Ontvang hiermee die laaste uitgawe van die Tydskrif vir 2007, NGTT Deel 48 nommers 3 & 4 van September - Desember 2007. Baie dankie vir die skrywers uit verskeie velde van die teologie en ander wetenskapsrigtings wat bydraes gelewer het. ’n Afdeling van die uitgawe bevat van die referate wat by die Kerkregwerkgemeenskap van Suider-Afrika gelewer is tydens hulle vergadering te Pretoria in Julie 2007.
In antwoord of prof IJJ Spangenberg se artikel Postmoderne Bybelwetenskap en die Christelike godsdiens – kanttkeninge by die boek “Geloof sonder sekerhede: besinning vir eietydse gelowiges” verskyn die artikel van prof Anton van Niekerk “Oor tradisie, hermeneutiek en wetenskap: mistastings in Sakkie Spangenberg se lesing van ’Geloof sonder sekerhede: besinning vir eietydse gelowiges’.” Gebeure op die teologiese en kerklike toneel in Suid-Afrika die afgelope weke bevestig dat hierdie ’n baie belangrike en noodsaaklike debat is wat besig is om plaas te vind en die NGTT wil graag teoloeë en ander persone nooi om toe te tree tot die debat.
In die Fakulteit by Stellenbosch het dr Ian Nell toegetree tot die personeel by Praktiese Teologie. Die NGTT verwelkom graag dr Nell as kollega in die Fakulteit en ook as medewerker van die NGTT.
P Coertzen
Redakteur: NGTT Stellenbosch