Psalm 32 – ’n eksegeties-teologiese verkenning: sondebelydenis is sondevergifnis!
ABSTRACT
Psalm 32 – an exegetical and theological investigation: confession of sin equals forgiveness of sin!
Psalm 32 is subjected to an exegesis of the text focussing on text intern (demarcating the psalm; a text-critical investigation and an exploration of some structural features special to the psalm) and text extern (determining the Gattung and Sitz im Leben; tradition and redactional critical) facets. A structural analysis reveals that the psalm is made up of six strophes that in their turn may be grouped into four stanzas comprising of verses 1-2, 3-7, 8-10 and 11. The Gattung or literary genre of the psalm can be described as a mixture of an individual thanksgiving song, coupled with elements typical of wisdom literature. Three stages in the development of the psalm can be detected. Initially the psalm consisted of verses 3-7; later it was framed by verses 1-2 and 8-10, and at a still later stage verse 11 was added.
1. INLEIDING
Psalm 32 is ’n interessante psalm. Hierdie psalm was een van die kerkvader Augustinus se gunstelingpsalms en Luther het Psalm 32 een van die Pauliniese psalms genoem (die ander Pauliniese psalms volgens Luther is Ps 51; 130; 143); trouens, die psalm word in Romeine 4:7-8 aangehaal. Hierdie psalm is ook die tweede van die sewe boetepsalms van die vroeë kerk (Ps 6; 32; 38; 51; 102; 130; 143). Dit sou dus die moeite loon om ’n psalm met so ’n ryk tradisie weer te ondersoek ten spyte van die feit dat daar relatief min oor die psalm gepubliseer word. ’n Vraag wat onmiddellik gevra sou kon word, is of Psalm 32 inderdaad ’n boetepsalm is soos die tradisie dit wil hê. Wat sou die teologiese intensie van die psalm wees, is die vraag wat hier aan die orde gestel word. Die metode wat hier gevolg word, is om Psalm 32 eksegeties na te gaan en om dan die teologie van die psalm te konstrueer aan die hand van die eksegetiese resultaat.
Eksegese is eintlik niks anders nie as die noukeurige lees van die teks. Daarom word die teks hier in Afrikaans en Hebreeus weergegee. So ’n noukeurige lees van ’n teks beteken om aandag te gee aan teksinterne en tekseksterne dimensies van ’n teks (Snyman 1996:540-549).
1.1 Die aanvanklike ontmoeting met die teks
Die 1983- Afrikaanse vertaling van Psalm 32:
’n Gedig van Dawid
Dit gaan goed met die mens
wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word.
2Dit gaan goed met die mens
vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar nie bedrog is nie.
3Toe ek oor my sonde geswyg het,
het my liggaam uitgeteer soos ek die hele dag om hulp geroep het.
4U hand het dag en nag swaar op my gedruk,
my krag het opgedroog soos water in somerhitte. Sela
5Toe het ek my sonde bely,
my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê:
“Voor die Here bely ek my opstandigheid;”
en U het my skuld vergewe. Sela
6Dit is waarom elke gelowige in ’n tyd van nood tot U bid;
selfs vloedwaters sal hom nie skielik oorval nie.
7U is vir my ’n skuilplek,
U beskerm my teen aanvalle,
U laat my oorwinningsliedere sing. Sela
8Ek wil jou onderrig
en jou die pad leer wat jy moet volg.
Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.
9Moenie onverstandig wees nie, soos ’n perd of ’n muil
wat met ’n stang in die bek beteuel moet word as jy hom wil lei.
10Die goddelose het baie smarte,
maar wie op die Here vertrou, dié omvou Hy met sy liefde.
11Verbly julle in die Here en juig, regverdiges,
jubel, alle opregtes.
Die Hebreeuse teks van Psalm 32: (<bad hebrew copy>Page 508-509 PDF file)
1.2 Die bevraging van die teks
’n Aanvanklike lees van die teks – ook in verskillende vertalings – lok heelwat vrae uit. So ’n bevraging van die teks laat die eksegeet toe om “nuut” te kyk na die teks. Geykte interpretasies moet herbevestig word of daar moet tot nuwe insigte gekom word. Die 1983-vertaling van die Bybel in Afrikaans vertaal die woord ליﬤשׂט in vers 1 met “’n gedig” terwyl die 1933/53-vertaling “’n onderwysing” aanbied as vertaling. In ander vertalings word die begrip onvertaald weergegee as “maskil” (so bv die KJV en die NIV). Dit laat die vraag ontstaan na wat ’n “maskil” is. Wat word hier as sonde getipeer? Hoe moet die verwysing na vloedwaters in vers 6 verklaar word? Hoe moet die opvallende verskil in trant tussen vers 7 en 8 verklaar word? Wie praat in vers 8: Is dit die psalmdigter of die Here? Hoe is die psalm opgebou en help die nagaan van die opbou van die psalm om ’n peiling van die betekenis van die psalm te maak? Wat is die literatuursoort wat in die psalm gebruik word? Is die psalm ’n boetepsalm soos die vroeë kerk die psalm verstaan het?
Wat aanvanklik gelyk het na ’n eenvoudige verstaan en interpretasie van die psalm blyk nie so te wees nie. Daar is vrae wat die psalm oproep en wat eksegeties beantwoord moet word.
2. DIE TEKSINTERNE ONDERSOEK
2.1 Die afbakening van die perikoop
Die ליﬤשׂט-opskrif van Psalm 32 is ’n aanduiding van die begin van ’n nuwe perikoop wanneer die voorafgaande psalm nagegaan word. Dit hoef skaars betoog te word dat דודלprominent voorkom in die opskrifte van ’n hele aantal psalms (so bv Ps 26; 27; 28; 29; 30; 31; 34 in die onmiddellike omgewing van Ps 32) en dat ליﬤשׂט ook gevind word in die opskrif van ’n aantal ander psalms (Ps 42; 44; 45; 52; 53; 54; 55; 74; 78; 88; 89; 142). Psalm 32 word ook gekenmerk deur ’n eiesoortige woordeskat, anders as Psalm 31. Dieידשא in vers 1 en 2 gee ook aanduiding van ’n nuwe perikoop.
Die slot van die psalm is nie so maklik om te bepaal nie. Psalm 33 bevat geen opskrif nie en dit laat die vraag ontstaan waar Psalm 32 eindig en waar Psalm 33 begin, indien hier inderdaad sprake is van twee psalms.
Vers 11 toon opvallende ooreenkomste met Psalm 33:1. ’n Vergelyking tussen vers 11 van
Psalm 32 en vers 1 van Psalm 33 toon die ooreenkomste duidelik aan:
<bad hebrew copy>
Verbly julle in die Here en juig regverdiges, en jubel alle opregtes van hart (Ps 32:11).
Jubel in die Here, regverdiges en sing ’n loflied, opregtes (Ps 33:1).
Die regverdiges סיקידצ (32:11 en 33:1) en opregtes סידשי (32:11 en 33:1) moet sing ות (32:11 en 33:1) in die Here הוהיב (32:11 en 33:1). Daar sou selfs sprake kon wees van ’n chiasme tussen vers 11 van Psalm 32 en vers 1 van Psalm 33. Die eerste hemistige van 32:11 vorm ’n chiasme met die eerste hemistige van 33:1 en so ook vorm die tweede hemistige van 32:11 en die tweede hemistige van 33:1 ’n chiasme:
םיקיוּצ הוּהיב
הוּהיב םיקיוּצ
Vergelyk ook:
בל־ידשי־לﬤ וּנּינּדו
הלהת הואנ םידשיל
Daar is ook sprake van chiastiese konstruksie in die geheel van die twee versreëls:
:בל־י־רשי־לﬤ ונירהו םיקידצ וּליב
:הלהח הואנ םירשיל הוהיב םיקיֵצ וננר
Die sintaktiese en stilistiese verbinding tussen die slotvers van Psalm 32 en die eerste vers van Psalm 33 is te opvallend en prominent om geïgnoreer te word. Die imperatiewe van 32:11 word voortgesit in 33:1; die gemeenskaplike woordeskat wat die twee verse deel en die gemeenskaplike adressant – die regverdiges – wys in die rigting van ’n verband tussen die twee verse (Willmes 1996:10). Daar is verskillende moontlikhede om te oorweeg:
Die eerste moontlikheid is om die tradisionele verdeling van die twee psalms te behou. Daar sou geargumenteer kon word dat die lof waarmee Psalm 32 afsluit nie noodwendig beteken dat dit oorspronklik by Psalm 33 gehoort het nie. Die lof waarmee Psalm 32 eindig en die lof waarmee Psalm 33 begin, kon juis die oorweging gewees het waarom die twee psalms naas mekaar geplaas is. Dit gebeur dikwels in die Psalms dat klag oorgaan in lof aan die einde van ’n psalm. ’n Mens sou ook kon wys op die הוהיב wat in sowel vers 10 as vers 11 voorkom en wat ’n aanduiding is van die verbinding van vers 11 met die res van Psalm 32. Wat Psalm 33 betref, bestaan die psalm uit 22 verse wat die presiese aantal letters in die Hebreeuse alfabet is en wat die indruk skep van ’n eie afgeronde eenheid. Verder kan die gemeenskaplikhede tussen die laaste vers van Psalm 32 en die eerste vers van Psalm 33 juis ’n argument vir die skeiding van die twee psalms wees (Willmes 1996:10). ’n Volgende argument ten gunste van die tradisionele standpunt is dat indien Psalm 33:2 moet geld as die eerste vers van die psalm, die imperatiewe van 33:2 geen adressant sou hê nie (Willmes 1996:10).
Die tweede moontlikheid is presies die teenoorgestelde van die eerste moontlikheid. Psalm 32 en 33 moet as een psalm opgeneem moet word, veral aangesien Psalm 33 geen opskrif bevat nie en dus gewoon aansluit by Psalm 32. Tekskrities is daar ook steun vir hierdie standpunt. Daar is inderdaad ’n paar manuskripte wat Psalm 32 en 33 as een psalm lees. Die lof aan Jahwe vir vergifnis wat in vers 11 van Psalm 32 verwoord word, word uitgebrei in Psalm 33. Psalm 33 sny die tema van lof aan Jahwe egter vanuit ’n totaal ander perspektief aan as Psalm 32. In Psalm 33 is die rede vir lof aan Jahwe sy sorg vir die skepping wat Hy gemaak het. Die tema van sondevergifnis wat die rede vir die lof aan Jahwe in Psalm 32 is, speel nie weer ’n rol in Psalm 33 nie. Psalm 32 en 33 moet dus eerder gelees word as twee afsonderlike psalms.
Die derde moontlikheid is om Psalm 32:11 in te reken by Psalm 33:1. Psalm 32:10 sou ’n goeie afsluiting kon wees vir Psalm 32, terwyl die element van lof in vers 11 moeiteloos by Psalm 33 sou kon aansluit op grond van die sintaktiese en stilistiese verbinding tussen die twee verse. Die imperatiewe meervoudsvorme in vers 11 veroorsaak ook ’n breuk met die voorafgaande tien verse van Psalm 32. Tog is dit ook so dat dit nie vreemd is dat ’n psalm met ’n lofprysing aan Jahwe eindig nie. Daar is ook verbindings tussen vers 11 en die res van Psalm 32 wat ’n aanduiding gee dat vers 11 inderdaad by die res van Psalm 32 hoort. In sowel vers 10 as vers 11 word הוהיב gevind en in vers 7 word ook in vers 11 heropgeneem as וננר. Die moontlikheid om Psalm 32:11 as deel van Psalm 33 te sien oortuig dus nie. Die laaste vers van Psalm 32 is deel van dié psalm.
Die vierde moontlikheid is om Psalm 33:1 in te reken by Psalm 32:11. Soos reeds hier bo aangedui is, maak die opvallende sintaktiese en stilistiese verbinding tussen die twee verse dit ’n moontlikheid. Die voorkoms van הוהיב in Psalm 32:10, 32:11 en 33:1 versterk die argument dat Psalm 33:1 eerder by die slot van Psalm 32:11 hoort. Psalm 33:2 bevat הוהיב wat anders is as die הוהיב van die voorafgaande verse. Die 22 verse van Psalm 33 kom ooreen met die aantal letters van die Hebreeuse alfabet, maar dit is nie ’n deurslaggewende argument nie, want dit maak nie van Psalm 33 ’n akrostiese psalm soos Psalm 34 waar elke versreël met die daaropvolgende letter van die Hebreeuse alfabet begin nie.
Om ’n keuse te maak tussen die moontlikhede is nie maklik nie. Daar word in hierdie bydrae – voorlopig altans – ’n keuse gemaak vir die standpunt dat die tradisionele verdeling tussen Psalm 32 en 33 behou word soos dit tans is. Die subtiele woordspel tussen ירשא in vers 1 en ידשי in vers 11 laat die skaal ten gunste van die tradisionele verdeling kantel.
2.2 Tekskritiese oorwegings
In vers 1 lees die Sexta-manuskrip επελ ησθη wat “vergeet” beteken. Klaarblyklik is die אשנ (oplig, dra, vergewe) gelees as השנ wat “vergeet” in Hebreeus beteken. Daar is nie ander Hebreeuse manuskripte wat dié lesing het nie en daarom behoort die Masoretiese Teks se lesing behou te word. Die frase היםר וחורב ןיאו (“en in wie se gees daar geen valsheid is nie”) word soms gesien as ’n moontlike byvoeging tot die teks. Daar is egter geen manuskripgetuienis wat die weglating van die frase ondersteun nie. Die Griekse vertaling (LXX) lees ook by die frase היםר וחורב ןיאו “in sy mond” in plaas van “in sy gees”. Indien die lesing van die Septuagint aanvaar sou word, sou dit neerkom op ’n verandering aan die konsonante teks וחורב na ויכּב , iets wat normaalweg vermy word. Die Siriese vertaling lees יﬤלב “in sy hart” wat eweneens ’n afwyking van die konsonante teks is sonder ander teksgetuienis.
By vers 3 lees sommige manuskripte ולﬤ as ’n derdepersoon, manlike enkelvoud perfektum qal van הלﬤ in die betekenis van “vernietig”, “klaar”, in plaas van ולﬤ as die derdepersoon, manlike enkelvoud perfektum qal van תלﬤ in die betekenis van “vervalle”, “verweer”, “uitteer” of “oud word”. Binne die konteks van die psalm maak die lesing van die Masoretiese Teks tog beter sin. Die psalmdigter is nog nie volledig vernietig deur sy stilswye soos die alternatiewe lesing suggereer nie; hy is wel vervalle en uitgeteer soos die Masoretiese Teks te kenne gee.
By vers 4 lees die Septuagint <bad greek copy> vertaal kan word met “deur harde werk” of “deur swaarkry te verduur” in plaas van “my lewenskrag”. Daar is egter geen dwingende rede om die teks op grond van die lesing van die Septuagint te verander nie. Die gedagte van lewenskrag wat minder word, is ’n kragtige metafoor waarmee die digter sy toestand voor Jahwe uitdruk. Daar is ook manuskripte wat ינברחﬤ lees in plaas van ינברחﬤ sodat die teks lees: “my lewenskrag het verander soos somerdroogte” om daarmee die vergelyking beter tot uitdrukking te bring, en daarom word hierdie lesing aanvaar bo die lesing van die Masoretiese Teks. Die New International Version (NIV) en die 1933/53- sowel as die 1983-vertaling van die Bybel in Afrikaans aanvaar ook hierdie lesing bo dié van die Masoretiese Teks.
In vers 5 is daar ’n paar manuskripte en ’n uitgawe van die Septuagint wat יעשﬤ lees as יעסכ “my oortredings” (meervoud) word verander na “my oortreding” (enkelvoud). Dit is beter om die Masoretiese Teks hier te behou aangesien die konteks dit duidelik maak dat dit hier oor meer as ’n enkele oortreding gaan.
In vers 7 is daar ’n hapax legomenon ינר wat aldus BHS as gevolg van dittografie eerder geskrap en vervang moet word met יננם in die betekenis van “skilde”. Die vertaling sou dan moet lui: “met reddende skilde omring U my”. Dit is egter onnodig om die teks so te verander. (Pg
Die variante lesings wat vir die res van die psalm voorgestel word, is óf nie belangrik nie óf maak ’n te drastiese ingreep op die Masoretiese Teks (vgl Kraus 1972:254; Willmes 1996:10-14).
(<bad hebrew copy> PDF Pg 512)
2.3 Die analise van die opbou van die psalm
Stige 2 en stige 2.1 moet verbind as gevolg van die waw-kopulatief waarmee stige 2.1 begin. Die ידשא waarmee stige 1.1 sowel as stige 2 begin en ook net hier in die psalm voorkom, noodsaak die verbinding van die twee stiges (Willmes 1996:15). Die stiges word verder gekenmerk deur ’n opeenstapeling van woorde wat in die betekenisveld van “sonde”/”oortreding”/”skuld” staan: עשב האםה ןוע.
Stige 3-4.1 verbind. Die redegewende יב in stige 4 en die verwysings na menslike ledemate (“my bene” in stige 3, “my lewensvog” in stige 4.1 en “u hand” in stige 4) geld as argumente vir dié verbinding. Stige 3 en 4 word ook gekenmerk deur die voorkoms van eerstepersoon- enkelvoudsvorme. Die voorkoms van םוי in stige 3 en 4 was ’n verdere oorweging vir die ver- binding van die stiges.
Die stiges van vers 5 verbind deur die eerstepersoon-enkelvoudsvorme in stige 5 en 5.1 en 5.2. Die voorkoms van woorde om sonde mee te beskryf vorm ook ’n interessante patroon:
(<bad hebrew copy> PDF Pg 513)
Die patroon vorm ’n onmiskenbare ringskomposisie of inclusio.
Stige 6 en 6.1 verbind as gevolg van die ל wat funksioneer as ’n verbindingspartikel. Stige 7 verbind met stige 6 en 6.1. Via die<bad hebrew copy> waarmee stige 6 begin, word ook ’n verband gelê met die voorafgaande stige 5-5.2. Die voorkoms van <bad hebrew copy> versterk die verbinding verder. Stige 3-7 word verder gekenmerk deur die voorkoms van <bad hebrew copy> aan die einde van stige 4, 5 en 7. Daardeur word die stiges ook verbind aan mekaar en tegelykertyd in ’n uitsonderingsposisie geplaas in terme van die res van die psalm.
Die <bad hebrew copy> van stige 3 lê ’n verband met stige 1-2.1 sodat stige 1-7 verbind. Dit is ook opmerklik dat presies dieselfde woorde vir sonde wat in stige 5 gebruik word, ook in stige 1-2 gebruik word. Daar is ook ’n chiastiese verband tussen stige 1-2 en 5:<bad hebrew copy> in stige 1 en <bad hebrew copy> in stige 5 en 5.2.
Met stige 8 word ’n nuwe deel van die psalm ingelei. Vir die eerste keer sedert vers 1 word die stamvorm <bad hebrew copy> gebruik. Daar is geen sprake van ’n belydenis van sonde nie; die beeld of metafoor van ’n perd en/of muil wat gebruik word, het ook geen oorlopende verband met die voorafgaande gedeelte nie. Stige 9 en 9.1 verbind deur die eenheid van die beeld van ’n perd wat met toom en teuel beheer moet word. Stige 9 en 9.1 verbind met stige 8 aangesien stige 8 die inleiding vorm van wat in stige 9 gesê word. Stige 10 vorm die slotsom van stige 8-9.1 en verbind daarom.
Dit is opmerklik dat die stamvorm <bad hebrew copy> voorkom aan die einde van sowel stige 7 as stige 10 wat ’n verbinding skep tussen stige 1-7 en 8-10.
Stige 11 onderskei hom van die res van die psalm deur die voorkoms van die meervoudsimperatiewe in die vorm van ’n oproep tot lof wat voorkom. Die voorkoms van <bad hebrew copy> in sowel stige 10 as stige 11 skep ook ’n verbinding tussen stige 8-10 en 11. Die psalm vorm ’n eenheid met die woordspel tussen <bad hebrew copy> in vers 1 en 2 en <bad hebrew copy> in vers 11.
Die resultaat van die analise kan skematies soos volg weergegee word:
Stige 1-2 | Twee seënspreuke | A |
Stige 3-4 | Die effek van stilbly | B1 |
Stige 5 | Belydenis | B2 |
Stige 6-7 | Die effek van belydenis | B3 |
Stige 8-10 | Wysheidsraad | C |
Stige 11 | Oproep tot lof | D |
Die ses strofes waaruit die psalm opgebou is, vorm dus vier stansas: A (v 1-2); B (v 3-7); C (v 8-10), en D (v 11). Dit is verder duidelik dat stansa B (strofes B1, B2 en B3, v 3-7) die kern van die psalm vorm met strofe B2 (v 5) as die sentrum van die psalm. Seybold (1996:134-136) kom tot dieselfde gevolgtrekking, maar sonder dat hy enige motivering vir die verdeling van die psalm gee.
Die analise van die opbou van die psalm wat hier aangebied word, verskil van ander analises wat in kommentare en ander publikasies oor Psalm 32 gemaak word. ’n Vlugtige oorsig van die tersaaklike publikasies oor Psalm 32 bevestig hierdie waarneming. Ridderbos (1955:273-278) onderskei ’n driedeling in die psalm wat bestaan uit vers 1-2, 3-5 en 6-11, ’n verdeling wat ook by Van Uchelen (1979:214-215) gevind word. Lamparter (1962:163-166) werk ook met ’n driedeling, maar verskil van Ridderbos in die sin dat die verdeling waartoe hy kom vers 1-5, 6-10 en 11 beslaan. Weiser (1975:282) se verdeling van die psalm bestaan uit vers 1-2, 3-7 en 8-11. Kraus (1972:255-258) werk met ’n verdeling van vers 1-2, 3-5, 6-7, 8-9, 10 en 11. Anderson (1972:255-259) se verdeling kom ooreen met dié van Kraus, maar verskil oor die verdeling van die laaste twee verse van die psalm wat Anderson as ’n eenheid opneem. Auffret (1988:257, 262) en Ridderbos (1972:233) onderskei ’n tweedeling van vers 1-5 en 6-11. Brinkman (1995: 152-153) verdeel die psalm in verse 1-2, 3-9 en 10-11. Willmes (1996:27) kom na ’n indringende analise van die teks tot die volgende verdeling van die psalm: vers 1-2, 3-7, 8 en 9-11. Craigie (1983:265) sien ’n chiastiese opbou in die psalm raak: wysheid (v 1-2) A; danksegging (v 3-5) B; danksegging (v 6-8) B, en wysheid (v 9-10) B, waarna vers 11 volg as die slot van die psalm.
’n Ander interessante stilistiese kenmerk van die psalm is die aantal kere wat bepaalde woorde in die psalm gebruik word. ’n Beduidende aantal woorde kom telkens net twee keer in die psalm voor:
• <bad hebrew copy> kom twee keer voor (v 1, 2).
• Die stamvorm <bad hebrew copy> kom twee keer voor (v 1, 5).
• Die stamvorm <bad hebrew copy> kom twee keer voor (v 3, 4).
• Die stamvorm <bad hebrew copy> kom twee keer voor (v 1, 5).
• Die stamvorm <bad hebrew copy> kom twee keer voor in vers 5.
• <bad hebrew copy> kom twee keer voor (v 6, 10)
• <bad hebrew copy> kom twee keer voor (v 5, 7).
• Die stamvorm <bad hebrew copy> kom twee keer voor (v 7, 11).
• Die stamvorm <bad hebrew copy> kom twee keer voor (v 7, 10).
• Die stamvorm <bad hebrew copy> kom twee keer voor (v 1, 8).
• Die stamvorm <bad hebrew copy> kom twee keer voor (v 6, 10).
Ridderbos (1972:233-234) wys op die rol wat die getal drie in die psalm speel. Daar word in vers 1 drie woorde gebruik om sonde mee te beskryf: <bad hebrew copy> Dieselfde drie woorde word herhaal in die belydenis van vers 5. Vers 1-2 gebruik ook drie woorde om sondevergifnis te beskryf. Vers 8 bevat drie uitdrukkings vir “onderrig”. Vers 9 gebruik drie begrippe vir “toom”. Die woord <bad hebrew copy> kom drie keer voor (v 4, 5, 7) en in vers 11 word daar drie begrippe gebruik as ’n oproep om te juig. Die Naam van Jahwe (<bad hebrew copy> ) kom vier keer voor.
3. TEKSEKSTERNE ONDERSOEK
3.1 Die Gattung en Sitz im Leben
Die psalm vertoon die tipiese kenmerke van ’n individuele danklied (Weiser 1962:281; Ridderbos 1972:231; Kraus 1972:254; Craigie, 1983:265; Mays 1994:145). Kraus (1972:254) onderskei ’n reeks ander Gattungen in die psalm: ’n Glückwünsche in vers 1-2; ’n vertelling in vers 3-5; ’n didaktiese verklaring in vers 6-7; ’n Gottesspruch in vers 8-9; ’n lehrhafte Formulierung einer Grunderfahrung in vers 10, en ’n oproep tot dank en jubel in die styl van ’n himne in vers 11. Sonder om die debat rondom die Gattung van die psalm te herhaal, is dit duidelik dat twee onderskeidende elemente prominent teenwoordig is in die psalm. Aan die een kant vertoon die psalm die tipiese kenmerke van ’n individuele danklied. Aan die ander kant is daar ook onteenseglike wysheidselemente teenwoordig in die psalm. Vir Ridderbos (1955:270-271) is die psalm “een danklied” met “een didactisch-paraenetisch karakter”. Weiser (1982:281) merk in dié verband op: “The juxtaposition of the two motives of thanksgiving and instruction causes a mixed style, so that the prayer of thanksgiving is interspersed with fragments which are closely connected with the Wisdom Literature.” Dahood (1972:194) se opsomming wys in dieselfde rigting: “A psalm of thanksgiving for recovery from illness … Because of the several didactic elements, some would label this a Wisdom psalm” (vgl ook Anderson 1972:254). Seybold (1996:134) karakteriseer die psalm as “ein Danklied mit einem starken weisheitlichen Einschlag”. Die bepaling van die Gattung toon aan dat die psalm nie enkelvoudig net as ’n boetepsalm gelees kan word nie. Daar is ook elemente van dank en wysheid in die psalm. Die psalm word afgesluit met ’n oproep tot lof aan die Here.
Wat sou die Sitz im Leben van die psalm wees? Daar is weinig, indien enige, aanduidings in die teks wat ’n mens sou kon lei na ’n tipiese Sitz vir die psalm. Kraus (1972:254) dink aan ’n gebeurtenis in die lewe van ’n gelowige waar so ’n persoon ’n heilservaring beleef het en dit deel met ander gelowiges, vermoedelik in die heiligdom. Daar is spekulasie of die digter van die psalm genees is van ’n dodelike siekte, maar dit is onwaarskynlik. Wat hier bely word, is ’n ervaring van sondevergifnis eerder as ’n ervaring van genesing.
Die psalm bevat geen historiese aanduidings nie sodat ’n presiese datering nie moontlik is nie. Die afwesigheid van die vermelding van enige offers, die persoonlike aard van die psalm en die invloed vanuit wysheidskringe wys egter in die rigting van ’n laat (eksiliese of selfs na-eksiliese, vgl Buttenwieser 1969:654 ev) datering (vgl Ridderbos 1955:272 wat die psalm aan Dawid toeskryf).
3.2 Ondersoek na tradisies (Pg 515)
Daar is geen verwysing na die geykte heilstradisies in die geskiedenis van die volk Israel (skepping, aartsvaders, uittog, Sinai, woestyn, land, Sion) te vind nie. Die verwysing na die <bad hebrew copy> “baie water” in vers 6 moet nie opgeneem word as verwysend na die sondvloed nie (vgl Lamparter 1961:165), maar eerder gesien word as ’n metafoor wat gevaar uitdruk soos ook elders in die Ou Testament die geval is (Ps 66:12; Jes 43:2). Die opskrif, die seënspreuke in vers 1 en 2 (vgl Ps 1) en die <bad hebrew copy> in vers 8 laat ’n mens dink aan invloede vanuit wysheidskringe. Die afwesigheid van enige verwysing na die prominente heilstradisies in die geskiedenis van die volk Israel, verhoog die persoonlike – selfs intieme – aard en styl van die psalm (vgl Willmes 1996:48 wat die moontlikheid noem dat die psalm deur tempelpersoneel gedig sou kon word vir liturgiese doeleindes).
3.3 Redaksionele bewerking
Die vermenging van twee verskillende Gattungen (’n individuele danklied en die invloed van wysheidselemente) laat die vermoede ontstaan dat die psalm waarskynlik nie in een sitting ontstaan het nie. Vers 3-7 is waarskynlik die oorspronklike deel van die psalm wat later voorsien is van ’n wysheidsraam (v 1-2, 8-10). Toe die psalm sy plek in die heiligdom en kultus gevind het, is vers 11 waarskynlik bygevoeg as ’n gepaste oproep aan die geloofsgemeenskap om Jahwe te loof vir sy daad van vergifnis. Daar sou dus minstens drie stadia in die ontwikkeling van die psalm onderskei kon word.
4. DETAILEKSEGESE
Die psigiese en liggaamlike lyding van die digter omdat hy nie sy sonde bely het nie, bring hy in verband met God: dit is God se hand wat swaar op hom gedruk het (Weiser 1975:284; Seybold 1996:135; vgl ook Ps 38:3).
Dit is ’n vraag in die eksegese van die psalm wie aan die woord is in vers 8. Sommige geleerdes dink aan Jahwe (Lamparter 1961:165; Kraus 1972:257; Brinkman 1995:153; Dahood 1974:196), terwyl ander weer dink aan ’n wysheidsleraar wat óf die digter self óf iemand anders kan wees (Weiser 1975:286; Ridderbos 1955:277; Anderson 1972:258; Van Uchelen 1979:216; Seybold 1996:136; Ridderbos 1972:233; Craigie 1983:267). In die lig van die wysheidselemente tipies aan die psalm word hier gekies vir laasgenoemde standpunt. Daar is geen eksplisiete aanduidings in die teks dat Jahwe hier aan die woord is nie en die verwysing na Jahwe in die derdepersoon-enkelvoud in plaas van ’n eerstepersoon-enkelvoud indien Hy aan die woord sou wees in vers 10, geld as argumente in die verband.
Die punt van die beeld in vers 9 van die perd of muil wat met ’n stang in die bek beteuel moet word om onder beheer van sy eienaar te wees, herinner aan die digter se ervaring wat in vers 3-4 vertel word. Die wyse raad wat die leser van die psalm ontvang, is om nie dieselfde fout te maak as wat die digter gemaak het nie, naamlik om met ’n halsstarrige eiewilligheid te weier om sonde te bely. Eventueel sal die mens tog kom tot ’n belydenis van sonde juis as gevolg van die ondraaglikheid van die las van sonde wat nie vergewe is nie en Jahwe se hand wat daarom swaar rus op ’n mens (Weiser 1975:287; Lamparter 1962:166; Ridderbos 1955:278; Anderson 1972:259).
5. TEOLOGIESE BOODSKAP
Dat die psalm ryk is aan teologiese insigte behoort aan die einde van die eksegetiese proses duidelik te wees. Weiser (1962:281) som die psalm op as ’n psalm van danksegging waarin daar teruggekyk word na die digter se persoonlike ervaring van skuldbelydenis en sondevergifnis wat hy ontvang het en die lewensles wat elke Godvresende mens uit hierdie ervaring van hom kan leer. Vir Kraus (1972:255, 259) is die gebroke (as gevolg van sondeskuld) en herstelde (as gevolg van geskenkte vergifnis) verhouding tussen mens en God die bepalende tema van die psalm.
Strofe B1 (v 3-4) beskryf die negatiewe gevolge om nie sonde te bely nie (my liggaam het uitgeteer; u hand was dag en nag swaar op my; my lewenskrag het opgedroog). Strofe B3 (v 6-7) beskryf weer die positiewe gevolge van ’n belydenis van sonde (gelowiges het vrymoedigheid om na die Here te roep; vloedwaters sal hom nie skielik oorval nie; die Here is ’n skuilplek en hy geniet die beskerming van die Here). Stansa C (v 8-10) beskryf vanuit ’n ander perspektief ook ’n negatiewe en ’n positiewe aspek. Negatief word die leser opgeroep om nie soos ’n perd of ’n muil te wees wat met ’n toom beteuel moet word nie (v 9). Positief word daar gewys op die gevolg van mense wat hulle vertroue in die Here plaas: hulle word met sy liefde omring (v 10). Die psalm word omraam met twee positiewe uitsprake: mense wie se sonde vergewe is, word as gelukkig geag (A, v 1-2) en die psalm sluit af met ’n oproep tot lof aan die Here (D, v 11). Die omraming word versterk deur die woordspeling tussen <bad hebrew copy> in vers 1 en 2 en <bad hebrew copy> in vers 11.
Die openheid en openhartigheid waarmee die digter sy sonde bely, is opvallend. Die opeenstapeling van begrippe vir sonde wat gebruik word in die belydenis is ’n aanduiding van die volledigheid waarmee hy sy sonde bely. Die persoonlike aard van die belydenis val ook op. Wanneer die digter sover kom om sy sonde te bely, vergewe die Here oombliklik en volledig. Na die skuldbelydenis en vergifnis in strofe B2 (v 5) word die begrip “sonde” of enige verwysing daarna nie weer in die psalm genoem nie, wat ’n aanduiding is van Jahwe se volledige en oombliklike vergewing. Wat in vers 1 as ’n algemene waarheid bely word, word ’n persoonlike ervaring van die digter in vers 5. Wat verder merkwaardig is, is dat die sondevergifnis geskenk word sonder enige vermelding van offers. Die woordspeling tussen vers 1 en 5 is ook besonders. Wanneer mense hulle sonde bedek (v 5), lei dit net tot ongelukkigheid. Sonde wat nie bedek word nie deur dit juis openlik te bely, word deur die Here bedek (v 1). Waar die mens sy sonde nie meer bedek nie, daar doen die Here dit (Ridderbos 1972:235).
6. SLOT
Die eksegese van Psalm 32 wat hier aangebied word, bevestig net weer die waarde daarvan om die teks in die oorspronklike taal te lees. Nuanses van betekenis, woordspeling en teologiese intensie word in die lees van die Hebreeus raakgesien wat in vertalings gewoon gemis word.
Psalm 32 is ’n psalm wat ryk is aan inhoud. In ’n wêreld waarin die begrip “sonde” byna ’n verleentheid word, bring die psalm weer die belangrikheid van egte sondebesef en belydenis skerp in fokus. Dit is die versteuring in die verhouding tussen God en mens wat die noodsaak van sondebelydenis so noodsaaklik maak. Belangriker is die onmiddellike en volledige vergifnis wat die Here dadelik gee na die digter se gebed. In die Nuwe Testament word die teologiese boodskap van die psalm geëggo in 1 Johannes 1:9: Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.
BIBLIOGRAFIE
Anderson, AA 1972. The Book of the Psalms. Vol I. Londen: Marshall, Morgan & Scott. (New Century Bible.)
Auffret, P 1988. Essai sur la structure litteraire du Psaume xxxii. Vetus Testamentum XXXVIII (3), 257-285.
Brinkman, JM 1995. Psalmen I. Een praktischse bijbelverklaring. Kampen: Kok. (Tekst en Toelichting.)
Buttenwieser, M 1969. The Psalms chronologically treated with a new translation. New York: Ktav Publishing House.
Craigie, PC 1983. Psalms 1-50. Waco, Texas: Word Books. (Word Biblical Commentary.)
Dahood, M 1974. Psalms I, 1-50. New York: Doubleday & Co. (Anchor Bible.)
Kraus, H-J 1972. Psalmen. I. Teilband Psalmen 1-63. Neukirchen-Vluyn: Neukirchener. (Biblischer
Kommentar Alten Testament Band XV/I.)
Lamparter, H 1962. Das Buch der Psalmen I. Psalmen 1-72. Stuttgart: Calwer. (Die Botschaft des Alten Testaments 14.)
Mays, JL 1994. Psalms. Louisville: John Knox. (Interpretation.)
Ridderbos, J 1955. De Psalmen I Psalm 1-41. Kampen: Kok. (Commentaar op het Oude Testament.)
Ridderbos, NH 1972. Die Psalmen. Stilistische Verfahren und Aufbau. Mit besonderer Berücksichtigung von Ps 1-41. Berlin: Walter de Gruyter. (BZAW 117.)
Seybold, K 1996. Die Psalmen. Tübingen: Mohr. (HAT I/15.)
Snyman, F 1996. ’n Struktureel-historiese benadering tot die eksegese van die Ou Testament. NGTT 37(4), 540-549.
Van Uchelen, NA 1979. Psalmen deel I (1-40). Nijkerk: Callenbach.
Weiser, A 1975. The Psalms. A Commentary. Londen: SCM. (Old Testament Library.)
Willmes, B 1996. Freude über die Vergebung der Sunde: synchrone end diachrone Analyse von Ps 32. Frankfurt am Main: Josef Knecht.