Van den Berg, J-A1

Universiteit van die Vrystaat

’n Beliggaamde siel: voorgestelde perspektiewe vir ’n pastorale antropologie2

ABSTRACT

An embodied soul: Proposed perspectives for a pastoral anthropology.

New paradigmatic developments open up undiscovered horizons of understanding the relationship between science and religion. It’s is claimed that the mind-body dualism is outdated and that the roots of human corporeality are to be rediscovered. In travelling along this road, meaning is found in a contextual interdisciplinary description with a systemic emphasis. Possible indicators, regarding epistemology and methodology, are formulated in order to map this expedition. The meaning that an emphasis on the biological holds for a pastoral anthropology is discovered. By taking cognisance of this, pastoral therapists, amongst others, can play an indispensable role in a new way of doing science and therapy, but also take the lead in acting ethically in the task of caring for the embodied soul.

1. ’N OORVLEUELING VAN RUIMTE(S)

“… the basic idea is that of overlapping areas of discourse with shared epistemic strategies” (Stone 2006:1145).

’n Kruispad veronderstel dat twee paaie mekaar sny (Odendal 1994:589). Waar dié kruising voorkom kan die reisiger óf besluit om een van die paaie te neem na ’n volgende bestemming óf, en dit word deur die navorsing gesuggereer, kan betekenis gevind word in die nuwe domein van paaie wat oorvleuel. ’n Kruising van paaie veronderstel inderdaad ’n aktualiteit én dringendheid, synde die pad (paaie) waarmee vroeër gereis is nou ’n nuwe domein betree wat vir ’n koersaanpassing vra. In die navorsing word die aktualiteit geabsorbeer deur kennis te neem van nuwe ontwikkelinge in die verhouding tussen teologie en die wetenskap en die betekenis daarvan vir die beskrywing van ’n prakties teologiese antropologie met pastorale implikasies. Dié aktualiteit en belangrikheid van nuwe navorsing ten opsigte van die verhouding tussen teologie en wetenskap is die afgelope tyd onder meer in Suid-Afrika beklemtoon met die 2007 toekenning van die Andrew Murray-Desmond Tutu-prys vir onderskeidelik die boek “Alone in the world?” van Wentzel J. van Huyssteen en die artikel van Cornel W. du Toit “Secular Spirituality versus Secular

Dualism: Towards postsecular holism as model for a natural theology” (Kerkbode 2007:3).

Dit is belangrik om aanvanklik twee van die navorsingspaaie wat in die artikel beskryf word, oorsigtelik aan te dui. Dit is ’n gegewe dat pastorale sorg die mens veronderstel en dat die antropologiese perspektiewe vanuit die teologie, filosofie en menswetenskappe nie net die pastorale ontmoeting bepaal nie, maar ook die terapeutiese uitkoms (Lester 1995:4; Louw 1999:17; Ganzevoort 2007:37). Tog wil dit blyk dat “Unfortuantely, very few works in pastoral theology pay special attention to anthroplogy. A specific anthropology is often implied, but without giving an explicit description or an exposition on how this anthroplogy influences counselling and therapy” (Louw 1999:17). ’n Eerste navorsingspad word dus in die opmerking gevind dat alhoewel ’n bepaalde teologiese antropologie vir die pastoraat veronderstel word, daar dikwels min of weinig van dié antropologie en die implikasie daarvan vir die pastoraat beskryf word.

Die tweede roete wat betree word, is aanvanklik met die Carteniaanse kompaslesing gekaart met die dualistiese skeiding tussen liggaam en gees (Lakoff & Johnson 1999:554; Ganzevoort & Veerman 2000:90; Murphy 2006:2; Du Toit 2006:1257). Dat dié lesing in baie gevalle nog onderliggend en bepalend is van ’n bepaalde pastorale antropologie is duidelik in die volgende aanhaling van Immink (2003:32) sigbaar as hy skryf dat:

Het menselijke bestaan heeft dus een geestelijke zijde. Dat innerlijke leven is een eigensoortige dimensie naast het lichamelijke of fysische bestaan. Daarmee hoeven we nog niet in een tweewerelden opvattingen terecht te komen. Het gaat om twee facetten van de menslijke persoon, een geestelijke en een lichamelijke bestaanswijze, die voortdurend interfereren.

In voortsetting van dié dualistiese verdeling, stel ander ’n verdere driedeling voor tussen liggaam, siel en gees, terwyl sommiges ’n idealistiese mening toegedaan is van nét ’n geestelike bestaan (Murphy 2006:2-3). Alhoewel dit só mag wees dat onlangse teologiese beklemtoninge meer aandag aan die belang en betekenis van besonder die liggaam skenk, is dit egter meermale “... focused on using the body as a foil for the progress of the soul” (Murphy 2006:35).

In die navorsing wat volg, word daar, op grond van nuwe bekroonde navorsing in die teologie, soos reeds aangedui, moontlike nuwe lengte- en breedtegraad peilings vir ’n voorgestelde pastorale “beliggaamde-siel”-antropologie gekaart. Met dié koördinate word verskillende paaie bewandel en ontdek, koersaanpassings beskryf en die betekenis van die ontdekking van nuwe verstaanshorisonne verdiskonteer.

2. ’N VERENGENDE RUIMTE?

“The soul has also long been the focus of spiritual direction and pastoral counseling. There is much room for development of more holistic approaches to all of these issues” (Murphy 2002:x).

Aanvanklik is die gesprek tussen die teologie en die wetenskap in ’n modernistiese keurslyf ingeforseer waar die objektiewe waarheid van die wetenskap teenoor die subjektiewe verstaan van die teologie gestel is (Van Huyssteen 1998:2). In reaksie hierop bied die ruimte van Postmoderniteit (Van den Berg 2006:166) ’n belangrike uitsig as “... a radically different way of looking at the world of modernity, a mood that has also slowly and pervasively filtered into the way we think, and especially now into the way we do theology and science too” (Van Huyssteen 1998:5). Dié verstaan bied aan my ’n reisperspektief in ’n pastoraal teologiese landskap wat nie relativisme koersloos koester nie, maar eerder lei tot ’n verstaan dat ’n teoloog nie beskik oor “… truth in a definitive, uncontestable way, but that one’s theology is worthy of being contested” (Stiver 2003:184-185) en dat “In a postfoundationalist Christian theology the focus will always, and first of all, be on a relentless criticism of our uncritically held assumptions” (Van Huyssteen 1998:164). Deur só navraag te doen oor die wyse waarop die algemeen aanvaarde geldig verklaar of verwerp word en deur sensitief te wees vir die “... power-conviction in any absolute truths ...” (Terre Blanche 1997:155), word legitimering geproblematiseer (Van Aarde 2004:519).

Dit is vanuit dié uitsig dat die biologiese oorsprong van menslike rasionaliteit en die “... critical biological underpinnings to all social actions” (Kandel 1998:460) onder meer erken kan word en daarin verdere nuwe verstaanshorisonne ontdek kan word.

In die erkenning hiervan, is die vraag inderdaad waarom die perspektiewe dan juis belangrik is vir die pastoraat op die reis na die moontlike ontdekking van nuwe antropologiese aksente. Een moontlike perspektief op hierdié vraag is dat “… our views on what it means to be a human being are important not only for medicine, but for alle scientific and professional disciplines, in fact for the whole functioning of society” (Kriel 2002:136).

’n Tweede perspektief in antwoord op die aanvanklik vraag word gevind in die feit dat daar sedert die laat negentigerjare van die vorige eeu ’n dramatiese ontwikkeling plaasgevind het op die gebied van veral die neuro- en kognitiewe wetenskap en die verdiskontering van die betekenis daarvan vir die menslike bestaan (Buitendag 2004:67).

Tereg skryf Du Toit (2002:2) daarom dat “... neuroscientific models for religious experience abound and challenge theologians to respond”. Na my mening is dit onder andere die taak van Praktiese Teologie om te reflekteer op bogenoemde gegewens en dit verantwoordbaar tot teorievorming vir betekenis tot die praktyk te beskryf, besonder in perspektiewe vir ’n pastorale antropologie. Juis deur van die wetenskap se resultate kennis te neem, kan teologie, en in besonder die praktiese teologie en pastoraat, se eie bydrae verryk word in onder meer die beskrywing van ’n pastorale antropologie. In die navorsing wat in die artikel gereflekteer word, word dan inderdaad ’n besondere klem geplaas op die feit dat nie net teologiese refleksie maar ook die formulering van ’n pastorale antropologie “… is radically shaped not only by its social, historical and cultural context, but also by the biology roots of human rationality” (Van Huyssteen 1998:xiii).

3. DIE VERKENNING VAN NUWE RUIMTES

“Rather than talk about ‘theology and science’ in a generic, abstract sense, we should focus on the merits of a concrete interdisciplinary problem in terms of specific sciences and specific theological writers and issues” (Stone 2006:1146).

Ten einde ondersoek in te stel na die betekenis van nuwe ontwikkelinge in die teologie en die wetenskap vir ’n pastorale antropologie, is dit eerstens nodig vir die beskrywing van my eie plasing in die Praktiese Teologie en andersyds vir die beskrywing van ’n werkswyse wat kan lei tot die verdiskontering van sulke perspektiewe.

In die navorsing sluit ek aan by ’n “a postfoundational-prakties teologiese”-lesing soos beskryf deur Müller (2005:72-88), in navolging van die werk van Wentzel J van Huyssteen (1998; 1999; 2006) en Calvin O Schrag (1992; 1997). In a “postfoundational” - prakties teologiese lesing word daar onder meer wegbeweeg van óf ’n rigiede “foundationalist”-posisie óf ’n relatiewe “anti- foundationalist”-posisie na ’n “post-foundationalist”-posisie met onder meer die klem op “... plausible forms of interdisciplinary dialogue” (Demasure & Müller 2006:418) met as één van die winspunte, die respektering van die noodsaaklike verhouding tussen die wetenskap en teologie.

Die uitdaging vir die navorsing is dus om enersyds te besin oor die verantwoordbaarheid van die tradisionele pastoraal antropologiese beskrywing en andersyds die verdiskontering van nuwe wetenskaplike aksente in die formulering van ’n pastorale antropologie. Uiteraard sal dit lei tot die nadenke oor die werkswyse waarbinne sulke aksente tot reg sal kom.

Wat betref ’n moontlike metodologie vir só ’n studie bied sogenaamde “Transversal rationality” soos onder meer beskryf deur Schrag (1997:134) en Van Huyssteen (1999:135-136), as epistemologies avontuur, inderdaad moontlikhede vir die Praktiese Teologie en in besonder vir die ontwikkeling van perspektiewe vir ’n pastorale antropologie. Stone (2006:1146) verduidelik die betekenis van “Transveral Rationality” soos volg:

Transversality is a mathematical metaphor. A transverse line cuts across two or more geometric figures. It is to be thought of as between the universality of an infinite line and the specific location of a line segment. The metaphor refers to a specific conversation between disciplines, in between universal rationality and incommensurability. It is a reaction against both methodological imperialism and isolated language games and does this by resting on overlapping concerns.

In die eerste beweging van “Transversal rationality”, naamlik “Evaluative critique” word die vertoning van “... critical discernment ...” beklemtoon en word die aktiwiteit van “... separating, sorting out, distinguishing, contrasting, weighing, and assessing of our different options” (Van Huyssteen 1999:137) gevolg. ’n Aksent hiervan word reeds in die artikel gevind as onder meer uitgewys is dat ’n pastorale antropologie enersyds nie goed ontwikkel is nie en andersyds dat daar nog in grote mate in die hantering van ’n pastorale antropologie onder meer ’n eensydige klem is op die dualisme tussen liggaam en gees.

In ’n tweede beweging van “Transversal rationality” word “Engaged articulation” beklemtoon waarin rasionaliteit direk met die aanhoor van verskillende diskoerse verbind word, “... rendering an account, giving the best possible reasons and with articulating sense of meaning” (Van Huyssteen 1999:137). Die ontwikkeling van betekenis word sigbaar in ’n volgende moment van die artikel as in besonder aandag gegee word aan ’n moontlike nuwe aksent en betekenis vir ’n “beliggaamde siel”-antropologie vir die pastoraat.

Die derde beweging van ’n “Transversal rationality” word gevind in die moment van “... (incursive) disclosure ...” en wat verduidelik kan word as “... a postulate of reference, a claim for reality that brings us out of the ‘closure’ of the isolated subject” (Van Huyssteen 1999:138). Die navorsing wat in die artikel gereflekteer word poog dan inderdaad om in die besinning oor ’n pastorale antropologie nuwe ruimtes van gesprek te betree.

Dié epistemologiese en ook metodologiese aksent van “Transversal rationality” soos hierbo beskryf, word beliggaam in ’n voortgaande proses waarin ’n beweging van aksie en reflektering op aksie plaasvind (Foskett & Lyall 1988:8; Ward 2005:3) ten einde ’n “... thick description ... when various perspectives are entertained ...” (Demasure & Müller 2006:418) te fasiliteer. Dié beweging tussen praktyk-teorie-praktyk as illustrasie van dié proses is nie vreemd aan onder meer aksente in die hermeneutiese ontwikkeling in die Praktiese Teologie nie (Browning 1991:34; Gerkin 1986:54; Müller 1996:4-5; Viau 1999:86-89). Voeg dit saam met die gegewe dat “Transversal/postfoundationalist rationality” “... thus enables us to shuttle in the space between modernity and postmodernity: the space of interpreted experience and communicative praxis which enables praxial critique, articulation, and disclosure” (Van Huyssteen 1999:139) en die navorser vind ’n ruimte en weg tot nuwe horisonne.

4. ’N RUIMTE-UITSIG(TE)

“Only a theology that takes contemporary science completely seriously will have the ability to develop this kind of complementary view between theology and science. It is here that the elusive duet between science and religion finally becomes a reality in the interdisciplinary space created by a postfoundationalist evolutionary epistemology” (Van Huyssteen 1998:160-161).

Dit is reeds vroeër in die artikel gestel dat die navorsing die beskrywing van verskillende paaie ten doel het. In die beskrywing hiervan is daar in besonder aandag vir die aktualiteit en dringendheid van die kruising van dié onderskeie paaie ten einde die moontlikhede wat in die kruisingsdomein geskep word te verken en te verreken. Dit is juis in die ontdekking van ’n nuwe ruimte(s)/domein(e) van betekenis dat nuwe aksente vir die beskrywing van ’n pastorale antropologie gevind word.

Nie alleen is alreeds aangetoon dat die pastorale teologie nie genoegsaam oor ’n pastorale antropologie reflekteer nie, maar tradisionele teologiese antropologieë, het aanvanklik min of geen erkenning toegeken aan die betekenis van die liggaamlike en ’n dualistiese skeiding tussen liggaam en siel is onder meer algemeen gehandhaaf. In die beantwoording van die vraag oor “wie en wat die mens is” deur die teologie en ander wetenskappe, het nuwe perspektiewe egter mettertyd dié vorige reisposisie uitgedaag en selfs vervang (Kelsey 2006:55). In ’n nuwe posisie- beskrywing word onder meer ontdek dat

A casual survey of the literature of theology and biblical studies throughout this century, then, shows an gradual replacement of a dualistic account of the person, along with the view of the afterlife based on the doctrine of the immortality of the soul, first by a recognition of the holistic character of biblical conceptions of the person, often while still presupposing temporarily separable ‘parts’, and then by a holistic but also physicalist account of the person (Murphy 2002:vii).

In die erkenning daarvan dat resente navorsing (Murphy 2006; Van Huyssteen 2006; Du Toit2006) die belang en betekenis van liggaamlikheid aksentueer, is dit belangrik om in die beskrywing van die betekenis daarvan vir ’n pastorale antropologie, ’n posisie in te neem van “... conceptually hospitable to anthropological claims warrented well by those sciences ...” (Kelsey 2006:44). In die tweede beweging van “Transversal Rationality”, naamlik “Engaged articulation” word diskoerse beklemtoon wat rasionaliteit en betekenis artikuleer (Van Huyssteen 1999:137) en wat uitdrukking gee aan ’n gasvrye navorsingsbenadering.

Tereg kan dan saam met onder meer Du Toit (2006:1257) gestem word dat perspektiewe wat dan op tafel gelê word en vra om verreken te word die volgende is: dat taal en rasionaliteit vanuit die liggaamlike ontwikkel (Lakoff & Johnson 1999); dat spiritualiteit fisieke breinfunksionering veronderstel (Newberg & D’Aquili & Rause 2002); dat die menslike fenotipe geneties gekodeer is vir die goddelike (Hammer 2004) en dat die siel nie onafhanklik bestaan van die liggaam nie (Murphy 2006).

Betree die gesprek oor ’n pastorale antropologie dié ruimte waar roetes vanuit verskillende dissiplines ontmoet, kan dan nie anders as om kennis te neem van die klem op ’n nuwe kartering van ’n teologiese antropologie waarin die mens as “ … ’n beliggaamde siel en ’n besielde liggaam” (Louw 2005:16) verstaan word. In die skep van dié ruimte, waarin geleentheid gebied word vir perspektiewe vanuit die wetenskap, ten einde die teologiese antropologiese verstaan te verruim plaas Murphy (2006:ix) die volgende aksent:

... we are our bodies - there is no additional metaphysical element such as mind or soul or spirit. But secondly, this ‘physicalist’ position need not deny that we are intelligent, moral, and spiritual. We are, at our best, complex physical organisms, imbued with the legacy of thousand of years of culture, and most importantly, blown by the Breath of God’s Spirit; we are Spirited bodies.

Uiteraard het dit verreikende implikasie vir die tradisionele tweedeling tussen liggaam en siel en die implikasie daarvan nie net vir ’n pastorale antropologie nie, maar ook vir ’n pastorale teologie.

Binne die metodologie van “Transversal Rationality” is dit dan juis ook die uitdaging dat as praktiese teoloë “… we should be able to enter this pluralist, cross-disciplinary conversation with our personal religious convictions intact and at the same time be theoretically empowered to step beyond the limitations and boundaries of our own religious and disciplinary contexts” (Van Huyssteen 1998:164-165).

Ten einde die betekenis van die nuwe ruimtelike uitsigte te verdiskonteer vir die pastorale antropologie word die volgende koördinate gebied.

5. KOÖRDINATE VIR ’N NUWE VERSTAANSRUIMTE

“The challenge for pastoral theologians lies in recognizing distinct differences between the assumptions and presuppositions upon which different disciplines are based, respecting these while seeking a coherent and constructive dialogue between them ...” (Lartey 2006:40).

Die uitdaging in die formulering van bepaalde koördinate ten einde die betekenis van die liggaamlik aksent vir die pastorale teorievorming te beskryf, is dat in ’n derde beweging van “Transversal Rationality” die moment van “... (incursive) disclosure ...” belangrik is as “... a postulate of reference, a claim for reality that brings us out of the ‘closure’ of the isolated subject” (Van Huyssteen 1999:138).

Bewus daarvan dat “… die mens nie verklaar kan word nie …” (Louw 1999:156) en dat “… science gives us an incomplete account of human life …” (Murphy 2006:120), word geïmpliseer dat “… ’n antropologie wesenlik ’n hermeneutiese probleem is” (Louw 1999:157).

In die artikel is reeds tot dusver aangetoon dat ’n liggaamlike aksent in ’n moontlike alternatiewe beskrywing van ’n pastorale antropologie belangrik is aangesien … to exist as a human being is to be a body-in-the world. In fact, the human body is the vehicle for being in the world, and having a body is to be interactively involved with a definite environment, and we are conscious of the world only through the medium of our body. More specifically, the body is our general medium for having a world, and as embodied conscious the human body is a focal point of living meanings …” (Van Huyssteen 2006:276).

Oor die verdiskontering van dié liggaamlike aksent vir die pastorale teologie en antropologie word die volgende reiskoördinate gekaart:

5.1 ’n “Beliggaamde siel”-antropologie vra om ’n bepaalde Godsbeskouing

“A theology of the body’s grace … depends heavily on believing in a certain sort of God - the Trinitarian Creator and Savior of the world – and it draws in a great many themes in the Christian understanding of humanity ...” (Williams 2002:320).

’n Wederkerige invloed tot beskrywing van Godskonsepte en ’n antropologiese beskrywing moet verdiskonteer word (Webster 2003:219) in die ontwikkeling van die wetenskap (Soskice 2001:75). Oor die wederkerige invloed in die formulering van moontlike alternatiewe lesings sê Du Toit (2006:1259) daarom dat “God concepts change as the notion of humans as images of God changes ... God’s image as described in divine revelation is expounded by science in the terminology of genetic mapping, cognitive science and socio-biology.”

Dit is dan duidelik dat indien die aanvanklike lesing van die tradisionele tweedeling tussen liggaam en gees gevolg word, die betekenis gevestig word dat “... we are essentially disembodied Souls not of this world...focused on transcending all the things of the world ...” (Lakoff & Johnson 1999:564). Die gevaar in só ’n verstaan is dat ons verhouding met God en die wêreld in totaliteit verskraal word en om ’n verskeidenheid van redes teologies problematies gekaart word.

Indien die perspektiewe wat tot dusver in die navorsing ernstig geneem word, word “...an abstract imago Dei ...” (Stone 2006:1147) vermy en word tot die ontdekking gekom dat ... the image of God is not found in some intellectual or spiritual capacity, but in the whole embodied human being, ‘body and soul’. In fact, the image of God is not found in humans, but is the human, and for this reason imago Dei can be read only as imitatio Dei: to be created in God’s image means we should act like God, and so attain holiness by caring for others and for the world (Van Huyssteen 2006:320).

5.2 ’n “Beliggaamde siel”-antropologie vra om ’n nuwe identiteit

“... all of the personal characteristics as we know them in this life are supported by bodily characteristics and capacities ...” (Murphy 2006:141).

Anders as in ’n dogmatologiese antropologie, gaan dit in ’n pastorale antropologie om ’n verstaan van die mens in terme van sy/haar herstel (terapie) asook oor die begeleiding in terme van sy/haar soeke na lewensin” (Louw 1999:156). Verdiskonteer vir die pastoraat sal die perspektiewe oor ’n “beliggaamde-siel” onder meer beklemtoon dat my identiteit in terme van my liggaam verstaan sal word as ’n sogenaamde “bodily identity” (Murphy 2006:141) met “… een positieve waardering of beleving van het lichaam” (Ganzevoort & Veerman 2000:90).

Die betekenis hiervan in die moontlike beskrywing van ’n pastorale antropologie is dan juis dat die liggaamlike “... confronts us with the realities of vulnerability and affliction … exactly this vulnerability is deeply embedded in our bodily existence” (Van Huyssteen 2006:320).

Juis hiérom is en sal aksente van die sogenaamde eskatologiese teoloë vir die pastoraat (Lester 1995:23), maar ook in die besonder vir die beskrywing van ’n moontlike “beliggaamde-siel”- pastorale antropologie belangrik wees. Dit bied onder meer die moontlikheid om te besin oor ’n tema soos die van die opstanding en hoe dit verder met pastorale betekenis gevul kan word as “... not re-clothing of a naked’ soul with a (new) body, but rather restoring the whole person to life – a new transformed kind of life” (Murphy 2006:23).

Behalwe dié aksent sou daar ook in ’n pastorale “beliggaamde-siel”-antropologie besondere klem kon wees op die mens as verhoudingswese aangesien “… our bodies constitute the very possibility of engagement with one another in this world or any other” (Murphy 2006:140). Dit word inderdaad ondersteun as ons aanvaar dat wat die tradisionele betekenis van “siel” is “... die kwaliteit van posisies en houdinge wat mense inneem binne die dinamiese netwerk van verhoudinge” (Louw 2005:18) veronderstel word. Ter illustrasie van hoe dié betekenis gepas kan word in ’n “beliggaamde-siel”-antropologie kan onder meer kennis geneem word van navorsing oor byvoorbeeld Emosionele Intelligensie (Goleman 2004) en Sosiale Intelligensie (Goleman 2006) waarin erkenning verleen word aan die neurologiese onderbou van menslike gedrag. Dié aksente wat die biologies-neurologiese verreken behoort daarom deel te wees van ’n omvattende beskrywing van ’n pastorale antropologie vir gebruik in onder meer die pastorale terapie.

Dié reiskoördinate verteenwoordig merkers vir onder meer etiese besinning waarvan die betekenis in verdere navorsing vir onder meer die pastoraat deurdink behoort te word. Vooruitskouend vir die formulering van só ’n betekenis sou die woorde van Lakoff & Johnson (1999:566) rigtinggewend kon wees:

An embodied spirituality requires an aesthetic attitude to the world that is central to self- nurturance, to the nurturance of others, and to the nurturance of the world itself ... It requires pleasure, joy in the bodily connection with earth and air, sea and sky, plants and animals-and the recognition that they are all more than human, more than any human could ever achieve. Embodied spirituality is more than spiritual experience. It is an ethical relationship to the physical world

6. SLOT

“... it is desirable that theological anthropologies be conceptually hospitable to anthropological claims warranted well by those sciences” (Kelsey 2006:44).

Ten einde reduksie te voorkom in die aksent op die liggaamlike in die beskrywing van ’n pastorale antropologie, soos waarvan die werk van die sogenaamde “neuro-teologieë” (Newberg & D’Aquili & Rause 2002) óf die “gene-teologie” van Hammer (2004) gevaar loop om te doen, is ’n evolusionêre epistemologie (Van Huyssteen (2006:75) met die klem op kontekstualiteit belangrik. In dié navorsingsreis is die kontoere van só ’n moontlike epistemologie aangetoon en die reliëf van teologie as ’n konteks-sensitiewe dissipline waarvan die taak is om “... dan onder andere om van die natuurwetenskappe se resultate kennis te neem, dit te interpreteer en dan binne ’n bepaalde kulturele konteks te plaas (Buitendag 2004:65) is beskryf.

Die waarde van die navorsing is na my mening die (her)-ontdekking van “... the biological roots of human rationality and the shared epistemic resources and problem-solving abilities of our various research strategies ...” waarin die navorser, ook in die praktiese teologie vryheid ontvang om te ontsnap van “... being the fideistic prisoners of these research traditions …” (Van Huyssteen 1998:162). In die herwaardering van die biologiese aksent en die betekenis daarvan vir ’n moontlike verruimde pastorale antropologie, word “... a safe kind of epistemological space ...” betreë ten einde “... to step beyond the limitations and boundaries of our own religious and disciplinary contexts” (Van Huyssteen 1988:xviii).

Oor die betekenis van ’n “beliggaamde-siel”-antropologie vir die pastoraat sal uiteraard nog verder besin moet word. Wat egter seker is, is dat die ruimtelike aksente verwoord in dié navorsing inderdaad tot betekenis is in die verwoording en veral die beliggaming van praktiese teologiese perspektiewe vir ’n antropologie.

BIBLIOGRAFIE

Browning, D. 1991. A Fundamental Practical Theology. Minneapolis: Fortress Press.

Buitendag, J. 2004. “Genes ? us” – Of juis nie? Oor determinisme en voluntarisme by die mens met verwysing na homoseksualiteit. Hervomde Teologiese Studies. 60 (1-2):61-81.

Demasure, K & Müller, J. 2006. Perspectives in Support of the Narrative Turn in Pastoral Care. Ned Geref Teologiese Tydskrif. 47(3-4):410-419.

Du Toit, C.W. 2002. Brain, mind and soul: Unifying the human self. Pretoria: Unisa.

Du Toit, C.W. 2006. Secular spirituality versus secular dualism: Towards postsecular holism as model for a natural theology. Hervormde Teologiese Studies. 62(4):1251-1268.

Foskett, J. & Lyall, D. 1988. Helping the Helpers. Supervision and Pastoral Care. London: SPCK. Ganzevoort, R. R. & Veerman, A.L. 2000. Geschonden lichaam. Pastorale gids voor gemeenten die geconfronteerd worden met seksueel geweld. Zoetermeer: Boekencentrum.

Ganzevoort, R. & Visser, J. 2007. Zorg voor het verhaal. Achtergrond, methode en inhoud van pastorale begeleiding. Zoetermeer: Meinema.

Gerkin, C.V. 1986. Widening the Horizons: Pastoral Responses to a Fragmented Society. Philadelphia: Westminster Press.

Goleman, D. 2004. Emotional Intelligence & Working with Emotional Intelligence Omnibus. London: Bloomsbury.

Goleman, D. 2006. Social Intelligence. The New Science of Human Relationship. London: Random House.

Hamer, D. 2004. The God Gene. How Faith is hardwired into our Genes. New York: Anchor Books.

Immink, F.G. 2003. In God geloven. Een praktisch-theologische reconstructie. Zoetermeer: Meinema.

Kandel, E.C. 1998. A New Intellectual Framework for Psychiatry. American Journal of Psychiatry. 155(4):457-468.

Kelsey, D.H. 2006. Wisdom, Theological Anthropology and Modern Secular Interpretation of Humanity. In: God’s life in Trinity. Edited by Miroslav Wolf and Michale Welker. Minneapolis:Fortress Press. 44-60.

Kerkbode. 2007, 27 April. Ernst Conradie wen 27ste Andrew Murray-prys. Wellington: Lux Verbi BM. p.3.

Kriel, J.R. 2002. And the flesh became mind: Evolution, complexity and the unification of animal consciousness. In: Brain, mind and soul. Edited by Cornel W. du Toit. Pretoria: UNISA. 135-178.

Lakoff, G. & Johnson, M. 1999. Philosophy in the Flesh. The embodied mind and its challenge to Western thought. New York: Basic Books.

Lartey, E.Y. 2006. Pastoral Theology in an Intercultural World. Peterborough: Epworth.

Lester, A.D. 1995. Hope in Pastoral Care and Counselling. Louisville: Westminister John Knox Press.

Louw, D. 1999. A mature faith.Spiritual direction and Anthroplogy in a Theology of Pastoral Care and Counselling. Louvain Theological & Pastoral Monographs 25. Louvain: Peeters Press.

Louw, D. 2005. Ratwerke van die menslike Siel. Oor Volwasenheid en Lewensvaardighede. Stellenbosch: SUN Press.

Müller, J.C. 1996. Om tot verhaal te kom. Pastorale Gesinsterapie. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing.

Müller, J. 2005. A Postfoundationalist HIV-positive Practical Theology. Praktiese Teologie in Suid-Afrika. 20(2):72-88.

Murphy, N. 2002. Introduction. In: Neuroscience and the Person. Scientific Perspectives on Divine Action. Edited by Robert John Russel & Nancey Murphy & Theo C. Meyering & Michael A. Arbib. Berkeley: Center for Theology and the Natural Sciences. i-xxxv.

Murphy, N. 2006. Bodies and Souls, or Spirited Bodies? Cambridge: Cambridge University Press.

Newberg, A., D’Aquil, E. & Rause, V. 2001. Why God Won’t Go Away. Brain Science & the Biology of Belief. New York: Ballantine Books.

Odendaal, F.F. 1994. HAT.Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Midrand: Perskor.

Patton, J. 2000. Introduction to Modern Pastoral Theology in the United States. In: The Blackwell Reader in Pastoral and Practical Theology. Oxford: Blackwell Publishing. 49-58.

Schrag, C.O. 1992. The Resources of Rationality. A Response to the Postmodern Challenge. Indianapolis: Indiana University Press.

Schrag, C.O. 1997. The Self after Postmodernity. New Haven: Yale University Press.

Soskice, J.M. 2001. The ends of Man and the future of God. In: The Blackwell Companion to Postmodern Theology. Oxford: Blackwell Publishers.

Stone, J.A. 2006. Bookreview: Alone in the world?:Human uniqueness in science and theology by Wentzel J van Huyssteen. HTS Theological Studies. 62(3):1145-1149.

Stiver, D.R. 2003. Theological method. In The Cambridge Companion to Postmodern Theology. Edited by Kevin J Vanhoozer.170-185.

Terre Blanche, M. 1997. The knowledge that one seeks to disinter’: psychiatry and the discourse of discourse analysis. In: Culture, Power & Difference. Edited by Ann Levett; Amanda Kottler; Erica Burman & Ian Parker. Cape Town: University of Cape Town Press.139-158.

Van Aarde, A. 2004. Skrifbeskouing in die lig van postmoderniteit. Hervormde Teologiese Studies. 60(1-2):503-532.

Van den Berg, J.A. 2006. ’n Verandering in Tongval...? ’n Verwoord- (-beeld)ing van Pastoraal-Teologiese Perspektiewe. Praktiese Teologie in Suid-Afrika. 21(2):164-181.

Van Huyssteen, J.W. 1998. Duet or Duel. Theology and Science in a Postmodern World. Pennsylvania: Trinity Press International.

Van Huyssteen, J. 1999. The Shaping of Rationality. Toward Interdisciplinary in Theology and Science. Grand Rapids: WM B Eerdmans Publishing Co.

Van Huyssteen, J.W. 2006. Alone in the world? Human Uniqueness in Science and Theology. The Gifford Lectures. Grand Rapids: Wm. B. Eerdmans Publishing Co.

Viau, M. 1999. Practical Theology. A New Approach. Leiden: Brill.

Ward, F. 2005. Lifelong Learning. Theological Education and Supervision. London: SCM Press.

Webster, J. 2003. The Human Person. In: The Cambridge Companion to Postmodern Theology. Edited by Kevin J. Vanhoozer. Cambridge: Cambridge University Press. 219-234.

Williams, R.D. 2002. The Body’s Grace. In: Theology and Sexuality. Classics and Contemporary Readings. Blackwell Readings in Modern Theology. Edited by Eugene F. Rogers, Jr. Oxford: Blackwell Publishers. 309-321.

TREFWOORDE

Antropologie, Liggaam, Siel, Epistemologie, Pastoraat

KEY WORDS

Anthropology, Body, Soul, Epistemology, Pastoral Care

KONTAKBESONDERHEDE

Dr J-A van den Berg

Departement Praktiese teologie

Fakulteit teologie

Universiteit van die Vrystaat

Posbus 339

BLOEMFONTEIN

9300

TEL: Kantoor; (051) 401 9066

SEL: 083 297 2619

E-pos:vdbergja.hum@mail.uovs.ac.za

1 Dr Jan-Albert van den Berg, Senior Lektor, Departement Praktiese Teologie, Universiteit van die Vrystaat. E-pos: vdbergja.hum@mail.ufs.ac.za

2 Die artikel is aangebied as ’n werkseminaar tydens die 8ste Wêreldkongres van die International Council on Pastoral Care and Counselling met as tema “Treasure in Earthen Vessels-Care of Souls facing Fragility and Drestruction-Individual and Systemic Perspectives”, Krzyzowa, Pole, 7-14 Augustus, 2006.