikes, soos beskryf deur Murray, in sy hoedanigheid as opgeleide in basiese mediese versorging.41

Gesondheidsaspekte

Murray se dagboeke bied omvangryke inligting met betrekking tot die tipe siektetoestande wat algemeen onder die sendelinge en plaaslike inwoners voorgekom het: absesse,42 swere, gangrene,43 brandwonde,44 kinkhoes,45 bytwonde,46 swartkoors (as komplikasie van malaria),47 hartprobleme,48 komplikasies tydens swangerskap en veral geboortes,49 pokkies50 en melaatsheid.51 Hy beskryf ook telkemale hoedat Tillie saam met hom gaan om siekes te versorg en, as hy nie self kan gaan nie, deur hom gestuur word om onder meer koors te neem of wonde te versorg.52 Van die mees algemene klagtes was tandpyn, sodat hy voortdurend moes tande trek, beide van die plaaslikes en die sendingpersoneel:

“Got 14 teeth to extract … fun to see people get excited [and] urge one another on to have teeth extracted.”53 “Mrs Frylinck’s suffering a good deal; extracted the tooth successfully. She was very much relieved”.54

Die groot kleingevaar: muskiete

Muskiete wat malaria veroorsaak was deurentyd ’n baie groot probleem – dit blyk uit talle inskrywings in Murray se dagboeke.55 Veral in alle laagliggende gedeeltes was daar voortdurend las van muskiete en dit was uitsonderlik om nie deur ‘koors’ platgetrek te word nie. Vir die bekamping en behandeling van malaria, had hulle beperkte mediese hulpmiddelle tot hul beskikking – hoofsaaklik die gebruik van muskietnette, warmwatersakke sodat die sieke goed kan sweet, toediening van enemas, as medikasie Quinine en Pugatine,56 bedrus en, in die ernstigste gevalle, die terugkeer na Suid-Afrika vir ’n herstelperiode.57 Die belangrikste was egter volgehoue liefdevolle versorging.58 Wanneer die malaria werklik toeslaan, het dit onuithoudbare hoofpyn, braking, baie hoë koors, erge lyfseer, ongemak, algehele liggaamlike aftakeling met matheid, lae energievlakke, en die inperking van werksaamhede tot gevolg.59

Murray verwoord een van sy eie malaria-episodes soos volg: “Very bilious and vomited badly”. Next day: “In bed all day to get rid of fever and biliousness. Feel fairly fit.”60 Ook Bessie vertel in haar eerste brief aan haar ouers hoe moeilik dit was om ten tye van hul reis uit Chiromo briewe te skryf, aangesien sy haar eerste koorsaanval op die rivierboot gehad het: “Zoo heb ik nu twee maal koorts gehad. [TC] had zijn eerste aanval vóór mij, hij stond toen op en ik was aan de beurt.”61 Kort na hulle aankoms daar (op 26 September 1895) kry Bessie weer malaria. Teen Desember laat sy haar uit oor die feit dat Livlezi te laag geleë is en die toenemende gevaar van ‘die koors’:

Dat [TC] aan een veel zwaarder koorts hier lijdt dan te voren nadat hij al 5 jaren hier is geweest, is een duidelijk bewijs hoe ongezond Livlezi is.62 Hij gaat ernstig aan het Comité skrijven over die zaak, namelijk dat ze onze Statie naar de bergen moeten verzetten en ons goede hooge huizen geven. Wij wachten slechts op den Heer en weten Hij zal voor alles in Zijn eigen tijd zorgen.63

Voordat dit egter kan gebeur, sterf Bessie. Tog stel haar onwankelbare vertroue in God, haar eggenoot in staat om hul kortstondige samesyn te beskryf as intens, maar met heerlike dae saam in die werk in diens van die Here:

Wij droegen veel lief en leed te zamen … Moeilijk hadden wij kunnen denken dat haar die eer zou te beurt vallen, om het eerste slachtoffer te wezen op het veld der Nyasa-Zending. De slag was groot voor onze Zending, en voor de betrekkingen in de Kolonie, maar haar dood is ons in menig opzicht tot zegen geweest, en ook voor de Heidene.64

Soos vroëer vermeld, was ’n ander groot uitdaging die uiterse hoë temperature gedurende die somermaande. Bessie beskryf dit as werklik “te vreeselijk!” Dikwels het die hitte gelei tot hitte-uitputting, wat die werksaamhede, soos besoeke aan die buitestasies, belemmer. Bessie skryf dat wanneer mr Vlok tóg op besoek gaan, hy so vermoeid terugkom dat hy totaal ongeskik is om enige verdere werk te doen. Selfs ná sonsondergang is dit só warm dat hulle dit nie geniet om buite te wees nie.65 Op 8 November skryf sy dat sy die vorige dag nie eens ’n reëltjie kon skryf nie, aangesien dit so warm was dat sy ’n vreeslike hoofpyn ontwikkel het wat haar die res van die dag in die bed laat deurbring het:

Ik wensch dat gij toch eenigszens een idee had van de hitte hier. Van de zon opkomt totdat hij ondergaat is ‘t schroeiend. In den nacht is het zoo erg dat wij verplicht geweest zijn onze matras aft e halen, en met slecths twee kombaarzen op de ‘spring’ onder een laken te slapen. Wij gevoelen dat wij voor eenige dagen weg naar de bergen moeten om frisscher lucht te ademen.66

Swangerskap en geboorte

Alle vroue in die sending is direk geraak deur die risikos verbonde aan swangerskap en geboorte. Murray se dagboeke is vol inskrywings oor gevalle van babas wat doodgebore is of moeders wat by geboorte gesterf het – veral onder die plaaslike bevolking,67 maar dikwels ook in die sendinggeleedere. Alhoewel daar sendingdokters was, was hulle verantwoordelik vir uiters groot gebiede en dit dus nie so maklik om vinnig mediese hulp te bekom nie.68

Aangesien die mans gereeld na buiteposte moes gaan of vergaderings elders moes bywoon, het dit dikwels gebeur dat die swanger sendingvroue weke lank op hul eie of elders moes bly.69 Ook tydens Tillie se swangerskap met hul eersteling, is Murray soms dae aaneen weg en Tillie op die ander sendingvroue aangewese: “Hard to leave Tillie alone for such a long time, but feel content to think she will be happy with the van Heerdens: they are so very attached to her”.70 Haar swangerskap en die geboorte verloop egter goed en binne drie maande reis sy en Baby (soos wat Andrew hom noem) te machila na ’n nabygeleë buiteskool. Later vergesel hulle Andrew om na die standplaas vir die nuwe stasie te gaan kyk. Wat opval, is dat Tillie oënskynlik met redelike gemak die fisieke eise van die reis hanteer – al neem dit dikwels dae te voet, donkie of machila; oornag hulle in tente en moet hulle vir die pot skiet.71

Sosiale verhoudings en bedrywighede

Dit wil voorkom asof die sendelinge redelik ongebonde was ten opsigte van stereotipe manlike of vroulike rolle – waarskynlik deels omdat ’n groot aantal van hulle as enkellopendes in die veld was. Murray skryf byvoorbeeld hoedat hy konfyt kook,72 sy eie klere was, skoene versool,73 die ander se hare sny,74 ’n blom- en groentetuin aanplant75 en die huis in gereedheid bring vir sy gaste.76 Hy probeer, met minder sukses, selfs koekbak77 en sy eie “Sunday collars” stryk. Soos reeds genoem, reis die vroue heel gemaklik op hul eie om siekes te besoek, dienste te lei, vir mekaar te kuier of bloot net uit te ry: “This afternoon Tillie [and] Miss Faul rode down to Mpondera with Vrystaat [and] Valk. Baby in his machila.”78

Murray se dagboek vertel die verhaal van ’n besondere gasvryheidsbediening – waarskynlik omrede die afgeleëntheid, deel van die sendelinge se behoud. Daar is voortdurend regeringsamptenare, familie,79 spanne draers (wat voorraad of gaste inbring)80 en mede-sendelinge – ook van ander genootskappe – wat aandoen of kom oorstaan:

This afternoon Smit, wife and son arrived, also Miss Durant. Van Heerden and his wife had to remain behind at Domboli as she is not so very well. [Next Day]: Enjoyed having our guests here and showing them about place … Van Heerden and wife turned up this afternoon. She seems a nice gentle little woman.81

Alhoewel dit in ’n mate hul lewenslyn is, bring die besoeke noodwendig mee dat veral die vroue voortdurend moes regstaan met slaapplek en kos: “… good wholesome food like vegetables [and] good brown bread”82 en vleis: “Had to get meat, so … I got four buck”.83 Tydens die saamkuier speel hulle “ping pong”, tennis of bordspeletjies (soos domino) en gesels oor die werk.84 Ontspanning het bestaan uit gaan stap, lees, musiekmaak, uitkamp langs die meer, jag (vir die mans) of selfs donkieritte: “This aft[ernoon] Tillie, Miss Faul, Frylinck [and] self went out for a very jolly ride. I tried Valk for first time after several months [and] was delighted to find she is no longer cripple”.85 Die vroue het ook die enkellopende mans bederf deur eetgoed te stuur: “Also a lot of rusks [and] cake from Isie”.86

Die afsondering het tot gevolg dat kommunikasie met mekaar en diegene tuis, asook die neem van verantwoordelikheid vir mekaar, ’n noodsaaklike aspek van die sosiale mileu is. Nuus, boodskappe en plaaslike pos is meestal per draer gestuur. Die “mail” was baie belangrik en is afhangend van die klimaatomstandighede, redelik gereeld deur ’n groep draers ingebring.87 Murray hou boek van die ontvangers en inhoude van sy briewe: sy kwellings, behoeftes, werksnuus, politiek en sosiale omstandighede, gesinsnuus,88 bedankings vir hul briewe en ander bydraes en, veral, sy waardering vir die nuus vanaf die ‘tuis’familie en -vriende.89 Bessie se briewe is vol versoeke vir gebed en dat die familie sal begrip hê vir die werk:

Wel lieve ouers weest toch zoo met liefde gegroet, en weest blij en vroolijk in den Heer, Hem altijd lovende voor wat Hij aan u en ons doet, en trekt maar de lijn van de gebedsklok met groote macht. Wij bidden en ontvangen niet, omdat wij kwalijk bidden. Laat ons dan voortreden met “Heer ik geloof dat gij alles voor ons kunt doen en WILT en ZULT doen.Amens! Prijs den Heer”.90

’n Onverwagte, maar effektiewe kommunikasiemiddel, is foto’s. Murray, ’n ywerige fotograaf, vermeld op gereelde basis hoe hy foto’s neem van sy mede-sendelinge, die plaaslikes en veral van die wild en landskap. Hy ontwikkel dit self en maak afdrukke om aan familie, vriende en belangstellendes tuis en selfs in Europa, te stuur.91 Met hierdie “in situ” foto’s word kosbare herinneringe vasgelê, diegene tuis as t’ ware die sendingwêreld binnegelaat en het hul iets tasbaars om aan vas te hou.

Die sendelinge se aangewesenheid op mekaar ten opsigte van nie net fisieke nie maar veral morele ondersteuning is voor die hand liggend, gegewe dat hulle ’n klein groepie westerlinge was wat moes aanpas, werk en leef in, vir hulle, baie vreemde en uitdagende omstandighede: “Nice talk with Miss Z[ondagh]. We feel how absolutely necessary it is in one‘s work to think nothing of self [and] to try to love our fellow workers.”92 Alhoewel daar op die groter stasies verstommend baie personeel was (13 op Mvera), is daar heelwat minder (4–5) op die kleiner stasies.93 Noodwendig moes hulle mekaar bystaan ten tye van nood, soos tydens siekte: “Jessie94 left us after breakfast this morn[ing]. It was wonderfully nice to have had her here these four weeks. She was a wonderful help to Tillie especially now with Baby’s illness.”95 Ook tydens geboorte is hulle van mekaar afhanklik, soos wanneer TC Vlok Andrew versoek “…to attend to Mrs Vlok in her confinement [giving birth] …”96 Murray beskryf sy, Tillie en die sendingdames se betrokkenheid tydens die bevalling soos volg:

Last night Mr. Vlok came to call me his wife was having pains. Tillie [and] I went down. At about 1 in the night a fine healthy little boy was born. Everything passed off quite normally [and] successfully. Mrs. Vlok bore it well. Tillie was a great help in the room. It was all over at about 2 am but I could not sleep after all the tea we had drunk … Mrs. Vlok very well [and] bright this mor[ning]. The little one all right too. Coz Lettie [and] Jessie very good about caring for the little Vloks [and] Georgie.97

Daar was ook tye wanneer Andrew voel Tillie het behoefte aan vroue geselskap: “Misses Dill, Helm and Stegman turned up this afternoon. Awfully glad they have been able to come especially for Tillie’s sake”.98 Deurentyd blyk die noodsaaklikheid van goeie kommunikasie en steun op mekaar.

Gesinslewe en kinderopvoeding

Gesinslewe en kinderopvoeding is grootliks beïnvloed deur die fisieke omstandighede wat, soos reeds genoem, siektes en ’n hoë kindersterftesyfer99 tot gevolg gehad het. Menige gesin het een of meer babas of jong kinders aan die dood moes afstaan, sodat elke geboorte met ’n mate van spanning gepaardgegaan het: “Letter came from Mvera this mor[ning] to say that Mrs. West has a baby. We do hope [and] pray it will live [and] be strong”.100 Die afsondering en moeilik bekombare hulp, het daartoe gelei dat die sendeling-ouers moes vashou aan die geloof onder moeilike omstandighede soos wanneer die kinders dodelik siek was:

Baby had a terrible fit of coughing – lasted 1/2 hour. Very exhausted after it was over … We can’t help being anxious about the little fellow, but we know whom we have believed and are persuaded that He is able.101

Thinking about Georgie the dear little fellow [and] his approaching disease, also about my precious wife in her condition [pregnant], I was inclined to be anxcious [and] down-hearted, but God directed me to … Matt 10:31 “Fear not”. I am also reminded of the verse I read yesterday [and] this morning again in Philippians 4:6 “I‘m not to be anxious …” We must consider our sonnie as a guest from Heaven, be thankful to have him stay with us as long as it is our Father’s good pleasure, take every care of him, but not grudge him when he is wanted up there.102

Dat die vroue se rol as ‘sagter teenwoordigheid’ belangrik was, blyk onder andere uit die inskrywing tydens die besoek van mev Vlok en haar kleuterdogtertjie en baba aan Andrew (toe nog enkellopend):

Very glad to see her [and] Bessie and the Baby … It is a great pleasure [and] honour to have Mrs. Vlok in my home; first Dona who is seen at Mphunzi. Naturally a crowd of visitors … A great novelty and pleasure to have Bessie in the house; she is a dear little thing … made her a swing chain which she calls a Ho-ha …”103

Ook vertel Murray se inskrywings tydens of ná sy noodwendige afwesigheid op besoeke aan ander stasies of buiteposte, die verhaal van sy waardering vir Tillie (en later die kinders) se teenwoordigheid: “Delightful to see the wife and son again. Deeply grateful to find both so well.”104 Tydens ’n langer afwesigheid in Januarie 1907 toe Tillie en Georgie gaan rus op Mkoma (waar van haar vriendinne woon), skryf Andrew: “Tillie and Georgie left early this mor[ning] for Mkoma. They go for a change and rest which Tillie needs badly; has been rather overwhelmed lately.”105 Hy skryf elke aand vir haar ’n brief en is verheug om vier dae na haar vertrek “… two very nice letters from Tillie” te ontvang. Vyf dae larer vertrek hy na Mkoma “… to fetch home wife and son … Tillie and Georgie rode out to meet me … so well and bright … Travels home on Thursday – it was nice for Tillie and self to be travelling along together”.106 Hy waardeer dit veral as hulle hom kom besoek terwyl hy elders [te Livlezi] werksaam is: “Tillie [and] Geo[rgie] turned up at 9:30. It make all the difference having them down here”.107

Die versorging van die jonger kinders het ook baie fisieke krag en aandag geverg van veral die moeders. Dit mag die rede wees waarom Murray as pa die kinders tydens siekte help oppas en soms wanneer hy gaan werk saamneem:

This afternoon Georgie [and] I went down to Tambalina’s village: spoke again on the Cross of Christ. I did enjoy the walk back with the dear little fellow. Tillie could not come to meet us, as she was sitting with Mrs. Van Heerden who is in bed with a very bad cold. 108

Die ouers word ook gekonfronteer met die vraag of die kinders weggestuur word of in Nysaland met die gevaar van koors en siekte bly. Murray verwys in ’n brief aan “nurse Sturgess”,109 een van die verpleegsusters wat hy in London ontmoet het, na hoe moelik dit vir hulle as ouers is om te weet wat die ‘regte’ besluit ten opsigte van die kinders is. Die afskeid neem van die ouer kinders – wat meestal na Suid-Afrika gestuur is om aan huis van vriende of familie hul skoolopleiding te ondergaan – het ongetwyfeld besondere emosionele eise aan beide die ouers en die kinders gestel.110 Dikwels moes die kinders op hul eie die tog aanpak, maar soms kon die moeders tydens so ’n eerste reis na die suide die jong kinders vergesel – en later alleen terugkeer.

3.Die vroue se insette as sendingwerkers

’n Aspek wat algaande na vore kom uit die talle verwysings na die vroulike medewerkers se plek en insette in die sending, is die mate van outonomiteit111 en die status wat hulle as volwaardige werkers het.112 Daar is wel klem gelê op hul betrokkenheid spesifiek by die plaaslike vrouens en kinders, soos die “… heerlijk werk … onder de vrouwen en meidjes [sic] …” wat mej Martha Murray gedoen het.113 Murray se aantekeninge werp verdere lig op die omvang van die vroue se betrokkenheid by verskeie aspekte van die werk. Benewens die ooglopende rol as gasvrou vir die stroom besoekers, as tuisteskepper, kinderopvoeder en ‘maat’ vir die mans, bring hulle besoeke aan siekes,114 werk met kategete, lei kerkdienste en gebedsbyeenkomste, en help met die evaluering en opleiding van die plaaslike onderwysers. Voorts moes die vroue – ten einde effektief te kon wees in die werk – die plaaslike taal aanleer, asook nuwe aankomelinge help met die taalstudie.115

Roepingsbewustheid en spiritualiteit

Wat egter die meeste opval is die talle verwysings van beide Bessie en Murray, en selfs indirek van Tillie, na hul diep oortuiging dat hulle deur God geroep is tot hierdie werk. Hul motivering tot die werk is daarom nie vanuit ’n mensgedrewe raamwerk nie, maar vanuit ’n diepe oortuiging dat hulle deur God self geroep is – en daarom deur Hom toegerus word. Hierdie bewustheid blyk ook voorop in die getuienisse van Anna Gonin116 en dié van Martha Murray, geskryf om en by 1894:

“Things that were once wild alarms Cannot now disturb my rest.”

By the above two lines, I test my spiritual life. Thank God for grace abundant which means victory over self and the flesh. Mr. Andrew Murray’s parting wish for me has been made a subject of prayer, and the Lord does show that He can speak directly to us through his word as He spoke to Abraham or Moses. The experiences of the past three months is blessed and [reveals] … l and groweth deeper every day. Signed: Martha Murray.117

Bessie Vlok verwys herhaaldelik na haar geroepenheid wat haar motiveer om te midde van erge ontberings, voort te gaan met die werk. Pas na haar aankoms te Livlezi beskryf sy haar indrukke en opwinding en haar begeerte om tot diens te wees van God:

Augustus 1895: Wat gevoel ik mij gelukkig te weten dat ik waarlijk in het Zendingveld ben, dat zoo na aan mijn hart gelegen heeft, en waarheen ik gevoel dat ik door onzen Meester geroepen werd. Als ge toch maar hier geweest kondet zijn om de honderden zwarte gezichten te zien die ons bij onze aankomst kwamen verwelkomen: het schreeuwen en zingen waren oorverdovend. De tranen rolden bij mijne wangen langs en ik zat met het eene gebed: “Vader, gebruik mij.” Wat gevoelde ik dien dag diep de behoefte aan algeheelde toewijdheid en diepe Godsvrucht …118

Eweneens dui talle inskrywings in Murray se dagboeke op sy diepgesetelde roepingsbewustheid:

This evening Attie [and] Charlie spoke about our individual relationship to J[esus] C[hrist] and we consecrated ourselves to Him and His service. It has indeed been a solemn day … May it mark an era in the history of this mission. And may J[esus] C[hrist] be glorified by it all. 119

Ook opvallend is Murray se uitgesproke oortuiging en dankbaarheid dat Tillie deur God se werking in sy lewe gekom het sodat hulle sáám die Vader kan dien: “Another lovely day with Tillie. My birthday; God’s great present to me this year will be my wife, if He so will it”.120 Hierdie opregte begeerte om hulself toe te wy aan God, asook hul eie afhanklikheid van Christus en die Heilige Gees, blyk keer op keer uit die dagboekinskrywings, asook uit die onderskeie persoonlike getuienisse en briewe.

Die sendelinge se roepingsbewustheid word ook weerspieël in hul ywer en toegewydheid met die aanleer van die plaaslike taal. Kennis van die taal was onontbeerlik om ’n beter berip vir die plaaslike mense en hul gebruike te ontwikkel, asook om daaglikse kommunikasie moontlik te maak. Met die aankoms van die sendelinge op Mvera, word daar van hulle verwag om onmiddellik taallesse te begin neem – Tillie was dus heel vaardig in Chinyanja toe sy getroud is. Murray beskou die aanleer van die taal as essensieel vir die werk: “I hope I may soon be able to master the intricacies on the language so that I may be able to understand the people [and] be able to look at things from their standpoint”.121 Bessie, wat direk na Livlezi is, wend ’n ernstige poging aan om die plaaslike taal aan te leer sodat sy werklik met die vroue kan begin werk, want, skryf sy, “…die oes is groot en die arbeiders min”.122 Wanneer sy enkele weke ná haar aankoms in Nyasaland ietwat ontnugter is met die omvang van die werk – so min mense wat na die nagmaal kom, so baie afvalliges – is dit vir haar ’n aansporing om nog harder te werk aan haar taalstudie. Kort daarna skryf sy met sigbare behae van haar eerste “openbare optrede” in die plaaslike taal en haar kombuiswerkers se blydskap toe sy met hulle in hul taal (Chinyanja) praat oor “…Mlungu ndi kukonda kwachi (God en Zijn liefde) … in mijn Chinyanja”. “Zijn waren zoo verblijd,” skryf sy, dat dit haar aangespoor het om “…zoo snel mogelijk op te tellen wat ik kan.”123

Insette as ‘geestelike medewerkers’ en ondersteuners

Voortvloeiend uit die vroue se sterk roepsingsbewustheid en ’n spiritualiteit van soek na God se leiding en diensbaar wees, is die vroue se betrokkenheid by die ‘hooffunksie’ van die sending, naamlik die ‘geestelike bediening’ of direkte verkondiging van die evanglie op velerei wyses. Daar is volop verwysings na die vroue se aktiewe betrokkenheid by die doopklasse en byeenkomste vir vroue en kinders: “This morning Jessie took the baptism class. This afternoon Miss Helm and Tillie spoke [to the women and girls]. Afterwards Coz. Lettie spoke to the [Chris]tian women only.”124 Tydens die kerkdienste tree hulle dikwels op as aanbieders of begeleiers van die sang en bring soms die boodskap:

Tillie went with me to Bap[tism] class. This afternoon we had children’s service. Tillie played organ. And children enjoyed singing. She also spoke to [the] women and children and they listened most attentively.125

Die vroue neem ook onafhanklik van die mans die pligte waar: “Miss Zondagh took the morning service, spoke on Mat. 5:13, 14.”126 “Tillie, Jessie and Miss Faul had service at Mpondera.”127 Hulle bring besoeke aan en versorg die siekes: “Tillie and self attend to sick woman.”128 “Tillie went to attend to old woman with bad neck.”129 “Miss Zondagh, Isie [and] self went to a mudzi to see sick child. Examine her and found she is suffering from Bronchitis.”130 Wanneer nodig, werk hulle met gestremdes: “Most interesting to see Isie this afternoon teach a blind boy [and] a deaf [and] dumb boy [and] girl. Very fine that she is able [and] willing to do this.”131 Hul besoek moeders van pasgebore babas: This afternoon Tillie [and] Miss Faul rode down to Mpondera … They have gone to visit people, specially Koponyadera’s wife, who had a child on Sat[urday].132 Heel dikwels vergesel hulle die mans op togte na ‘buitestasies’, nuwe gebiede of afgeleë dorpies: “Tillie and self went out with our donkeys to Mlangeni to inspect the school there … It was a lovely day out and we enjoyed it thoroughly. Tillie had fallen from Vrÿstaat, coming over the bridge, but no serious results through God’s goodness.”133

Ook ten opsigte van Andrew se persoonlike voorbereiding, speel Tillie ’n ondersteunende rol: “Had a wonderfully refreshing quiet time with Tillie this mor[ning], a real spiritual preparation for the days ahead.”134 Hy verwys dikwels na artikels of boeke wat hul saam lees: Tillie [and] I sat out on konde135 reading article by Matt in the ‘Life if Faith’.”136 Soms word werk en ‘plesier’ vermeng, soos wanneer Tillie Andrew vergesel na sy dienste en op sy uittogte en hulle die geleentheid het om as mense en maats (‘companions’) saam tyd deur te bring – soms op avontuurlike wyse:

Went for a little stroll. It’s lovely to be together like this on Sun[day] afternoon. Our hearts are very full.137

Tillie and self came down to Livlezi for a week’s work with the [Chris]tians and teachers.138 Tillie and self leave for Ned’s village, Mphamba beyond Monkey Bay. Rode through thick bush and thorns; reach Ned’s at about sunset. Find school going here with Sandrag in charge.139

[Tillie and self went for] lovely ride right round the Mlanda mountain.140

Early this morning Tillie and I went onto the Lake with a canoe after ducks. Lovely morning out; got 7 ducks.141 Towards evening Tillie and self went out on canoe. Mosquitoes were awful … I alone killed 50.142

Dit is ook die vroue wat warmte en huislikheid skep – selfs daar waar hulle so primitief en afgesonder leef: nadat Andrew vir drie dae lank weg was om Frylink te help om die fondasie vir sy huis te lê, kom hy tuis na ’n “[w]arm loving reception at home”.143 Andrew maak dikwels melding van produkte soos brood, beskuit of koek wat van die sendingdames gebak het en vir hulle stuur. Hy spreek ook – veral in sy dae as enkeling – sy waardering vir die sendingvroue se besoeke aan die afgeleë stasies, uit.144 Hoe Tillie se algemene ingesteldheid en meelewing ten opsigte van die sendingroeping Andrew beïnvloed het, blyk uit talle inskrywings: “Very nice letter from Tillie telling how well she and Baby George are. I’m so thankful she does not fret.”145 As sy eggenoot was Tillie dikwels sy enigste ‘gehoor’, asook die een op wie hy steun in tye van krisis en uitdaging.146 Hy verwoord ook sy dankbaarheid en waardering vir Tillie as maat (‘companion’) en vormende invloed, soos in die inskrywings op Oujaarsdag 1904 en tydens sy verjaarsdag, 6 Februarie 1905:

What a year this has been! So full of God’s goodness and love. So very much blessing: above all the most beautiful blessing of my life – my wife.147 [T]his last year … has been all love, tender full boundless love. Now only I begin to realize what God has given me in my wife. God has made me more worthy of her and her love, but most of all, of Thy love in giving her to me.148

Gegrond op die talle direkte inskrywings van beide Andrew en Bessie, is dit duidelik dat die vroue se teenwoordigheid en insette daadwerklik bygedra het tot die sendingwerksaamhede en gesonder verhoudings met mekaar, met die ander in die sendingveld, met die inheemse bevolking en ook met die mense tuis. Die vraag wat nog beantwoord moet word, is in watter mate die vroue ervaar het dat hulle hul roeping kon uitleef.

4.Persoonlike ervarings en refleksie: die paradoks van roeping en ontbering

Bessie se bewustheid van haar roeping, loop soos ’n gouedraad deur haar briewe. Nêrens is dit meer prominent nie as in die afsluitingswoorde van haar een brief tydens die reis na Nyasaland aan haar ouers:

Ik moet sluiten want T. is reeds aan het pakken. Morgen moeten wij over op het andere schip. Met veel liefde moet ik sluiten. De Heere zij met u en ons allen. Wij gevoelen de kracht van uwe gebeden en bidden ook veel voor u. Wij zijn zeer opgeruimd want wij weten dat wij heengaan om de naam van den Heere Jezuz tot de Heidene te brengen. Groeten aan allen, en trooste u. Met volle liefde, uwe kinderen Bessie en T.149

Desnieteenstaande haar vertroue en positiewe ingesteldheid, word dit in Bessie se volgende briewe duidelik dat haar belewing van die werk en haar rol as sendeling, wissel tussen begeesterd en seker wees van haar geroepenheid as sendeling, tot emosies van diepe heimweë na haar mense en, later, iets soos ‘oorbluftheid’:

Oktober 13de, 1895: Ik kan onzen Hemelschen Vader niet genoeg danken dat ik zoo gelukkig en tevreden hier ben, en dat ik in staat ben mijnzelven onder alle omstandighede te helpen. Een meisje die dat hier niet kan moet bitter teleurgesteld worden …

Somtijds zit ik in verbeelding met u allen tehuis of ik hoor mama zingen bij het venster na donker zittende, en o mijn hart verblijdt zich te weten dat wij allen één in Hem zijn, hoewel zoover van elkander verwijderd, en in verbeelding zie ik u allen in ‘t gebed voor ons. O blijt toch warm in den Heer gij allen. Ik moet waarlijk mijn hand van het papier wegscheuren, er is nog zooveel te vertellen. Met veel liefde van ons beiden en een liefdevol gebed voor u allen. Uw ver verwijderde Bessie.150

Alhoewel sy meestal iets positiefs in die situasie vind en haar familie maan om positief te bly en te volhard in gebed, is Bessie teen Desember, nadat sy reeds verskeie kere koors- en malaria aanvalle gehad het, ietwat moedeloos:

Livlezi, Dec. 28ste, 1895. Lieve ouders … Vandat ik laaste schreef hadden wij zeer donkere dagen juist na mijn laaste brief. Ja eer de post weg was hadden wij beiden koorts tegelijk … En zeg toch niet dat mijn pen te lang over de duistere zijde slingert, maar elken dag schijnt de zon toch niet – wij kunnen altijd den Heere voor donkere dagen ook danken …151

Bessie vermeld dat sy en TC gereeld probeer skryf ten einde “… belang op te houden en op te wekken …”

En omdat die briewe wat hulle ontvang so kosbaar is, rig sy ’n dringende versoek om meer briewe: “Laat de kinderen toch geregeld schrijven; de kleinste dingen zijn aangenaam te horen”.152

Teen November is Bessie nog dieper onder die indruk van uitdagings ten opsigte van die werk wat hulle in die gesig staar. Die plaaslike inwoners se siening dat sendelinge hoofsaaklik met die kinders moet werk, is vir haar ontstellend:

Dit is zeer moeielijk. Er is een vaste idée dat de zending alleen voor de kinderen is. Onze scholen werden Maandag heropen met 101 kinderen op de Statie en 73 in een der buitenscholen … Wij loven God en hopen dat dit kwartaal een gezegend moge zijn. God geve dat hun komen ditmaal moge zijn om van Hem te leeren en niet om geschenken te ontvangen.153

Toenemend reflekteer haar weergawe van die werksaamhede op die stasie ’n gevoel van ontnugtering. Sy skryf dat, alhoewel hulle “zielen warden zeer verkwikt” tydens die nagmaal, daar slegs ses persone (vier sendelinge en twee plaaslike mense) teenwoordig was. Sy betreur die toestand waarin die plaaslike mense hulle bevind: “…één is gisteren openlik afgesneden, één is ook terug gegaan naar het Heidendom, en één is nu in de studie voor het gericht. Hij leeft met eene vrouw maar is slechts op hun manier getrouwd. Ze zijn nu hier om te verzoeken om te trouwen en zullen zijn waarschijnlijk in deze week een bruiloft hebben”.154

Bessie se konfrontasie met die ‘vreemdheid’ van die inboorlinge, soos hulle siening van die huwelik en begrafnisgebruike, blyk ook uit haar beskrywing van die begrafnis wat TC Vlok moes waarneem:

[Die vrou wat begrawe is, was] “…ziek en leed zeer door de gevolgen van de koorts. Zij stierf Vrijdagochtend en om 4 uur was de begrafenis uit de school. Onze statieboys droegen het lijk; zijn was slechts in een mat gedraaid. Wij songen ‘Imva Ysu’ en woord werd tot de aanschouwers gesproken. De grootmoeder gaf den kleinen jongen aan ons.”155

Dit wil voorkom asof sy eintlik sonder woorde gelaat is deur hierdie onverwagte “geskenk” van die oorledene se jong kind aan haar en mnr Vlok as die sendingegpaar. Bessie se gebrekkige agtergrondskennis van en begrip vir die kultuur en sosiale gebruike van die inboorlinge, word in die volgende beskrywings rondom hul hantering van reënweer en hul ‘luiheid’ gereflekteer:

Verleden Zaterdagnamiddag bezochten wij drie dorpen, het was zulk een aangename wandeling daar het in den morgen geregend had. Wij noodigden de inwoners uit des Zondags naar kerk te komen, maar daar er een weinigje “Mvulva” (regen) viel, kwamen slechts onze statiemenschen. Men wordt erg door den regen afgeschrikt. Ik weet niet of het vijf minuten regent voordat ge al onze jongens in hunne kombaarsen rondom het vuur in hun bwalo (huis) kunt zien zitten.156

Tog bring haar en eerwaarde Vlok se besoeke aan omliggende dorpies gaandeweg nuwe insigte, soos die inboorlinge se hantering van reënweer:

[Z]ij zijn zoo laag gezonken dat men soms denkt dat er niets menschelijks in hen is. Van hun luiheid heeft niet een uwer het minste besef. Als een man een yard linen aan zijn lijf heeft en zijn buik vol pap, dan is het heel wel mogelijk dat hij weigeren zal, vijf minuten voor 5 yards te werken. Hij is heelemaal gelukkig met wat hij heefte en waarom zou hij meer hebben, denkt hij. Dit zeg ik om u allen het gewicht van meer gebed voor hen en ons te laten gevoelen.157

Dit is opmerklik dat sy – haar eie onbegrip ten spyt – steeds positief bly en eerder as om te veroordeel, haar mense vra om begrip vir die nood (van beide inboorlinge en sendingwerkers) en volgehoue gebed.

Waarop grond sy haar steeds positiewe inslag? Dit blyk dat sy, ondanks haar ontnugtering en ontbering, daarop bly fokus om God te loof en eer en dankie te sê vir die geleentheid wat sy het om vir Hom te werk. In Desember skryf sy: “Onlangs las ik iets dat mij zeer trof. Jesus zeide: ‘Gaat dan heen in die geheelde wereld,’ enz. Hij zeide niet: ‘Gaat slechts naar de gezonde streken’.”158 Tog bly sy nie onaangeraak deur haar geveg teen malaria en koors nie. Haar stryd en swaarkry blyk duidelik as sy op Oujaarsdag 1895 skryf:

Ge ziet dat ik toch niet heel ver hiermee [taalstudie en werk onder die vroue] gekomen ben … Ik voelde mij o! so moe en verzwakt. Sedert Kerstmis ben ik koorsig geweest, maar toch wordt het niet bepaald koorts, en ook kan ik er van niet verlost worden. Gisteren was ik zoo Frisch en voor al mijn werk geschikt. Misschien het ik de les nog niet geleerd min te doen zelfs wanneer ik wel ben!159

Nieteenstaande haar stryd en uitgeputheid is haar laaste skrywes aan haar ouers weereens ’n reflektering van haar vaste geloof dat sy geroepe is om vir God te werk juis daar in Afrika:

11 Januarie 1896: Wij zijn gelukkig hier en gevoelden dat onze Vader ons hier in deze ongezonden plaats houdt om ons nieuwe lessen te leeren, en ons meer geschikt tot Zijn werk te maken. Wij gaan altijd met Hem, gevoeldende dat het beter is in het duister met Hem te gaan dan alleen in het licht te wandelen. Het is ons alsof wij Hom immer zien. Mr. Vlok is juist van den namiddagdienst terug gekomen met de woorden, ‘Ik heb zulk aangename bijeenkomst gehad en ik voel zoo gelijk er over, prijst den Heer’.160

Wij zaaien in‘t geloof, en hoewel wij geen vrucht zien, weten wij toch dat mettertijd òf wij òf iemand anders de gezegende vruchten zien zal. God is zoo goed jegens ons en wij zijn zoo uiterst gelukkig hier.161

5.Slotopmerkings

Mercy Oduyoye (1993:118) wys daarop dat sogenaamde “eternal truths” her-integreer word in elke era, aangesien elke generasie binne hul unieke geloofsruimte deur refleksie die ‘waarhede’ verwerp of aanneem, aanpas, en rekonstrueer tot nuwe ‘ewige waarhede’ waarmee hulle kan saamleef. Die eerste vroue in die sending moes noodwendig in hul nuwe Afrika-konteks sekere van hul bestaande “ewige waarhede” in oënskou neem – soos wat blyk uit byvoorbeeld Bessie se siening van die “luiheid van die inboorlinge”. Eweneens vind die ‘hoorbaarmaking’ van hierdie vroue se stemme in die total nuwe konteks van vandag plaas. Daar moet dus eerder as veroodelend, met ’n omsigtige geïnteresseerdheid gevra word na wat hierdie vroue binne hulle spesifieke omstandighede kon maak van hierdie konfrontasie met – vir hulle – ’n totaal nuwe en vreemde werklikheid. Die slotopmerkings word dus in die lig hiervan gemaak.

Vlok sluit sy hoofstuk oor Bessie se lewe en bydraes soos volg af: “Mogen nog vele jonge dochters onzer kerk gevonden worden gewillig om alles op te offeren en naar het Zendingsveld te gaan!” En ’n aanhaling uit Johannes 9:4:“Ik moet werken zoolang het dag is; de nacht komt wanneer niemand werken kan.”162 Aansluitend hierby, is die ‘leuse’ wat aangehang is deur die vroëere opleiers, Andrew Murray, Abbie Ferguson en Anna Bliss: “Want vir my is die lewe Christus…”163 In die laat 19de en vroeg 20ste eeu was die gesindheid van dringendheid en totale diensbaarheid dus die grondslag vir die werwing, opleiding en uitstuur van dames om die evangelie uit te dra na die ‘heiden nasies’. Hierdie selfde gesindheid kom deurlopend voor in die ontlede data: die passie vir Christus waarmee die vroëe sendingvroue gearbei het, die “aflê van self” en hulle bereidheid om hulleself – soms letterlik tot die dood – bloot te stel aan die uiterste moeilike omstandighede. Sou dit ook die rede wees waarom die vroue, dikwels ten koste van hulself, die mans, kinders en ‘heidene’ gedien het?

Hier teenoor is daar egter ’n onverwagte selfstandigheid – asof die vroue hul nie laat kniehalter deur die ‘gedragskodes en rëels’ van die tyd – soos die afhanklike vrou wat onder die voorskrifte en beskerming van die man staan – nie. Talle voorbeelde van hoe die vroue (en mans) rolle verwissel – soos wanneer Andrew baba George oppas sodat Tillie ’n byeenkoms kan gaan lei – kom in die data voor. Ook moes die feit dat ’n baie van die vroue enkelopend was, noodwendig bygedra het tot die gee van gesag en verantwoordelikheid aan die vroue. Boonop was daar streng riglyne wat vir alle sendelinge gegeld het en, binne hierdie struktuur, moes ’n mate van veiligheid en vryheid gelê het.164

Die dataontleding bring verskeie tendense en bydraes na vore. Bessie Vlok se dood165 het ongetwyfeld daartoe bygedra om die omvang van die gesondheidsrisko vir sendelinge in die laagliggende gebiede by die besluitnemers tuis te bring, wat gelei het tot herbesinning oor die beplanning en stigting van verdere stasies. Haar positiewe ingesteldheid en absolute roepingsbewustheid was ’n inspirasie vir haar mede-sendelinge, die families tuis en die plaaslike bevolking. Eweneens blyk dit dat Tillie se positiewe inslag, sin vir humor, pret en avontuurlustigheid – soos blyk uit talle donkieritte – asook die benutting van haar musiektalent, midde in hul afsondering, positiewe bydraes was tot die sosiale mileu. Ook by haar is daar enersyds haar ondersteuning en versorging van haar man, medewerkers en later kinders, maar aan die ander kant haar selfstandigheid en neem van verantwoordelikheid vir die besoeke aan siekes en werk met die vroue en dogters.

’n Verdere aspek wat na vore kom, is Bessie se beklemtoning van danksegging en gebed – deur haarself beoefen, maar ook gekommunikeer as gebedsversoeke aan haar vriende en familie. Die eerlikheid waarmee sy haar ervarings deel, sodat haar tuismense ’n beter begrip kan hê vir die werk en ‘beter kan bid’ – bied ’n besondere perspektief op die werk en omstandighede. Terselfdertyd reflekteer dit iets van haar self-lose gesindheid – sy is bereid om haar eie ongemak, gebrek aan insig, vreemdheid te verwoord en hulp te vra. Haar ywer om die taal te leer en haar ‘trots wees’ op klein prestasies, weerspieël haar gesindheid van ‘in diens van God staan’, waarsonder ’n jong vrou, volgens Bessie, nie in die veld sal oorleef nie. Laastens word haar fokus op God en sy alomteenwoordigheid en haar roepingsbewustheid, bevestig in die afsluitingswoorde van haar brief aan haar ouers:

Met veel liefde moet ik sluiten. De Heere zij met u en ons allen. Wij gevoelen de kracht van uwe gebeden en bidden ook veel voor u. Wij zijn zeer opgeruimd want wij weten dat wij heengaan om de naam van den Heere Jezus tot de Heidene te brengen. Groeten aan allen, en trooste u. Met volle liefde, uwe kinderen Bessie en T.166

In 1900, toe vier van die vroue vanweë swak gesondheid Nyassaland moes verlaat en die oorblywende twee vroue, mejj Stegman en Martha Murray, letterlik hul hande vol gehad het, skryf Abbie Ferguson soos volg oor die vrug op die arbeid te midde van swaarkry:

There has been great joy in the midst of all the suffering, for they are seeing their native Christians grow up into co-workers with them in Christ Jesus, and as teachers and evangelists having power to bring in their own people, as the missionaries themselves could not.167

Aansluitend hierby is die getuienis van nog ’n “vroeë sendeling”, Deborah Retief: “Myne ondervinding in het Zending Veld is dat God zyne beloften heerlijk vervuld aan zyne kinderen zoals Psalm 32:8; Markus 10:29,30 en Mattheus 28:20.”168

Hierdie ‘stemme van die vroue’ bring unieke perspektiewe na vore wat bydra tot die vorming van ’n meer omvattende beeld van die sendingwerk teen die draai van die vorige eeu. Dit bied ook basisinligting as vertrekpunt vir die ontleding van die vroue se latere rol in die sending.

Bibliografie

Cameron H, Bhatti D, Duce C, Sweeney J & Watkins C 2010. Talking About God in Practice. London: SCM Press.

Dreyer A 1910. Historische Album van de Nederduitsche Gereformeerde Kerk in Zuid Afrika. Kaapstad: Cape Times Beperkt. [NG Kerk in SA: Argief: G 161 NEDG.]

Ferguson, AP 1887. The Huguenot Seminary in Relation to Mission Work. The Pioneer, January, 1987:11–12. [NG Kerk in SA: Argief: K-DIV 636.

Ferguson, AP 1899. Our Huguenot Missionary Society. The Huguenot Seminary Annual, 1899:28–30.

Ferguson, AP 1900. Our Missionaries. The Huguenot Seminary Annual, 1900:20–21. [NG Kerk in SA: Argief: K-DIV 636 A.]

Gonin, A 1899. Ongepubliseerde handgeskrewe getuienis van Anna Gonin. [NG Kerk in SA: Argief: DIV 163.]

KS 2513, Malawi Personeel: Algmene Inligting 1880–1980 [NG Kerk in SA: Argief]

Malan, E 1973. Jeug-herinneringe aan die stigters van ‘Huguenot’. In Le Roux, PO, Gaum, FM, Laubsher, W, Swart, M, Van der Merwe, F, Du Plessis, M, Visser, M, De Bruyn, B, Engelbrecht, H en Malan, M (Reds). 1973. Die Hugenote-Kollege van die Ned. Geref. Kerk 100 jr Feesblad. Wellington: Bybelkor: 12–14.

Murray, AG (Ongedateer). Die Sigting van Mphunzi Stasie (:1–11). Stasieverslae. [NG Kerk in SA: Argief: KS 1150 Stasieverslae – Mlanda, Mphunzi.]

Murray, AG 1896–1910. Dagboeke. [N.G. Kerk in S.A: Argief: DIV 1431, Boek 2–10.]

Murray, AG 1911–1922. Dagboeke. [N.G. Kerk in S.A: Argief: DIV 1432, Boek 11–22.]

Murray, M 1988. Ongepubliseerde handgeskrewe getuienis van Martha Murray. [NG Kerk in SA: Argief: DIV 163.]

Oduyoye MA 1993. Contextualization as a Dynamic in Theological Education. Theological Education Supplement, 1:107–120.

Retief, D 1888. Ongepubliseerde handgeskrewe getuienis van Martha Murray. [NG Kerk in SA: Argief: DIV 163.]

Smit JJM 1986. The contribution to medical work and nursing by the pioneer missionaries of the D.R.C. Mission in Nyasaland (Malawi) from 1889–1900. Part of M thesis in Nursing, University of Stellenbosch. Microform.

Van der Merwe, JDG 1973. Die Hugenote-Kollege – verlede, hede, toekoms. In Le Roux, PO, Gaum, FM, Laubsher, W, Swart, M, Van der Merwe, F, Du Plessis, M, Visser, M, De Bruyn, B, Engelbrecht, H en Malan, M (Reds). 1973. Die Hugenote-Kollege van die Ned. Geref. Kerk 100 jr Feesblad. Wellington: Bybelkor: 10–12.

Vlok TCB 1901. Elf jaren in Midden Africa. Neerbosch (Holland): Weesinrichtening. [NG Kerk in SA: Argief: B 10093]


1 Abbie Park Ferguson (1837–1919), wat benewens haar kwalifikasie in opvoedkunde ook opleiding ontvang het in diakonesse-werk (Genéve) en welsynswerk (Duitsland), was vanaf 19 Januarie 1874 saam met Anna E Bliss die eerste prinsipale van die Hugenoten Dames Seminarie (Van der Merwe, 1973:10).

2 Uittreksel uit Ferguson (1887:12) se toespraak gelewer tydens die opening van die Goodnow Hall in 1886 en gepubliseer as artikel onder haar naam in The Pioneer, January 1887.

3 Die eerste afgestudeerde van die Hugenoten Dames Seminarie wat as voltydse sendeling vertrek, is Johanna Meeuwsen (reeds in 1875). Daarna volg Anna Neethling (later Gonin) (Mochudi), Mary Murray (Mochudi) en Deborah Retief (Saulspoort en Mochudi). Volgens Dreyer (1910:61) het die Kaapse en Vrystaatse Sending teen 1910 soveel as 63 blanke personeel, waarvan 34 vroue (hoofsaaklik afgestudeerdes van Hugenoten Dames Seminarie), op 12 stasies in Nyasaland (Malawi) en op twee aangrensende stasies in Portugees-Oos Afrika (Mosambiek) gehad.

4 Die stil stem van die vroue in die vroeë sendingwerk van der Kaapsche Kerk in Njassaland (1896–1906) Deel I: Uitstuur- of opleidingskonteks. Stellenbosch Theological Journal 2017, Vol 3, No 1, 251-283 DOI: http://dx.doi.org/10.17570/stj.2017.v3n1.a12

5 Murray skryf soos volg oor die eerste blootstelling van die plaaslikes inwoners aan blanke vroue: “Die eerste dame die ooit op Mphunzi gesien was is Mrs. TCB Vlok; sy en haar twee oudste dogtertjies het teen die einde van Maart daar vir ’n week rus en verandering gekom en ook om die eensame sendeling te verkwik deur hulle aangename geselskap. En wat was dit nie vir die volk ’n aardigheid om die wit Dona en haar twee dogtertjies te sien [nie]. Dit was ’n aangename tyd” (Murray, ongedateerd:9). Hy verwys hier na Vlok se tweede eggenote, Margaret Blake.

6 Volgens die teorie van Teologiese Aksie Navorsing is dit noodsaaklik om elke persoon se ‘stem te hoor’ – waar moontlik moet inligting in die persoon se eie woorde weergegee word (Cameron, et al., 2010:38, 49). Waar historiese figure ter sprake is, kan dit dus slegs geskied indien daar vanuit oorspronlike bronne gewerk word. In hierdie navorsing is daar deurgaans voorkeur gegee aan bronne soos dagboeke, briewe, handgeskrewe “getuienisse” en enkele verslae (waarvan die outeur bekend is) – beskikbaar in die NG Kerk in SA Argief te Stellenbosch.

7 Vlok (1901:64-71) wy ’n hele hoofstuk in sy boek Elf Jaren in Midden-Afrika daaraan om die omvang van die wild en digtheid van die bome te beskryf. Oor die paaie (of gebrek daaraan) skryf hy dat dit grotendeels bestaan uit “… nauwe voetpaadjies der inboorlingen” waar hulle “… achter elkaar op een ‘streep’ lopen”. Voorts, skryf hy, kan “… geen rijtuigen … op die wegen gebruikt worden behalve van Mvera naar Kongwe en het Meer”.

8 Murray (1901:315, 317, 319) beskryf ’n yslike spinnekop wat binne-in Attie Hofmeyr se muskietnet vassit en die hoeveelheid slange en spinnekoppe waarmee hulle gekonfronteer word as hulle buite werk of reis.

9 “The sky was literally black dark [with locusts]” (Murray, 1902:139).

10 Inskrywing tydens oornag langs die Diampuri-rivier: “None of the four of us had much sleep during the night as a lion was prowling about and continually growling. We lit two lanterns and hung then outside the tent” (Murray, 1902:365).

11 Murray (1902:50) beskryf die luiperdjag nadat daar verskeie beeste in ’n nabygeleë stat se kraal gevang is.

12 Bessie beskryf hoedat sy op 5 Junie 1895 saam met eerw Vlok vanuit Riversdale per perdekar vertrek. By Swellendam haal hulle die trein tot by Stellenbosch en daarna Kaapstad, waar hulle aan boord van die S.S. Guelph (stoomskip) na Mosselbaai, Oos-London en Durban vaar. Dan volg ’n hele paar dae se ‘vaart’ per huisbootjies op die rivier en ’n oorland-tog per voet en machila. Teen 26 September 1895 bereik hulle uiteindelik hul eindbestemming, Livlezi (Vlok, 1901:88–89).

13 “Get on riverboat Princess at once: funny thing indeed for all [the] world like a huge raft with double storied house on top of it; paddle wheel looks like a mill wheel” (Murray, 1901: 139).

14 Vlok, 1901:88.

15 Machila verwys na die vervoer van ’n ‘passasier’ per drastoel gedra deur ’n span van 8–12 manlike inboorlinge. Vgl. Murray (1901:149): ‘Don’t like machila travelling too bad to be carried by human beings.’

16 Murray, 1901:130–131; 1.

17 Vlok, 1901:88.

18 Vlok, 1901:95.

19 Vlok, 1901:91–92.

20 Vlok, 1901:91–92.

21 Vlok, 1901:93. Vgl. ook met Murray (1901: 147): “Arrived at Chiromo … have to pass customs here.” Twee dae later skryf hy: “Continue journey up the Shire.”

22 Vlok, 1901:93–94.

23 Murray, 1904:261.

24 Murray, 1901:189.

25 Murray (1902:50) beskryf hoedat hy en twee ander ’n gewonde luiperd agtervolg en uiteindelik doodskiet.

26 Murray 1901:186 & 190.

27 “Sent off 20 men to villa Conthino for salt” (Murray, 1907:84).

28 Die dag daarna skryf Murray (1905:25–26): “Stench from neighbouring swamp is most hideous, worst than the worst pigsty one can imagine: it is quite heavy and oppressive in school – without any cessation. This must be a very unhealthy spot.”

29 Met betrekking tot reis gedurende die reënseisoen, skryf Murray (1905:23–24): “[F]rom there the trouble began, water, mud, water, mud and so on ad infinitum. It was cruelly monotonous … the last loads only got in at 9 the night.” “The mud was so bad … I was obliged to take off boots and socks and wade.”

30 In November 1901 skryf Murray (1901:327): “Rains have begun…” en vir volgende paar dae kan hulle nie stene maak of reis nie.

31 Vlok, 1901:94.

32 Dorpie in Portugees Oos-Afrika waar hulle deur die doeane moet gaan en die reis op rivierbote voortsit.

33 Vlok, 1901:93–94.

34 Vlok, 1901:94–94.

35 Vlok, 1901:88.

36 Die wonings is meestal hartebeeshuise en soms getrapte kleisteen huise. Tydelike huise en skoolgeboue is dikwels op pale gebou (Murray, ongedateerd:5). Meubels is meestal deur die sendelinge self gemaak: “Covered kitchen table with tin” (Murray, 1905:14); “Finish couch for dining room. Also made towel horse for spare room” (Murray, 1905:12). Hulle het ook groentetuine aangelê om in hul kosbehoeftes te voorsien: “Any amount of fresh water. Very good soil for gardening” (Murray, 1901:191).

37 Vlok, 1901:99.

38 Murray, 1905:355.

39 Smit (1986) beskryf TC en Bessie se vroeggebore eersteling se sterfte slegs enkele dae na geboorte, asook Bessie se afsterwe enkele dae later op 2 Maart 1896 – in beide gevalle die gevolg van malaria.

40 Dreyer (1910:59) skryf dat, alhoewel die feit dat die stasie “den naam van zeer ongezond te zijn…” gehad en verskeie Skotse sendelinge daar begrawe is voor die aanvang van die werk deur die Kaapse Kerk in 1895, die werk te Livlezi as van groot belang beskou is. Tog begin hul houding verander: “[H]et duurde niet lang of men had oorvloedig bewijs van de ongezondheid van die plaats. De koorts heerschtte daar voortdurend en vooral Mev Vlok heeft daaraan veel geleden, en in Maart 1896 is zij ook daaraan gestorven.” Diep geraak deur Bessie se dood, besluit die “Zending Commissie” om Livlezi nie meer as ’n hoofstasie vir die blanke arbeiders te beskou nie. Die werk sal oorgegee word aan inboorling evangeliste en onderwysers, onder toesig van blanke sendelinge wat periodiek daar besoek sal aflê.

41 Murray ondergaan vanaf 5 Oktober 1899 tot Julie 1900 basiese mediese opleiding in London. Aanvanklik woon hy lesings by te Livingston College, London, maar woon later klinieke, operasies, en lesings by verskeie ander hospitale en praktyke. Die opleiding behels o.a. basiese medikasie, algemene gesondheid, tandheelkunde, oogsiektes, bevallings en tropiese siektes (Murray, 1899: 81–103; Murray, 1900:1–60). Sy laaste ‘blokprakties’ doen hy te Coombe Hospitaal: “Have a most interesting time. Have conducted 26 cases myself, [and] have attended 33 more. Very good work for four weeks. Have also found specials at dispensary very interesting [and] instructive” (Murray, 1900:60).

42 “Opened bad absess in leg of boy” (Murray, 1904:307).

43 “[R]emoved bad toe…” van ’n seuntjie (Murray, 1902:147); “Looked horrible … part of flesh over jaw eaten away…” (Murray, 1902:8).

44 “[The] boy dropped down [and] lay in the fire. Poor little fellow he was most horribly burnt (fourth degree): both legs, arms, back, abdomen, neck, penis [and] face. Spent two hours dressing him carefully, but fear worst because of shock. Pulse very weak, extremities cold. Administer stimulants [and] Bovril. See him again before going to bed, but fear the worst as his condition is so low” (Murray, 1905:271). “Dressed child with terrible burn all over abdomen” (Murray, 1905:233).

45 “This afternoon I was with Baby [and] heard the ‘whoop’ quite plainly; there is no doubt now about his having whooping cough. Wrote to Dr about it this even[ing]” (Murray, 1905: 253). “Last night was a very anxious one as Baby was very bad indeed. The spasms seemed to exhaust him so” (Murray, 1905:255).

46 “This morning Joni turned up here [and] said that during the night a leopard entered his wife’s hut [and] bit her face, gashing it badly. I went at once [and] sewed up to gashes” (Murray, 1905:268). “[R]ode over to dress Joni’s wife. The wounds seem to be improving, suppurating only a little” (Murray, 1905:270).

47 “[One of the missionaries] departed for Blantyre for a month to recover from blackwater fever” (Murray, 1902:147).

48 “My patient prisoner from Dedza is very weak. I spend all the morning reading up on the heart [and] doing all I can do for the poor fellow. This afternoon all the rest went up Mlanda Hill. I stayed to attend to my patient” (Murray, 1905:356).

49 “This morning a man came from Kamwendo’s village to say there is a woman there – been in labour four days; very weak already. I send some [medication] … At noon a boy came to call me. I went and found woman [had] been in labour long time, as fully dilated, but shoulders of child seem to be stuck against pelvis. Child no pulse, woman’s exceedingly weak. Came home for forceps … rode back by moonlight … found woman in same condition. Delivered her child (male, dead) by forceps: slight tear; douched vagina well [and] came home. Got here about 3 a.m.” (Murray, 1905:2).

50 Murray (1901:315, 319) beskryf hoe die dorpies/statte se kinders deur “small pox” geteister is.

51 “On way to Cape Mclear we [Tillie and Andrew] visit Chirombo’s. Very bad with leprosy” (Murray, 1904:211).

52 “This afternoon Tillie [and] Miss Faul rode down to Mpondera with Vrÿstaat [and] Valk … They have gone to visit people, specially Koponyadera’s wife, who had a child on Sat[urday]” (Murray, 1905:212). “Tilly went to see Chimsen’s wife for me, found tem[perature] 104 & pulse very rapid. I went over [and] douched uterus. Saw her again this afternoon” (Murray, 1906:60).

53 Murray, 1901:201.

54 Murray, 1905:2.

55 Een so inskrywing is die volgende: “We heard that Kitty was at Death’s door: very, very weak; heart almost gone. Stimulated for hours.” Die volgende dag is die dokter laat kom. Hy lê die afstand te perd af in ’n rekordtyd van vier ure en is betyds om Kitty deur te haal (Murray, 1905:114).

56 Murray, 1901:327.

57 “Nyasa Mission, Mvera: Mrs AC Murray (Lydie Lautré) is suffering much from asthma; the dear little son is coming down to the grandparents, having suffered from fever. Miss Zondagh and Bertha Helm are invalided at home” (Ferguson, 1899:29).

58 Wanneer Murray – self in die bed met malaria – verneem dat Tillie malaria het, wag hy slegs ’n dag en durf dan die vol rivier aan om by haar te kom: “Difficult job to cross the two rivers. The Diampuri I waded, water up to umbilicus … On arrival went at once to see Tillie. Found her very uncomfortable [and] sick with fever. How tenderly I loved her when I saw her lying there so bad. Dr came [and] got Jessie [and] Mrs.V[lok] to give enema: great relief. We send Jessie to bed [and] I sat up with my suffering sweet heart; it was a privilege to minister to all her wants; she seemed to calm down having me near. At 11 she dropped asleep, [and] at 2:30 the Dr came to relieve me. I wished he would have left me there the whole night” (Murray, 1904:11).

59 Murray (1904:6) beskryf sy eie simptome soos volg: “Rose with a very severe headache, fear I have a good deal of fever on me, result of mosquitoes at Kongure [and] wetting on Mon[day]. Have a splitting headache all the way to Mphunzi. Could hardly sit on donkey … Had a hot bath [and] turned in at once. Temp.over 102”.

60 Murray, 1907:36–37.

61 Vlok 1901:93.

62 Vgl. met vorige afdeling – bespreking van Livlezi se ongesonde ligging.

63 Vlok, 1901:96.

64 Vlok, 1901:88.

65 Vlok, 1901:98.

66 Vlok, 1901:99.

67 “After giving birth to one dead child and another baby which could not be delivered still unborn, the mother was extremely weak. Stayed with her for 3 hours trying to revive her, but she gradually got weaker and died” (Murray, 1901:265). “Called to see a woman in labour, but the child could not be born. When John [and] I got there the old women refused to let us examine the p[atient]. So we gave a stimulant [and] some ergot. Late this even[ing] we were again called there: but when we came there the woman was dead” (Murray, 1901:194).

68 Wanneer mev Vlok se baba gebore moet word, is dr Willie Murray reeds vas met “… coz Elizabeth’s confinement”. Andrew vertrek dus na Mkoma om mev Vlok by te staan totdat dr Willie beskikbaar is (Murray, 1901:247). Vergelyk ook met Smit (1986) wat beskryf hoedat die NG sendelinge dikwels in noodgevalle aangewese was op die hulp van ander sendinggenootskappe se medikuste.

69 “Miss Liebenberg is at Mvera where Mrs. West is expecting a baby” (Murray, 1901:200).

70 Andrew moet die “Gemeente Raad” bywoon en laat die swanger Tillie vir drie weke in die sorg van die van Heerdens te Mvera (Murray, 1904:343).

71 Andrew beskryf hoedat Tillie en “Baby” hom vergesel na Malembo (die terrein vir die nuwe stasie naby Lake Nyasa). Dit is ’n dagreis ver en daar slaap hulle vir ’n week lank in ’n tent. Die terugreis neem drie dae omdat hulle by verskeie stasies/dorpies oornag (Murray, 1905:221–227).

72 Murray, 1904:43.

73 Murray (1902:345): “Soled a pair for shoes for Mr Vlok.”

74 Murray (1905:14): “… cut each others’ hair”.

75 “Still very busy laying out garden into beds, planting [and] sowing seeds” (Murray, 1905:13).

76 “It is a great pleasure [and] honour to have Mrs. Vlok [and Bessie] in my home: first Dona [blanke vrou] who is seen at Mphunzi …” (Murray, 1903:84–85).

77 Murray (1902:116): “Tried to bake cake, but oven no food at all”.

78 Murray, 1905:212.

79 “[Cousin] W.H. Murray turned up with wife and children on their way home on furlough. Pauline [and] Ka. William both pretty bad with wooping cough” (Murray, 1905:217).

80 “Also sent off 40 men to fetch Charlie [and] Kitty at Blantyre” (Murray, 1904:53).

81 Murray se eerste kennismaking met Van Heerden se bruid nadat hy haar in Junie op Blantyre gaan haal het (Murray, 1904:160; 173–174)

82 Murray, 1901:185.

83 Murray, 1901:186; “Vlok soon had a sable … [and] an impois that I shot …” (Murray, 1903:307).

84 Murray, (1901:240):“[T]his afternoon we had some ripping games of tennis – van Heerdens, Miss Faul & self.” Murray, 1902:104: “Played ping pong … Long talk this evening with Isie and miss Zondagh about teaching.”

85 Murray, 1906:11.

86 Murray, 1902:272.

87 “Disappointed to found no mail came …” (Murray, 1910:171). “Get my first mail since I am in this country. Letters from Papa, Mamma, George, Louise …” (Murray, 1901:191).

88 “Wrote letter to Mamma: Tillie as nurse; Jessie as fostermother” (Murray, 1906:24). “Wrote Nurse Sturgess: keeping the children in the country” (Murray, 1906:25).

89 “Wrote letter to Papa … home news; nabetrachtings thoughts. Charlie Bob coming; Dr wants to go [and] see oom Charles … Trouble about marriage license. Elections; exams; Jap[an]-Rus[sian] war” (Murray, 1904:60).

90 Vlok, 1901:96.

91 Murray (1902:115) skryf: “Printed and toned lot of photos” en “Send photos & wrote to Mr Vlok, Coz Liz … Dr W, Coz Lettie …” (1902:188).

92 Murray, 1901:154.

93 Dreyer, 1910:61.

94 “Jessie” is waarskynlik mej Jessie Dreyer afkomstig van Malmesbury (Dreyer, 1910:52, 61).

95 Murray, 1905:257.

96 Murray, 1906:2.

97 Murray, 1906: 23–24.

98 Murray, 1904:236.

99 KS 2513, Malawi Personeel: Algmene Inligting 1880–1980.

100 Murray, 1901:207.

101 Murray, 1905:267.

102 Murray, 1907:260.

103 Murray, 1903:84–85.

104 Murray, 1905:135–136.

105 Murray, 1907:16–17.

106 Murray, 1907:25–31.

107 Murray, 1907:75.

108 Murray, 1907:83.

109 “Wrote nurse Sturgess … keeping the children in the Country” (Murray, 1906:25).

110 Verwysings na die afskeid van die ouer seuns en veral hul dogter tydens hul verblyf in Portugees Oos-Afrika, kom etlike male in latere dagboeke van Murray voor (Murray, 1911–1922).

111 Die vroue reis byvoorbeeld dikwels van een stasie na ’n ander om te gaan kuier, te gaan rus of vir werksaamhede. Wanneer die mans na buitestasies gaan, bly hulle soms weke lank alleen agter op die stasie: “It was hard to say ‘Goodbye’ to Tillie and Baby for a four weeks absence from them” (Murray, 1905:290).

112 Die status en outonomiteit aan die vroulike werkers gegee is, gaan waarskynlik hand aan hand met die Gereformeerde kerk (en Sendingkommissies) se vereiste dat sendingwerkers goed voorberei (en opgelei) moet wees. Trouens, die kerk se fokus op basiese (en later hoër) opleiding en menswaardigheid is, volgens Dreyer (1910:157), sedert die begin van die volksplanting beklemtoon: “[R]eeds sedert het begin dezer volkplanting hebben de ziekentroosters die in verband met de Gereformeerde Kerk godsdienstig werk verrichten, de zaak de opvoeding van tijd tot tijd behartigd.” In 1791 het twee van die predikante, ds Fleck en ds Scerrureir fondse ingesamel om elke dorp van “…eene elementaire school te voorzien en te Kaapstad eene Latijnsche School te stichten”. In 1862 is daar ’n Algemene Opvoedingskommissie bestaande uit vooraanstaande predikante benoem wat onder meer ’n wye reeks Kerklike wette rondom die onderwys geformuleer het. Gemeentes is aangespoor tot belangstelling in die opvoeding en die “aanmoediging van jongelingen om zich te wijden aan‘t werk van onderwijzers en onderwijzeressen” (Dreyer, 1910:159). Verskeie opleidingsinstansies word dan ook tot stand gebring vir beide mans en vroue wat tot die sending wou toetree (soos bespreek in die vorige artikel).

’n Verdere bewys dat menswaardigheid vir die kerk belangrik was, blyk uit die tot stand bring van die Doofstommen en Blinden Instituut te Worcester in 1881 (Dreyer, 1910:179). Ook hier is vroue se insette (as onderwysers, verpleegpersoneel en later selfs hoof van die meisieskool) erken en is daar voorsiening gemaak vir die opleiding en huisvesting van beide seuns en dogters. Daar is o.a. klem gelê op die aanleer van vaardighede wat die leerders in staat sou stel om sover moontlik selfstandig te leef en ’n inkomste te genereer (Dreyer, 1910:181).

113 Dreyer, 1910:59.

114 “Tilly went to see Chimsen’s wife for me, found tem[perature] 104 7 pulse very rapid. I went over & douched uterus. Saw her again this afternoon” (Murray, 1906:60).

115 Murray verwys herhaaldelik na Miss Zondagh se hulp tov die aanleer van die taal: “… lessons with Miss Zondagh”; “I give her the thoughts [for the sermon] and she is to speak” (Murray, 1901:204–205, 208).

116 Sien volledige getuienis in vorige artikel.

117 Murray, M. Ongedateerde handgeskrewe “getuienis”.

118 Vlok, 1901:96.

119 “We felt X. was very present [and] communicated Himself to us in very deed as we partook of bread [and] wine. May His Spirit indeed bind us to our Head [and] to one another” (Murray, 1901:174).

120 Murray, 1904:37.

121 Murray, 1901:168.

122 Bessie skryf dat daar tussen 10,000 en 20,000 inboorlinge in die omstreke van Livlezi woonagtig is (Vlok, 1901:97).

123 Vlok, 1901:98.

124 Murray, 1904:241.

125 Murray, 1904:101.

126 Murray, 1901:202.

127 Murray, 1905:232.

128 Murray, 1904:121.

129 Murray, 1904:122.

130 Murray, 1901:203.

131 Murray, 1901:203.

132 Murray, 1905: 212.

133 Murray, 1904:113.

134 Murray, 1904:37.

135 Veranda.

136 Murray, 1907:136.

137 Murray (1904:101) se inskrywing op 10 April1904, ’n week na hul huweliksbevestiging.

138 Murray, 1904:144.

139 Murray, 1904:210.

140 Murray, 1904:105.

141 Murray, 1904:158.

142 Murray, 1904:153.

143 Murray, 1904:186.

144 Murray, 1903:84–84. Vlg aanhaling in afdeling Gesinslewe en kinderopvoeding.

145 Murray, 1905:140.

146 Murray, 1906:23–24. Vgl Andrew se waardering vir Tillie as ‘verpleegster’ in vorige afdeling.

147 Murray 1904:366.

148 Murray, 1905:36.

149 Vlok, 1901;92–93.

150 Vlok, 1901:99–100.

151 Vlok, 1901:95.

152 Vlok, 1901:95.

153 Vlok, 1901:99.

154 Vlolk, 1901:95.

155 Vlok, 1901:96.

156 Vlok, 1901:98.

157 Vlok, 1901:97.

158 Vlok, 1901:96.

159 Vlok, 1901:97.

160 Vlok, 1901:98.

161 Vlok, 1901:99.

162 Vlok, 1901:100.

163 Ella Malan, ’n oud-student, in haar herinneringe aan die stigters van ‘Huguenot’ (Malan, 1973:12).

164 As voorbeeld van die streng struktuur, is die voorskrif dat geen nuweling is toegelaat is om enigsens ’n boodskap te lewer (hetsy in die Bybelklas of kerk) alvorens hulle nie die plaaslike taal magtig was nie (vgl Murray, 1901:204–205, 208).

165 “De slag was groot voor onze Zending, en voor de betrekkingen in die Kolonie, maar haar dood is ons in mening opzicht tot zegen gewees, en ook voor die Heidenen” (Vlok, 1901:88).

166 Vlok, 1901:92–93.

167 Ferguson, 1900:21.

168 Handgeskrewe getuienis van Deborah Retief (1888).

Refbacks

  • There are currently no refbacks.


Copyright (c) 2017 Pieter de Waal Neethling Trust, Stellenbosch

Creative Commons License
This work is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 International License.


ISSN 2413-9467 (online); ISSN 2413-9459 (print)


© 2017 Pieter de Waal Neethling Trust, Stellenbosch.

No registration, article submission or processing fees apply.

This is an Open Access article distributed under the terms of the Creative Commons Attribution License, which permits unrestricted use, distribution, and reproduction in any medium, provided the original work is properly cited. 

SUMMARY: http://creativecommons.org/licenses/by/4.0/ 
FULL: http://creativecommons.org/licenses/by/4.0/legalcode

Powered by OJS.