R M Britz
Universiteit van die Vrystaat

Twee standpunte oor die Skrif … en ’n dilemma vir die NG Kerk

ABSTRACT

Two views on Scripture … and a dilemma for the Dutch Reformed Church

Two views on Scripture. In one church. This represents a confessional and theological dilemma that reaches into the heart of the church’s existence. This is what this article is all about. In focussing on the theological thinking within the Dutch Reformed Church since 1950, the article identifies and contrasts two opposing notions (“traditional” and “modern”) on Scripture. In this regard different paths are pursued. This divergence constitutes a theological dilemma as the opposing views on Scripture also imply different confessional persuasions. The “modern” view on Scripture (man’s words on and experiences of God) in fact assumes a paradigm shift with respect to the classical doctrinal position. The true unity in the Dutch Reformed Church is therefore threatened at a time when the unification of the Family of Dutch Reformed Churches obtains the highest priority.

Weliswaar spreek die Woord van God ons toe in menslike taal, dit wil sê ’n openbaringsmiddel wat die korrelaat van ons bevatlikheid is; maar deur die theopneustiewonder is hierdie openbaring waar en staan dit ook in die teken van wat die reformatore genoem het perspicuitas, duidelikheid. Die Skrifwoord is meer as teken, dit is openbaringsmiddel waardeur God die geloof werk.

F J M Potgieter 1954.1

Sommige sal sê dat dit in die Bybel self staan dat dit “deur God ingegee is” en dat dit daarom ’n ander karakter het … Al wat so ’n beskouing blootlê, is die feit dat dié wat só ’n standpunt handhaaf reeds met vooropgestelde idees na die Bybel gaan; met sekere vooroordele wat nie verreken word in die interpretasieproses nie en wat daardeur die Bybelse geskrifte “onkontekstualiseer” … So ’n benadering is onwetenskaplik en ontdaan van enige integriteit … Die grondprobleem met so ’n standpunt is dat ’n mens jou nie op iets self kan beroep om hierdie iets te verifieer (reg te bewys) nie (x kan nie gebruik word om x te bewys nie) … Hier is nie ’n “objektiewe arbiter” wat die saak kan besleg nie.

Ben du Toit 2000.2

Twéé standpunte oor die Bybel. In een kerk. En in hierdie uiteenloop kondig ’n diepgrypende teologiese en konfessionele dilemma hom aan. Dit is waaroor hierdie artikel gaan. In die teologiese nadenke van die NG Kerk oor die Bybel gedurende die afgelope 50 jaar, is die siening soos dit uitgedruk word in die aanhaling van F J M Potgieter hier bo, aanvaar en gehandhaaf as ’n grondige uitgangspunt. Die mening wat in Ben du Toit ’n verteenwoordiger vind, het teen die einde van die eeu bygekom en aanhang verwerf. In die gevolglike debat oor hierdie ommekeer in die Skrifbeskouing het kerklike en teologiese spanning opgelaai. In hierdie artikel word dié ommekeer aan die orde gestel, om daarmee aan te toon dat die NG Kerk hierin gekonfronteer word met ’n saak wat aan die kern van sy bestaan lê: die inhoud van die geloof.

1. DESTYDS, IN DIE VYFTIGERJARE

Destyds, toe die jong dr Pieter Verhoef op 4 Desember 1950 by sy intrede as professor aan die Kweekskool op Stellenbosch “iets oor die teks van die Ou Testament”3 wou sê, het hy beklemtoon dat daar in resente tye “nuwe insig in en waardering van die openbaringskarakter van die Ou Testament” gekom het.4 Daarmee is die Ou Testament uit die greep van die Wellhauseniaanse naturalistiese (en rekonstruktiewe) uitgangspunt “met ’n konsekwente loëning van ’n besondere bonatuurlike openbaring en ’n ingrypende devaluering van die betekenis en waarde van die Ou Testament” losgemaak.5 Die nuwe dosent kon dus in die gees van hierdie nuwe waardering die manier waarop hy sy dissipline sou beoefen, konfessioneel en vakkundig aan die orde stel. Dit doen hy deur aansluiting te vind by die oortuiging van Kuyper dat die Here wel toegelaat het dat die oorspronklike geskrifte van sy openbaringsorgane verlore gegaan het, maar dat ons nie mag vergeet nie dat die Heilige Skrif ook wat sy teks betref, voorwerp van die providentia specialisma gebly het.6 Dit leer die geskiedenis van die Hebreeuse teks self ook. “Die Here het alle dinge so beskik dat die kennis en die sekerheid van die waarheid vir die kerk van Christus ongeskonde gebly het.”7

Die eksegeet, merk nog ’n jong NG teoloog en Nuwe-Testamentikus, J L de Villiers,8 op, staan voor die tweesprong: Hy aanvaar die Woord van God as geïnspireer deur die Gees van God en dat dit daarom absolute gesag het, óf hy aanvaar dat dit ’n gewone boek is wat volgens gewone hermeneutiese reëls, geldig vir alle boeke, uitgelê moet word.9 Eersgenoemde is die “vooroordeel” waarvan die gereformeerde eksegese uitgaan. Vir die eksegese, merk hy op, het hierdie uitgangspunt bepaalde konsekwensies. Die Skrif is die Woord van God omdat die Skrif dit self sê. Hy moet om sy eie ontwil geglo word. Die grond vir sy geloofwaardigheid lê in homself. Die Skrif gee dus eie reëls aan vir sy uitleg: scriptura sui ipsius interpretes. Die eksegeet aanvaar gevolglik dat die Bybel die Woord van God is op getuienis van die Skrif self en hy doen dit in die geloof. Hy aanvaar ook die diepere sin van die Skrif, die wesenlike inhoud wat die Gees gelê het in die woorde voor ons. Laastens vorm die Ou en Nuwe Testament as ’n eenheid die Woord van God.10

Naas die standpunte van Verhoef en De Villiers, lewer die kritiek van F J M Potgieter11 op “Die Skrifbeskouing van Barth” ook waardevolle insig oor hóé die Skrif gedurende die vyftigerjare in die NG Kerk gesien is.12 Potgieter kan nie, soos Barth, aanvaar dat die Bybel ménsewoorde – vol foute en feile – is en as sodanig regmatige objek van kritiek moet wees nie. “Weliswaar spreek die Woord van God ons toe in menslike taal, dit wil sê ’n openbaringsmiddel wat die korrelaat van ons bevatlikheid is; maar,” so verantwoord hy homself, “deur die theopneustiewonder is hierdie openbaring wáár en staan dit ook in die teken van wat die reformatore genoem het die perspicuitas, duidelikheid. Die Skrifwoord is meer as teken, dit is openbaringsmiddel waardeur God die geloof werk.”13 Hy gee toe dat ’n méns hierdie boek kan hanteer, maar daarmee beskik hy nie oor die majesteit van die openbaringsinhoud nie.14 Die stelling van Barth dat die Skrif terselfdertyd Woord van Gód en ménsewoord is, is onhoudbaar. Volgens die selfgetuienis van die Skrif, skryf Potgieter, bly dit slegs Góds woord. Die inkleding daarvan in menslike taal maak dit tog nie ménsewoorde nie. In die Bybel “kom ’n nuwe wondergeheel tot stand, die lewende en kragtige geskrewe woord”.15 “Die Skrif bly die Woord van God … al is dit ter wille van ons in menslike taalvorm gestel, net soos Christus God gebly het, al het Hy as Middelaar ter wille van ons die menslike natuur aangeneem,”16 verduidelik hy. Hierin lê die wonder – die Woord kom tot ons in verswakte menslike taal, maar sonder feile. Net soos Christus ’n verswakte menslike natuur aangeneem het, maar onsondig gebly het.17 Die teboekstelling van die Skrif is deur die soewereine genade van God onder beademing van die Heilige Gees sonder feile daargestel. Die Skrif is self objek van die theopneustie en word daarom nooit stagnant nie. In aansluiting by Calvyn onderstreep Potgieter dat die Skrif sy eie krag het en dit word in ons harte deur die Heilige Gees beseël.18 Uiteindelik is sy gevolgtrekking dat wanneer die Skrif as openbaring aangetas en gerelativeer word, alle grense dan ook verdoesel en die antitese tussen vrysinnig en behoudend oorboord gegooi is.19

Die benadering van bogenoemde twee biblioloë en dogmatikus is ’n goeie aanduiding van die manier waarop destyds oor die Bybel as gesagvolle Woord van God in die NG Kerk gedink is. Dit word immers deur talle ander artikels,20 standpunte in Die Kerkbode21 en vakliteratuur22 gerugsteun. Toe Die Gereformeerde Vaandel in Desember 1959 sy nuwe NGTT baadjie aantrek, was die redaksie byvoorbeeld gewoon oortuig dat die enigste toetssteen wat by die keuring van bydraes aangelê sal word die Skrifopenbaring is soos deur die NG Kerk in ooreenstemming met en in die verlengde van die Drie Formuliere van Enigheid verklaar en toegepas word.23 Moderne verklaringsmetodes waarin ’n “totale verménsliking van die Woord van God”24 op die spits gedryf word “om die heil vir die moderne mens aanvaarbaar te maak” het by die Kerk nie navolging gevind nie. Aan die realiteit van ’n bonatuurlike openbaring25 is vasgehou, sodat die oorheersende vraag steeds was: “Hoe moet die Bybel vir die hedendaagse mens vertolk word sodat die Woord van God ingang mag vind?”26 Dit is gevolglik duidelik dat die openbaringskarakter en oorsprong van die Skrif as Woord van Gód voorop gegaan het. Eintlik was dit die doelbewuste konfessionele voorveronderstelling waarmee die Skrif gelees en verstaan is. Hoewel daar opvallend min na die aanvaarde belydenisskrifte verwys word, by name na Artikels 5-7 van die Nederlandse Geloofsbelydenis, kom die oortuiging met betrekking tot die Skrifbeskouing, sy gesag en wat hy leer, saaklik daarmee ooreen. Daar was klaarheid in die gemoed. En, klaarblyklike eenstemmigheid.

2. ’n OMMEKEER, VYFTIG JAAR LATER …

Die tweede aanhaling boaan die artikel is van Ben du Toit, eweneens ’n NG teoloog. Dit staan in teenspraak met die eerste sitaat en huisves gevolglik ’n ander oortuiging met betrekking tot die Skrif en sy gesag. Dit verteenwoordig ’n ommekeer wat ondertussen op hierdie punt in die teologiese denke van die NG Kerk ingetree, of liewer, bygekom het. Du Toit, wat sy boek God? Geloof in ’n postmoderne tyd noem, neem immers nie geïsoleer en insidenteel stelling in nie, maar vertolk ’n oortuiging wat breër lê. Aanduiding hiervan is die feit dat die manuskrip deur ’n bekende uitgewer, wat in die vyftigerjare deur die NG Kerk begin is en steeds onder sy beheer staan, aanvaar is. En dat die boek hom onderskei het deur juis die Andrew Murrayprys te verwerf. Daarby kom dit uit die vaardige pen van ’n teoloog wat ’n invloedryke posisie in die NG Kerk beklee.27

Du Toit problematiseer die geloof en gee antwoorde wat in die nuwe postmoderne tyd moet kan afgaan. Die begrip “postmoderne tyd” veronderstel dat daar ook ander tye in die geskiedenis was: eers die premoderne tyd, gevolg deur die moderne fase. Hierop volg weer ’n paradigmaskuif om die huidige postmoderne gewrig te laat aanbreek. Vir Du Toit is hierdie insig in en skematisering van die geskiedenis as werklikheid trouens fundamenteel. As denkraamwerk funksioneer dit as ’n verklaringsprinsipe.28 Óók wanneer hy oor die Skrif en die gesag van die Skrif skryf.29 Die aanhaling, wat geneem is uit sy hoofstuk oor die Bybel, sê in soveel woorde dat ’n Skrifbeskouing, geknip op die patroon van die F J M Potgieter-uitspraak, agterhaal is. Dit ignoreer ook die skema waarin die geskiedenis as werklikheid verloop. Daarom is dit “onwetenskaplik” en kan dit nie met “integriteit” verdedig word nie. Du Toit kies dus om ’n ander weg op te gaan.

Volgens hom – en hier begin hy – is die Bybel ’n “bundel oorgelewerde dokumente wat daarop aanspraak maak dat dit ons toegang verleen tot Jesus van Nasaret; tot die ervarings wat mense met God gehad het en die manier waarop hulle hulle geloof tot uitdrukking gebring het …”30 wat in die premoderne tyd tussen 900 vC en 400 nC31 deur mense geskryf is.32 As sodanig moet die Bybel dus geïnterpreteer en beskou word. Dit het dus nie ’n buitengewone oorsprong nie. Vir hierdie oorsprong van die Bybel geld dit dus ook dat “die waarheid relasioneel is, altyd te vinde binne die verhouding (relasie) van en wisselwerking tussen insig, kennis en ervaring. In hierdie proses speel ‘interpretasie’ altyd ’n bepalende rol: Daar bestaan nie iets soos ‘objektiewe feite of standpunte’ nie wat absoluut en finaal is nie. ‘Suiwer kennis’ is ’n illusie. Ons het altyd te doen met geïnterpreteerde data. Ons ‘sien altyd deur ’n spieël’, nooit direk, onbevange, onbemiddeld nie.”33 Vir hom is hierdie gegewe of “feit” nie net waar van alle literatuur nie, maar ook van die Bybelse geskrifte as literatuur.34 As ’n mens nou op ’n ander manier, konkludeer hy, na die Bybel gaan, “naamlik dat dit deur God ingegee is, is so ’n benadering onwetenskaplik en ontdaan van enige integriteit”.35

Du Toit besef natuurlik dat in terme van só ’n benadering die waarde en betekenis van die Bybel bevraagteken kan word. “Hoekom,” vra hy tereg, “is die Bybel dan tog die vertrekpunt van ons teologiese denke en Christelike standpunte?”36 Die enigste antwoord wat hy op hierdie indringende vraag kan gee, is dat die Bybel “as oorsprongsdokument van die Christelike geloof eerste in die gesagslinie van die Christelike denke, standpunte en inligting staan”.37 Dit staan histories naaste aan die gebeure en ervarings wat dit beskryf.38 Derdens is dit die enigste primere toegang tot die lewe, leringe en werke van Jesus van Nasaret.39 Dat die Bybel op hierdie manier ’n bepaalde historiese voorrang het, is nog nie die fondament vir sy gesag nie. “Hier kan,” wys Du Toit daarop, “geen sprake wees van gesag sonder geloof in Jesus as Verlosser nie.”40 Sonder die geloof, het die Bybel geen gesag nie. “Eers moet die geloof daar wees (of die tradisie waarin jy grootgeword het), en dan volg die gesag.”41 Die geloof is ’n verbondenheid aan ’n tradisie. Dit kan wel die geloofstradisie versterk.42 Die Bybel word dus ondergeskik gestel aan die geloof. Hiervoor vind hy ook bevestiging in die geskiedenis van die kerk.43 Gedurende die eerste 300 jaar van die kerk se bestaan was daar volgens hom nie ’n Bybel soos ons dit vandag ken nie. Die Bybel het eers later op die toneel verskyn. Die geloofsbelydenisse as eenvormige uitdrukking van die geloof vir die doeleindes van die groei van en godsdienstige onderrig in die kerk is eers geformuleer. Geloof gaan dus aan die Bybel vooraf. Gedurende die Middeleeue was die Bybel ontoeganklik en het dit steeds ’n ondergeskikte rol in die kerklike lewe gespeel. Dit is eers met die Hervorming dat die Bybel in die sentrum kom staan het. Maar nou was daar, verduidelik hy, as gevolg van soveel vertalings ’n veelheid van interpretasies in omloop gebring. Met die ondertekening van belydenisskrifte, soos dit in die “gereformeerde tradisie” navolging gevind het, is “beheer geplaas op die juiste interpretasie van die Bybel”.44

Dit spreek dus vanself dat die inspirasieleer van die gereformeerde belydenis, die “theopneustiewonder”, dat die Skrif dit van homself sê en dat die Skrif homself uitlê, en soos dit ook verwoord is deur Potgieter (en steeds verwoord word) in die NG Kerk, nie deur Du Toit aanvaar kan word nie. “Die probleem met so ’n standpunt is,” verseker hy sy lesers, is “dat ’n mens jou nie op iets self kan beroep om hierdie iets te verifieer nie … Hier is nie ’n objektiewe arbiter wat die saak kan besleg nie.”45 Die Bybel as voorwetenskaplike boek, geskryf deur mense, het eenvoudig nie so ’n gesag in homself nie. Wie meen om dit wel daar te vind, maak nie erns met die Bybel as ’n bundel religieuse geskrifte uit die premoderne tyd nie. Dit het juis die integriteitskrisis van die Christendom in die moderne en postmoderne tyd veroorsaak.46 Gelukkig het daar, beklemtoon hy, in die huidige postmoderne tyd ’n herwaardering vir “spirituele geskrifte” uit die premoderne tyd gekom. Die Bybelse geskrifte kan dus nou na hulle ware aard gelees en verstaan word.47 Die literêre kritiek het immers aangetoon dat die waarheid wat die verhaal wil oordra, nie beïnvloed word deur die feit dat die verhaal se gegewens nie korrespondeer met die feitelike historiese werklikheid (in soverre dit bepaalbaar is) nie.48 Die literêre genre waarin dit gestel is, gee die reëls vir die verstaan daarvan.49

So moet die voorwetenskaplike aard en wêreldbeeld van die Bybel geïntegreer word in die sistematiese denke en leer van die kerk.50 Uiteindelik kom Du Toit tot die slotsom dat drie faktore met betrekking tot die Bybelse boodskap én “die beredenering van dit waarin ons (kan) glo as Christelike gemeenskap”51 van deurslaggewende belang is. Die Bybel moet as ’n voorwetenskaplike oorsprongsdokument begryp word. Tweedens moet die tradisie as die manier waarop die kerk voorheen daaroor gedink het (indien wel), verreken word. Derdens, die aanvaarding van die huidige konteks (interwetenskaplik) as die wêreld waarbinne ons ons keuseloos bevind.52

Du Toit wil dus die Bybel doodernstig neem. Vir wat dit is: ’n premoderne religieuse dokument. Die Bybel kán nie iets anders wees nie. Vir die Christelike geloof is hierdie boek van kardinale belang. Om eietyds en met integriteit dié boek en dié geloof te verantwoord, moet die boodskap daarvan voortgaande aan sy premoderne omhulsel ontfutsel word. Dit werk hy dan uit in die res van die hoofstukke – oor God, oor Jesus en oor die Heilige Gees. Hierin is hy ook konsekwent: Die siening van die Skrif en sy gesag het te make met die inhoud van die geloof.

So tree daar, om op te som, teen die einde van die 20ste eeu twéé sienings van die Skrif in die NG Kerk aan die lig. In die tyd toe Verhoef, De Villiers en Potgieter as teoloë hulle bediening begin het, was dit klaarblyklik nie die geval nie. Toe was daar net een siening. Met die eeuwisseling het die tweede bygekom. In sy hoofartikel van 20 Oktober 2000 maak Die Kerkbode53 ’n veelseggende opmerking: “Die Bybel, hoe ons dit moet verstaan, hoe ons die ‘foute’ daarin moet verklaar, wát ons letterlik moet opvat en wat nie – bly een van die stekelrigste kwessies van ons geloof. Dit is ook hier waar die weë van gelowiges en gelowiges skei.” ’n Teologiese dilemma het hom aangekondig. Vir die geloof van die gemeente, so het dit in die uiteensetting van albei sienings van die Skrif al duidelik geblyk, hou elkeen bepaalde konsekwensies in. Die verskil van siening moet dus ook deurgedra word in ’n verskil van geloofsinhoud en -belydenis. In die reaksie op Du Toit se boek, en die siening van die Skrif wat hy huldig, is juis dit telkens onderstreep.

3. DIE TEOLOGIESE DILEMMA

Op 18 Mei 2001 vind die ervare en vertroude emeritus-teoloog van die NG Kerk prof P A Verhoef dit nodig om in Die Kerkbode iets oor die Skrifverstaan van “ons vriende, die sogenaamde postmoderniste” aan te teken.54 Juis omdat ’n goeie vriend van hom, vertel hy, “met die Bybel onder die arm op pad na sy siek moeder, vir my sê dat dié Bybel vir hom die ene raaisels is”. Hulle Bybelstudiekring het ’n gespreksgroep oor die Bybel geword. Vir hierdie afgetrede hoogleraar was dit belangrik om te weet of die vriend nie sy geloof verloor het nie. Dié het hom verseker dat hy nog vas in God glo. “My antwoord,” skryf Verhoef, “was dat hy nie sonder die Bybel in God sou kon glo nie.” Hierdie gesprek in die straat het hom na sy pen laat vra. Volgens die huidige beskouings, skryf hy, het die Bybel ’n boodskap, “maar die historiese en kultuurhistoriese verpakking waarin dit kom, is bloot menslik en daarom onbetroubaar. Die Bybel is ’n ‘blote produk van sy tyd’. Ons moet binne die gemeenskap van die gelowiges in ’n positiewe sin ‘agterdogtig’ wees, selfs oor ‘die voorveronderstellings waarmee die Bybelskrywers gewerk het’.”55 In só ’n verstaan van die Skrif, bly die kennis en sekerheid van die waarheid vir die kerk van die Here nie meer ongeskonde nie. Daarvan was sy vriend met die Bybel onder die arm ’n lewende bewys. Miskien is dit, naamlik dat ’n ander Skrifbeskouing die man in die straat bereik het, die rede waarom hy nog ’n konsekwensie uit hierdie soort verstaan van die Skrif trek. Dit stel die NG Kerk voor ’n keuse. Hy sal óf sy belydenisgrondslag moet verwerp om ruimte te skep vir die huidige beskouings, óf hy sal dit – desnoods met leertug – moet handhaaf.56 Op ’n besondere manier van sy eie stel die gerespekteerde Stellenbosser dus nie net die teologiese probleem aan die orde nie, maar bring hy die praktiese gevolg daarvan onder die aandag.

Die brief van prof Verhoef val natuurlik nie uit die lug nie. Baie water hét ondertussen in die see geloop. In die wetenskaplike beoefening van die bibliologie én die teologie in die NG Kerk is, sedert hy hoogleraar geword het, metodologiese sensitiwiteit algaande sterker beklemtoon en het aansluiting gekom by nuwe insette en ontwikkelings, ook die nadenke oor die Bybel sélf. 57 ’n Mens sou kon sê dat die klem geskuif het van Gódswoord na die ménsetaal waarin dit gestel is. In die algemeen is dit genuanseerd gedoen, sonder om die belydenis en vertrekpunt van die Goddelike oorsprong en gesag van die Skrif prys te gee.58 Wat Verhoef egter suggereer, is dat die klem in die “Skrifbeskouing van ons vriende” nog verder geskuif het. Van die ménsetaal (en konteks) waarin God se Woord gestel is, na (kontekstuele) ménsewoorde oor God. ’n Kentering of ommekeer het hom dus met betrekking tot die Skrifbeskouing in die NG Kerk voltrek sedert hy “iets oor die teks van die Ou Testament” in 1950 gesê het. Dit wat destyds al oorwoë afgewys is, het nou in die NG Kerk kop uitgesteek. In die nuwe beskouing is die Skrif nou nie meer die gesaghebbende Woord van God wat tot ons kom nie, maar is, soos sy eertydse kollega B B Keet (in 1959!) die godsdienswetenskaplike skool van Skrifinterpretasie getipeer het, die Bybel die oorkonde of beskrywing van die godsdiens deur geïnspireerde godsdienstige mense wat in verskillende omstandighede en tye opgetree het en nou aan ons sy godsdienstige inhoud oorgelewer het waarop ons kan voortbou.59 Die déúrstoot van die klem tot op die ménslike oorsprong van die Bybel het die gesag, en die geloof wat daarop rus, onder ’n vraagteken geplaas.

Sedert 1995 het daar in NG geledere ’n besondere toespitsing na hierdie kant toe gekom. Agter die wyd geduskiseerde vrae of Jona werklik in die vis was,60 of Adam en Eva histories die eerste mense was,61 of Jesus die kneg van Jesaja 53 is,62 het baie gelowiges gemeen dat die gesag van die Woord van God – en die evangelie self – hierdeur in die gedrang gebring is.63 ’n Klomp bekommerde lidmate het selfs Die Kerkbode genader “en gesê dat daar tekens is dat die Skrifgesag in sommige gereformeerde kringe al hoe meer afgetakel word, en dat ons blad ’n plan moet maak sodat openlik hieroor gepraat kan word”. Daarom is in 1995 begin met ’n rubriek oor “Die Bybel en sy gesag”.64 En prof Verhoef was die eerste om hierin te skryf. Dit was toe al vir hom uit gesprekke en publikasies duidelik “dat sommige van ons jonger teoloë ’n ander definisie van die gesag van die Skrif het”.65 In hulle denkraam kom die Bybelse geskiedenis nie ooreen met die werklikheid wat dit beskryf nie. Hierbenewens wys hy daarop dat hulle ook oortuig is dat die taal van die Bybel net in oordragtelike sin as beeldspraak en metafoor oor die werklikhede van die geloof en daarom ook van die Skrifgesag kan praat. Sy bekommernis oor hierdie benadering is “dat ons die tak afsaag waarop ons sit”. In aansluiting by Artikel 5 van die Nederlandse Geloofsbelydenis hou hy vol dat dit God behaag het om sy Woord in mensetaal en in die kleed van die geskiedenis aan ons te gee. Maar “nie op so ’n manier dat dit ons verwar en dat sy boodskap net vir die ingewydes toeganklik is nie”. Daar is nie onsekerheid oor die verband tussen die geopenbaarde Woord en die werklikheid nie. As dit egter prysgegee word, sal die geloof van die gemeente ondermyn word.66

Veel meer was dus in die spel as net ’n teologiese-akademiese beklemtoning en beredenering van die menslike aard van die Skrif. Vir ds M Blignaut het die evangelie in ’n krisis gekom omdat die Skrifgesag nou betwyfel word.67 Soos Verhoef, het ander sy kommer met hom gedeel.68 Hulle wou breedweg by die formulering en besluit van die 1986 Algemene Sinode oor Skrifgesag en Skrifgebruik bly staan. Juis na aanleiding van vrae ná 1980 oor die Skrif, sy gesag en sy verstaan69 het daardie Sinode die standpunt van die NG Kerk laat begin by die oortuiging dat die Skrif onder “die inspirasie … van die Heilige Gees tot stand gekom het (2 Tim 3:16 en 2 Pet 1:21) en deur die blywende en onvernietigbare verbintenis tussen die Heilige Gees en hierdie geskrifte die Woord van God is waardeur Hy tot ons spreek (Heb 4:12)”.70 “In die totstandkoming van die Skrif is daar in geen opsig afbreuk gedoen aan die skrywers se menslike selfwerksaamheid nie. Maar, dwarsdeur die proses was die Heilige Gees op ’n besondere manier werksaam om die resultaat te waarborg.” Die “Bybel is dus nie slegs ’n geloofsboek wat die getuienis van mense aangaande hulle geloof of geloofservaring bevat nie”.71 Hiermee is amptelik gehou aan die openbaringskarakter van die Skrif as onfeilbare Woord van God. Die Algemene Sinode het hom steeds laat vind vir ’n Skrifbeskouing wat in die vyftigerjare nooit bevraagteken is nie.

Klaarblyklik het hierdie duidelike konfessionele standpunt waarin die openbaringskarakter van die Skrif as Woord van God gehandhaaf is, dus tog nie die meningsverskil besweer nie. Die Bybel as Góds onfeilbare Woord is steeds as ’n probleem opgestel en vanuit sy “foute en feile” bevraagteken. Al meer is dit as ménsewoord in eerste instansie gesien en verklaar. Die weë het inderdaad uiteengegaan. Sommige wou ’n bemiddelende posisie72 inneem, soos Geloofsverklaring Die Algemene Sinode van 1998 moes toegee dat daar oor die Bybel nie meer 2000 dit sou doen.73 Die Algemene Sinode van 1998 moes toegee dat daar oor die Bybel nie meer algemene klaarheid in die NG Kerk is nie. Vir hierdie Sinode was dit duidelik dat, so vertolk die vergadering die situasie, “die menslike karakter van die Skrif as Woord van God” heelwat probleme bly skep. Daarom is besluit “om opnuut ’n duidelike standpunt oor die gesag van dieSkrif as die Woord van God te formuleer”.74 Terwyl die Algemene Kommissie vir Leer en Aktuele Sake hom hiermee besig hou, is die debat oor die Skrif, sy inhoud, sy historiese betroubaarheid in Die Kerkbode voortgesit. ’n Aantal kerkrade en ringe het bewus geword van die implikasies van die uiteenlopende sienings rondom die Skrifbeskouing en hulle oortuigings gedurende 2000 in Die Kerkbode laat plaas.75 ’n Klomp individue het ook van hulle laat hoor.76 Die vraag is of dit nie eerder die Goddelike karakter van die Skrif is wat problematies geword het nie? Vir hulle is dit duidelik dat die Christelike geloof, soos dit oor eeue heen bely is, op grond van die “nuwe” Skrifbeskouing van ’n nuwe inhoud voorsien of ten minste verander moet word om nog enigsins op integriteit aanspraak te maak. Dit blyk ook uit die goed deurdagte antwoord van dr Gideon van der Watt aan prof Sakkie Spangenberg. Laasgenoemde het die vraag gevra of die verskillende godsdienste nie maar God se “veelkleurige genade” vertoon nie?77 In die lig van die Skrifopenbaring kon Van der Watt dit nie aanvaar nie. Daar is maar een weg na God die Vader, naamlik Jesus Christus. Hiervan moet die kerk van Christus bly getuig. Die nalaat hiervan is liefdelose sonde.78 Die absolute uniekheid van die Skrif as Gód se openbaring hang klaarblyklik saam met die absolute uniekheid van die soendood en verlossing van en in Christus. Hoe diehistorisiteit van die opstanding van Christus en die aanvaarding van die Skrif as onfeilbare openbaring van God ook in verband met mekaar staan, blyk uit die reaksie van L M Erasmus op ’n radiogesprek tussen Madeleine van Biljon, Piet Naudé en Nico Koopman. Erasmus het oortuigend aangetoon hoe laasgenoemde twee (tóé) nie duidelik oor die historiese opstanding van Christus was nie.79 Die ommekeer in Skrifbeskouing keer dus ook die geloof om.

Dit word ook onderstreep deur diegene wat nie kan saamstem met die antwoorde wat Ben du Toit gee ten opsigte van die geproblematiseerde geloof nie. Die bekroonde boek is immers nie net verwelkom nie.80 Sy “spekulatiewe Godsbegrip” skep meer probleme as antwoorde. Dit bring byvoorbeeld die twee-nature-leer en die uitverkiesing ook onder die loep van bevraagtekening, laat ’n handvol predikante van hulle hoor.81 Daan Strauss en Johannes Wessels wys daarop dat Du Toit, wat met intellektuele integriteit in God wil glo, met ’n postmoderne relativisme en ’n wetenskaplike (moderne) bril ’n premoderne geskrif bestudeer. ’n Kernmotivering vir sy geloof is die wete dat energie nie vernietig kan word nie. Die menslike lewe het energie as basis. Die energieveld is ’n spirituele wêreld wat ook op sigself ’n invloed sou kon hê op die bestaan van ’n mens voor sy of haar dood. Hulle wys daarop dat Du Toit H J de Villiers, wat meen dat siel en liggaam nie geskei kan word nie en dat jou siel deel is van ’n kosmiese siel, wat ons God kan noem, instemmend aanhaal. “Hiermee tree Du Toit onbeskaamd uit die gereformeerde erfenis … en omhels die moderne panteïsme van die New Age.”82

Jan du Rand, Stefan Joubert, Adrio König en Jan van der Watt meen dat Du Toit tussen modernisme en postmodernisme rondskipper en hy “hou uiteindelik te min van die evangelie oor, té min om dit nog die moeite werd te maak”.83 Du Toit verwerp die wonderwerke, die duiwel endie maagdelike geboorte van Christus. Tereg vra hulle: “Wat anders as die etiek van Jesus bly oor …?” Tog aanvaar hy die bonatuurlike “wonder” van die opstanding. Dit kry hy reg “deur die opstanding self wesenlik te verander. In die Bybel is die opstanding ’n ongelooflike wonder, by Du Toit word dit ’n vanselfsprekende deel van die natuur, omdat alles basies uit onvernietigbare energie bestaan.”84 Die liggaamlike opstanding na die dood (ook dié van Jesus) is dus uit. Dan wys hulle ook daarop dat Du Toit se behandeling van die Heilige Gees ’n ontstellende voorbeeld is “van hoeveel Christene gaan oorhou as ons sy pad loop”.85 Lourens Erasmus het nog ’n ander perspektief bygebring. Namate Ben, skryf hy, ons “inlei in ’n bodemlose dialoog wat wentel tussen vraagtekens en kommas, sal ons elke keer weer ontdek dat die postmoderne mens nie die musiek van sy eie verlossing kan komponeer nie. Ben se poging sal nie die siele laat rus nie. Alleen maar die sola fide en die solus Christus. Genadiglik is die solas van die Reformasie nie die reste van ’n agterhaalde paradigma nie. Dit is uitdrukking van ’n onveranderlike assertio. Uit die hand van God. Vir elkeen wat die Bybel in die hand neem. Ook in hierdie tyd”.86

Maar genoeg. Uit God? Geloof in ’n postmoderne tyd is dit duidelik dat die Skrifbeskouing wat hierin aanvaar word wel konsekwensies het vir die geloof van die gemeente. Gaan dit dan nie hier tóg om “die totale verménsliking van die Woord van God”87 nie? Word God, wat self sy Woord bekroon het, nie uit die Skrif gediskwalifiseer nie? En word die “alles” (soos die Nederlandse Geloofsbelydenis daaroor praat) wat vir alle tye daarin gegee is en geglo word, nie gekwalifiseer vanuit ’n geslote werklikheidsbeeld nie? Die kennis en sekerheid van die waarheid vir die kerk van die Here bly tog nie ongeskonde nie. Wat nog geglo kán word, bepaal die inhoud van die geloof. Dit is die dilemma wat in die skeiding van die weë nou in die NG Kerk opdoem.

Skrifbeskouing, Skrifgesag en Skrifverstaan in die kerk van Christus is dus nie ’n saak wat maar om ’t ewe is nie. As die weë op hierdie punt uiteenloop, staan hy inderdaad voor ’n diepgrypende krisis. In die dekade waarin die NG Kerk aanhoudend soek na strukturele eenheid in die familie van sy kerke, het hy in homself eenstemmigheid oor die Skrifbeskouing én die Christelike geloof verloor. In hierdie opsig is die ware eenheid – saamgevoeg en verenig met hart en wil in een en dieselfde Gees, deur die krag van die geloof – eweneens soek. Die formele vereniging van kerke sal hierdie verlies nie beredder of verdoesel nie. Om die dilemma uit te praat en tot ’n vergelyk te kom sal ook nie so eenvoudig wees nie. Veral omdat die aprioriese skematisering van die geskiedenis as werklikheid verskansings in gesprekvoering afdwing wat nie oorkom kan word nie.

4. SAMEVATTING

Die bedoeling van die uiteensetting hier bo is om die twéé sienings van die Skrif, soos dit in die onlangse geskiedenis van die NG Kerk vergestalt is, te kontrasteer. Daarom is daarna verwys as ’n uiteenloping. Die weë hét geskei. En hierdie vurk in die pad het ’n teologiese dilemma blootgelê: Dit raak die kern van die belydenis van die gemeente. Dit is nie net die Bybel wat in die geding is nie, maar die Here van die Bybel. Prof Willie Jonker, wat in 1950 nog teologiese student was, het onlangs weer opgemerk: “Ons mag nie toelaat dat ons gehegtheid aan die Bybel en ons aanvaarding van die betroubaarheid van God se Woord in die gedrang kom nie.”88 Om voor die hand liggende redes.

1 F J M Potgieter 1954. Die Skrifbeskouing van Barth. Die Gereformeerde Vaandel XXIII(3) Sep 1954, 36.

2 Ben du Toit 2000. God? Geloof in ’n postmoderne tyd. Bloemfontein: CLF-Uitgewers, 68, 85.

3 Die Gereformeerde Vaandel XVIII(6) Des 1950, 25. Die redakteur van die blad dui die datum waarop Verhoef sy intreerede gehou het aan as 7 Des 1950. In die Terugblik … op sy lewe teken Verhoef 4 Des 1950 aan as die datum waarop hy formeel by die Kweekskool as dosent ingetree het. Sien Verhoef, PA 2000. Terugblik van ’n “brugbouer”, su, sp, 48.

4 In al sy publikasies sou Verhoef deurgaans uitgaan van die openbaringskarakter van die Ou Testament as die onfeilbare Woord van God. Reeds uit sy proefskrif blyk sy oortuiging duidelik wanneer hy die kritiese denkskool se interpretasie van die voorsegginge van Jes 1-39 met goeie redes afwys. Sien Verhoef, P A 1950. Die vraagstuk van die onvervulde voorsegginge in verband met Jesaja 1-39. Amsterdam/Kaapstad: HAUM/J H de Bussy, 31 ev. Dit is eweneens duidelik dat hy nie fundamentalisties met die Skrif te werk gegaan het nie. Hy wys die chiliastiese Skrifuitleg bv af (33 ev). Hy wil die diepere sin van die Skrif handhaaf. “Waaraan ons dus behoefte het, is aan ’n weg wat ons sal terugvoer na die onwankelbare fondament van die Skrif as die Woord van God, om op grond van daardie Skrif, sy´ gedagtes na te dink en s´y weë met sy volk (Kerk) en met die wêreld deur die geskiedenis na te speur” (335). Die gevolgtrekking wat hy maak in ’n studie oor Die dag van die Here (Keulen NV, Den Haag, 1956) is dat al die profete “met profetiese sekerheid geweet (het) dat die openbaringsgedagtes van God in die gang van die geskiedenis op die dag van sy verskyning soos ’n brandpunt saamgetrek word, en het elkeen op sy eie manier beklemtoon dat die Here alleen in dié dag verhewe sal wees” (93). Sien ook sy duidelike oortuiging dat die Ou Testament ’n deel is van die Heilige Skrif, “wat vir ons soveel is as die Woord van God” (Verhoef, P A 1959. Die verhouding tussen die Ou en Nuwe Testament. NGTT I(1) Des 1959, 73. Vir ’n volledige lys van sy publikasies, sien NGTT XXI(1) Jan 1980, 12 ev en Terugblik van ’n “brugbouer”, 120 ev.

5 Die Gereformeerde Vaandel XVIII(6) Des 1950, 25.

6 Dies, 33.

7 Dies.

8 Vir sy lewe en teologiese bydrae, sien De Villiers, D W 1987. Bedienaar van die Woord J L de Villiers, in Combrink, H J B, Lategan, B C & Müller, B A (reds). Bediening en bedienaar. Kaapstad: Lux Verbi, 11-14.

9 Die Gereformeerde Vaandel XVIII(1) Mrt 1954, 7. In hierdie artikel “Bevooroordeeldheid van die eksegese” dui De Villiers aan dat die ander kant eweneens ook met reeds aanvaarde vooroordele te werk gaan. Terloops, vroeg gedurende 1960 het De Villiers genuanseerd ingegaan op Rudolf Bultmann en sy interpretasie van die Nuwe Testament afgewys. Vgl De Villiers, J L 1960. Rudolf Bultmann en die Nuwe Testament. NGTT I(2) Mrt 1960, 3 ev; De Villiers, J L. Die Teologie van Rudolf Bultmann. NGTT I(4), 33 ev; De Villiers, J L 1960. Die Teologie van Rudolf Bultmann. NGTT II(1) Des 1960, 44 ev.

10 Die Gereformeerde Vaandel XVIII(1) Mrt 1954, 10. Uitgaande van die openbaringskarakter van die Ou Testament meen Verhoef dat die Ou Testament saam met die Nuwe Testament die getuienis omtrent Jesus Christus is. Wat hom betref, kan verantwoorde tipologie help om hieraan reg te laat geskied. Sien Verhoef, P A 1954. Tipologie in die Ou Testament. Die Gereformeerde Vaandel XVIII(1) Mrt 1954, 13 ev. Sien ook Verhoef, P A 1959. Die Messiasverwagting tussen die Ou en Nuwe Testament. Kaapstad: NG Kerk-Uitgewers, veral 16 ev waar hy die Messiasverwagting van die Ou Testament in die Nuwe vervul sien. Ook H L N Joubert erken dat dit in die gereformeerde verklaring van die Skrif om ’n Skrifgebonde bevooroordeelde metode gaan. Sien sy Gelykenisverklaring, in Die Gereformeerde Vaandel XVIII(1) Mrt 1954, 21 ev.

11 Wanneer W D Jonker in 1978 “’n Woord van waardering” teenoor prof F J M Potgieter uiter, maak hy in die besonder melding van laasgenoemde “se onvermoeide ywer vir die handhawing van die gesag van die Heilige Skrif”. NGTT XIX(1) Jan 1978, 2. Sien ook in hierdie verband Brown, E 1978. Uit die pen van prof Potgieter – ’n Seleksie van sy vakkundige en populêr-gerigte bydraes. NGTT XIX(1) Jan 1978, 92 ev.

12 Sien Potgieter, F J M 1954. Die Skrifbeskouing van Barth. Die Gereformeerde Vaandel XVIII(1) Sep 1954, 31 ev.

13 Dies, 36.

14 Dies.

15 Dies.

16 Dies.

17 Dies. Hy betwis dus dat die vermeende foute en feile van die Skrif iets sou wees van wat van die afdalende liefde van God spreek. Van hierdie liefde van God spreek die dienskneggestalte van die Skrif in verswakte menslike taal. Sien dies, 37.

18 Dies, 37. Hy verwys na Calvyn se Institusie I:7,1,5 en IV:8,7.

19 Dies, 38.

20 Sien bv Heyns, J A 1958. Die Bybel – reël vir leer en lewe. Die Gereformeerde Vaandel XXVI(3) Sep 1958, 9 ev. Hierin merk hy op: “Die Woord is wel ’n boek … maar geheel en al gans anders, die van God uitgaande en die tot Hom terugkerende” (9). “Die Skrif is deur God gewil, die totaal onmisbare” (10). “Die Skrif het derhalwe ’n boodskap híér en nóú wanneer die Heilige Gees die Skrifwoord oor die openbaringsfeit gebruik en hanteer as openbaringsfeit (10). Vgl ook Keet, B B 1959. Honderd jaar van teologie in voëlvlug. NGTT I(1) Des 1959, 6 ev. Tiperend van sy eie Skrifbeskouing is sy opmerking dat die godsdienswetenskaplike of liberale skool die Bybel beskou as niks meer nie as die beskrywing van die ervaring wat hoogstaande godsdienstige mense uit ander tye gehad het (6).

21 Sien bv Van Niekerk, F N 1950. “Die Skrif en die evolusieprobleem”. Die Kerkbode LXV(6) 8 Feb 1950, 249 ev; Groenewald, E P 1952. “Die stand van die teologiese wetenskap in Suid-Afrika”. Die Kerkbode LXIX(11) 12 Mrt 1952, 506 ev; “Bybel en belydenis”. Die Kerkbode LXIX(20) 14 Mei 1952, 721; “Die verdwyning van die duiwel”. Die Kerkbode LXXII(8) 19 Aug 1953, 261 ev; Groenewald, E P 1953. “Bybelvertaling en Bybelverklaring”. Die Kerkbode LXXII(13) 23 Sep 1953, 448 ev; Potgieter, F J M 1953. “Die betekenis van die Bybel vir die kerkhervorming”. Die Kerkbode LXXII(13) 23 Sep 1953, 450 ev.

22 In hierdie verband kan gewys word op die kommentaarreeks Korte verklaring van die Heilige Skrif vir die Afrikaanse volk wat deur die Raad van Kerke uitgegee is. P A Verhoef en J J Müller is as eindredaksie vir onderskeidelik die Ou Testament en Nuwe Testament benoem. Sien Die Kerkbode LXVIII(13) 26 Sep 1951, 623. E P Groenewald het Markus in 1951 verklaar. In 1954 verskyn Hebreërs uit die pen van FC Fensham. ’n Mens kan ook verwys na die kommentaar van Geldenhuys, N 1950. Commentary on the Gospel of Luke. Londen: Marshall, Morgan & Scott. En natuurlik sy boek oor die Skrifgesag Supreme Authority (Londen: Marshall, Morgan & Scott, 1953). Dan skryf hy ook ’n hoofstuk “Authority and the Bible” in Henry, Carl (ed) 1958. Revelation and the Bible. Grand Rapids: Baker Book House. In The New International Commentary on the New Testament, waarvan Stonehouse van die Westminster Theological Seminary die redakteur was, het J J Müller die Epistles of Paul to the Philippians and to Philemon (Grand Rapids: Eerdmans, 1955) behartig.

23 Redaksioneel. NGTT I(1) Des 1959, 1.

24 Die Gereformeerde Vaandel XVIII(1) Mrt 1954, 2.

25 Vgl in hierdie verband Die Gereformeerde Vaandel XVIII(5) Okt 1951, 162: “Hierdie Woord is in homself duidelik en genoegsaam, dit spreek met absolute gesag en is die onmiskenbare kenbron van die wil van God.”

26 Die Gereformeerde Vaandel XVIII(1) Mrt 1954, 2.

27 Du Toit is Direkteur van Kommunikasie in diens van die NG Kerk in Suid-Afrika. Daarby beman hy ook ’n parlementere lessenaar vir die Algemene Sinodale Kommissie van die NG Kerk.

28 Sien hoofstuk 1 “Kinders van ons tyd” in Du Toit, B 2000. God? Geloof in ’n postmoderne tyd. Bloemfontein: CLF-Uitgewers, 13 ev.

29 Dies, 63 ev.

30 Dies, 64.

31 Soos feitlik alle oorsprongsgeskrifte van godsdienste, se hy, is dit baie moeilik om die ontstaansgeskiedenis daarvan te rekonstrueer. Sien dies, 69. Wat hom betref, het hierdie geskiedenis in die 1 500 jaar tussen 900 vC en 400 nC afgespeel (72).

32 Dies, 65.

33 Dies, 67.

34 Dies.

35 Dies 68.

36 Dies.

37 Dies. Die kanon is deur ’n natuurlike proses van eliminasie gevorm. Sien dies, 72.

38 Dies, 80.

39 Dies.

40 Dies, 81.

41 Dies.

42 Dies. Die Bybel kan die geloof(stradisie) wel versterk.

43 Dies. 83.

44 Dies, 84. Hierdie weergawe van die kerkgeskiedenis is nie sonder veralgemenings nie. Daarby maak hy aanvegbare aannames.

45 Dies, 85.

46 Dies, 87.

47 Dies, 90.

48 Dies, 74.

49 Dies, 79.

50 Dies, 86.

51 Dies, 92.

52 Dies.

53 Die Kerkbode 156(8) 20 Okt 2000, 8.

54 Vgl sy brief “Die Algemene Sinode moet kies.” Die Kerkbode 166(9) 18 Mei 2001, 11.

55 Dies.

56 Dies.

57 Sien hiervoor Pienaar, T J & Britz, R M 2001. Van akkommodasie tot kwessie: die verhaal van Skrifbeskouings in die NG Kerk sedert 1963. NGTT 42(3&4) Sep & Des 2001, 369 ev, veral 372 ev.

58 Vgl in hierdie verband Du Toit, A B 1993. Die opkoms en huidige stand van die Nuwe-Testamentiese ondersoek in Suid-Afrika. Deel 1. HTS 49, 503-514; Du Toit, A B 1993. Die opkoms en huidige stand van die Nuwe-Testamentiese ondersoek in Suid-Afrika. Deel 2. HTS 49, 787-809; Van Zyl, H C 2000. Die stand van Nuwe-Testamentiese navorsing in Suid-Afrika. Enkele tendense in die jare 1993-1999. Acta Theologica 2000 Supplementum, 169-236. Vir die beoefening van die Ou Testamentiese wetenskap, sien Deist, F E 1994. Ervaring, rede en metode in Skrifuitleg – ’n wetenskapshistoriese ondersoek na Skrifuitleg in die Ned Geref Kerk 1840-1990. Pretoria: RGN. Sien ook Doubell, F B 2000. Woord van God of woord oor God. Op soek na ’n eietydse Skrifmodel. Ongepubliseerde DThverhandeling, Universiteit van die Vrystaat.

59 Sien Keet, B B, aw, 6.

60 Terblanche, R 1996. “Ons moet met mekaar oor Jona en die vis verskil”. Die Kerkbode 157(2) 2 Feb 1996, 11; “Jona en die vis?” Die Kerkbode 157(3) 9/10 Feb 1996, 9; Gaum, Fritz. “Rus oor Jona en die vis?” Die Kerkbode 158(4), 7.

61 Sien Die Kerkbode 162(12) 1 Mrt 1999, 4: “Julle moet iets oor die Bybel vir ons sê.” Vgl ook die briewe van Eduan Naudé: “Ruda Landman en Adam en Eva” in Die Kerkbode 162(13) 12 Mei 1999, 5 en dié van Willem Fourie: “Die Kerk laat Ruda so glo”. Die Kerkbode 162(15), 11/12 Jun 1999, 8. Louis Jonker was ook van mening dat “Ruda Landman … moedig opgetree (het)”. Die Kerkbode 162(16), 7. Hermie van Zyl het weer ’n ander vraag gevra: “Wie is dié wat saam met Ruda glo?” Die Kerkbode 163(3) 6 Aug 1999, 12.

62 Sien vir hierdie debat Snyman, Fanie 1999. “Is Jesus die Kneg van Jesaja 53?” 7 21 Mei 1999, 4; Du Plessis, J G 1999. “Dié verklaring van Jesaja 53 skep probleme.” Die Kerkbode 163(1) 9 Jul 1999, 5. Sien ook die briewe in Die Kerkbode 163(2) 16 Jul 1999, 5 en Snyman, Fanie 1999. “Moenie dat ons mekaar verdag maak as ons oor Jesaja 53 verskil nie.” Die Kerkbode 163(6), 27 Aug 1999, 6.

63 Sien die opmerking van Gaum, Fritz. “Rus oor Jona en die vis?” Die Kerkbode 158(4), 7: “Die rede waarom hierdie saak die gemoedere so gaande gemaak het, is veral omdat die gesag van die Skrif as Woord van God na die mening van baie hierdeur in die gedrang gebring is.”

64 Sien “Die Skrif bedreig?” Die Kerkbode 156(2) 28 Jul 1995, 6.

65 Verhoef, P A 1995. “Ons saag die tak af waarop ons sit”. Die Kerkbode 156(2) 28 Jul 1995, 6.

66 Die Kerkbode 156(2) 28 Jul 1995, 6. Vgl ook sy opmerking: “As die Bybelse gegewens in terme van sy geskiedenis en taal self relatief is, in die sin van ongeskik om die werklikheid van die geloof te beskryf, dan is elke besinning oor die waarhede van die Skrif relatief. So word naïewe realisme vir teologiese relativisme ingeruil.”

67 Sien Blignaut, M 1995. “Evangelie in krisis, omdat die Skrifgesag betwyfel word.” Die Kerkbode 155(23) 30 Jun 1995, 7.

68 Sien Kies, Jaap 1996. “Bybelgesag is nie so ’n ingewikkelde saak nie”. Die Kerkbode 157(8) 29 Mrt 1996, 7. Ook Potgieter, P C 1996. “Geloof en waarheid”. Die Kerkbode 157(27) 18 Okt 1996, 7. Aan die begin van 1997 het die Moderamen van die Sinode van die Wes-Kaap ’n verklaring oor die Skrifgesag gemaak om “rus in die gemoedere (te) help bring”. Sien “Rus oor Jona in die vis?” Die Kerkbode 158(4) 14/15 Feb 1997, 7. Hierin sluit hulle aan by die besluit van die 1986-Sinode oor die gesag en aard van die Skrif. Dan wys hulle daarop dat ivm die gesprek rondom Jona “geen kerklike vergadering al ooit die historisiteit van Jona ontken het nie”. Daarom moet daar gewaak word dat wetenskapsteorieë oor Bybelboeke so aangebied word dat dit afbreuk doen aan die gesag van die Bybel as God se Woord en die geloof van Christene daardeur ondermyn (7). Vgl ook “Is die Bybel ooit Gods Woord?” Die Kerkbode 160(15) 12/13 Jun 1998, 4.

69 Vir meer besonderhede hieroor, sien Pienaar & Britz, aw, 379 ev.

70 Agenda vir die sewende vergadering van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk te Kaapstad 1986, 56. Sien ook Handelinge van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk te Kaapstad 1986, 592.

71 Handelinge van die Algemene Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk te Kaapstad 1986, 592.

72 Bv Ben du Toit van die Teologiese Fakulteit van Stellenbosch. “Skrifgesag in krisis”. Die Kerkbode 156(16) 3 Nov 1995, 5; “Skrifgesag: gelowige kerklidmate moet hulle skaar by gelowige weten- skaplikes”. Die Kerkbode 156(18) 17 Nov 1995, 5. Hy laat hom nie meer vind vir ’n “fundamentalistiese” omgang met die Skrif nie, maar wil ook nie ’n jota of tittel van die Christelike geloof prysgee nie. Nog ’n voorbeeld hiervan is die standpunt van die Dosenteraad van Stellenbosch wat op versoek van die Kuratorium in Die Kerkbode 158(2) 31 Jan 1997 gepubliseer is. Hulle vereenselwig hulle “volledig” met Skrifgesag en Skrifgebruik soos aanvaar deur die Algemene Sinode van 1986. Dan verdedig hulle ook hulle akademiese verantwoordelikheid “om op vakwetenskaplike terrein kennis te neem van alle nuwe ontwikkeling en … navorsing”. Die omgang hiermee, sê hulle, laat maklik spanning ontstaan met die “tradisioneel gevestigde opvattinge binne die breëre geloofsgemeenskap”. Maar dit moet daar wees. Die Bybelwetenskappe vervul ’n “noodsaaklike verkennende rol om met heelwat van die nuwe metodes en insigte krities om te gaan, en voorlopige resultate te voorsien”. Dit moet hierdie wetenskappe op ’n deursigtige en verstaanbare manier akademies én met die gelowige gemeenskap in die kerk deel. Laastens aanvaar hulle dat die resultate van “ons teologiese arbeid uiteindelik deur die geloofsgemeenskap beoordeel sal word, juis omdat ons glo dat die Heilige Gees … aan die geloofsgemeenskap geskenk is” (8). Vir dr J A Breytenbach het die dosente die deur oopgemaak vir ’n menigte benaderings wat nie Skriftuurlik verantwoordbaar is nie. Hy meen dat hulle uitgangspunt lê by die interpretasie van die Skrif, wat tot ons kom as geskiedkundige menslike geskrifte, en nie by die uitleg van die Woord van God nie. Sien sy artikel “Debat oor gesag van die Skrif”. Die Kerkbode 158(13), 16 Mei 1997, 13. Sien ook die antwoord van die Dosenteraad. “Een benadering, baie metodes”. Die Kerkbode 158(13) 16 Mei 1997, 13.

73 In hierdie verband kan verwys word na die hoofartikel van Die Kerkbode 156(8) 20 Okt 2000: “Die Bybel praat die waarheid, maar verskillend”. Daarin word ’n uittreksel gemaak van wat in hierdie Geloofsverklaring oor die Skrif staan en wat dit beteken. Veelseggend is die volgende opmerking: “Die Bybel, hoe ons dit moet verstaan, hoe ons die ‘foute’ daarin moet verklaar, wát ons letterlik moet opvat en wat nie – bly een van die stekelrigste kwessies van ons geloof. Dit is ook hier waar die weë van gelowiges en gelowiges skei. Want die meer letterlike verstaners van alle dele van die Bybel – die fundamentaliste – twyfel gou aan die egtheid van die geloof van diegene wat ’n oper Skrifbeskouing daarop nahou – sê maar oor die skepping in letterlik ses dae. En die ‘oper’ Bybellesers gewaar ’n soort naïwiteit by die fundamentaliste, en soms ’n soort verbetenheid wat vir hulle onaanvaarbaar is.” Die rigting waarin Geloofsverklaring 2000 die uitkoms uit hierdie dilemma soek, is om “nie alle mededelings in die Bybel op presies dieselfde wyse te verstaan nie”.

74 Handelinge Algemene Sinode van die NG Kerk van Suid-Afrika 1998, 1.3, 465. Die Kommissie het ondertussen ’n konsep-verslag die lig laat sien. Sien http://www.ngkerk.org.za. Hoewel die verslag sy uitgangspunt neem in die menslike karakter van die Skrif – “oor die menslike “foute” in die Bybel moet ons voel soos oor die littekens in Jesus se hande en voete” – bly hy uiteindelik daarby dat die “formele gesag van die Bybel as kanon ten diepste gefundeer is in sy materiële boodskap en nie in die feit dat die kerk dit as sodanig aanvaar nie”. Die Skrif het wel binne die verbondsgemeenskap ontstaan, maar is in eerste instansie nie ’n produk daarvan nie, maar die maatstaf waaraan die kerk gemeet moet word. As kanon staan die Skrif krities teenoor die kerk. Nie die letter nie, maar die Gees is in hierdie verband deurslaggewend. Juis omdat die Heilige Gees die Skrif geïnspireer het. Die inspirasie van die Gees, sê die verslag, omvat die interpretasie van die Skrif in die Skrif self, maar ook die vertolking daarvan in die verkondiging tot op die hede. Die inspirasie van die Skrif moet dus verstaan word as ’n historiese proses van menslike bemiddeling, mondelinge en skriftelike oordrag binne die verbondsgemeenskap deur die eeue, waarby die gemeenskap as geheel, en sommige individue in die besonder, ’n rol gespeel het. In die lig van die gebeure in die Nuwe Testament en onder leiding van die Heilige Gees as die groot Vertolker, is dit moontlik om die boodskap van die gebeure in die Ou Testament beter te verstaan in die lig van die Nuwe. Maar sonder die Oue sou dit totaal onmoontlik wees om die Nuwe te begryp. So is die Skrif as geheel God se openbaring aan ons. Vgl. in hierdie verband ook die volgende standpunt: In die Skrif word vir ons geen geïsoleerde kennis van God op sigself, los van die skepping en die mens gegee nie, maar ons leer God ken uit sy geskiedenis met sy skepping. Alles in die Skrif draai om hierdie geskiedenis. Daarom is historiese feite vir die Skrif belangrik. Sonder die historiese gebeurtenisse van die uittog, die kruis, die leë graf, het die Bybel geen boodskap nie. Maar sonder interpretasie van die historiese gebeure is die “feite” op sigself stom. Vir die regte interpretasie is ons afhanklik van God se Woord en die Gees. Daarom vertel die Bybel nie maar net feite sonder meer nie, maar wel (on)heilsfeite, dws feite plus interpretasie. Die Skrif is derhalwe geïnteresseerd in die betekenis van feite. Die Bybel is self reeds interpretasie wat in elke tyd opnuut vertolk moet word. Die hele proses staan onder inspirasie en leiding van die Gees.

75 Ander voorbeelde hiervan is: Kerkraad van Machado-Boven. “Verbintenis aan die onfeilbare Woord van God”. Die Kerkbode 164(5) 17 Mrt 2000, 15; De Kock, P 2000. “Memel kla die NG Kerk aan”. Die Kerkbode 164(12) 16 Jun 2000, 12. Die opskrif wat aan die standpunt van die Kerkraad gegee is, kom ongelukkig nie ooreen met die strekking en intensie van sy bedoeling nie. Kerkraad NG Kerk Brakpan-Suid. “Verklaring van die Kerkraad”. Die Kerkbode 165(5) 1 Sep 2000, 4. Kerkraad NG Kerk Eendekuil. “Verklaring deur die Kerkraad”. Die Kerkbode 165(6) 15 Sep 2000, 15; “Besluit Kerkraad Lynwoodrif”. Die Kerkbode 165(6) 6 Okt 2000, 15; Kerkraad van Oudtshoorn-Park. “Besluit van die Kerkraad”. Die Kerkbode 165(8) 20 Okt 2000, 15; “Besluite NG gemeente Heidelberg”. Die Kerkbode 165(8) 20 Okt 2000, 15; “Besluit Kerkraad Bloemhof-Oos”. Die Kerkbode 165(8) 20 Okt 2000, 15; “Besluit Ring van Lichtenburg”. Die Kerkbode 165(8) 20 Okt 2000, 15; “Besluite Ring van Mosselbaai”. Die Kerkbode 165(8) 20 Okt 2000, 15; “Besluite Ring van Uitenhage”. Die Kerkbode 165(8) 20 Okt 2000, 15; Kerkraad van NG gemeente Riversdal-Wes. “Verklaring van die Kerkraad”. Die Kerkbode 165(9) 3 Nov 2000, 15; sien ook Ring van Zeerust. “Besluit van die Ring”. Die Kerkbode 165(10) 17 Nov 2000, 19; “Besluite Kerkraad Secunda”. Die Kerkbode 165(10) 17 Nov 2000, 19; Kerkraad NG gemeente Mondeor. “Verklaring van die Kerkraad”. Die Kerkbode 165(14) 15 Des 2000, 15: “Ons getuig dat die Bybel die gesaghebbende Woord van God is waarin die wil van God en die leer van die verlossing voldoende vervat is. Ons glo dat God sy Woord deur die Heilige Gees op betroubare wyse in mensetaal aan ons gegee het … ons verwerp enige aanspraak wat beweer of suggereer dat die Bybel ’n onbetroubare geloofsdokument is, of bloot net ’n boek wat menslike gedagtes en ervarings oor God bevat.”

76 Saayman, C 2000. “Luister goed na die geskiedenis”. Die Kerkbode 164(8) 21 Apr 2000, 7; Verhoef, P A 2000. “Memel het dalk gelyk”. Die Kerkbode 165(1) 21 Jul 2000, 12; Casaleggio, H 2000. “Watter Olifant?” Die Kerkbode 165(1) 21 Jul 2000, 12; Potgieter, Pieter 2000. “Belydenis, kerkbeleid en debat”. Die Kerkbode 165(9) 3 Nov 2000, 6; Niewoudt, M M. “Moeder, ek kla u aan”. Die Kerkbode 166(4), 9; Pienaar, T 2001. “Gesag van die Woord”. Die Kerkbode 166(10) 1 Jun 2001, 10.

77 Die Kerkbode 165(4) 18 Aug 2000, 9. Dit is duidelik dat sy Skrifbeskouing, naamlik dat hierdie boek primêr religieuse geskrifte van antieke mense is, hom by hierdie standpunt gebring het. Sien sy Perspektiewe op die Bybel – God se woord in mensetaal. Pretoria: J L van Schaik, 1998.

78 Sien Die Kerkbode 165(5) 1 Sep 2000, 7. Dit gaan in die sending om hoe God Drie-enig, skryf hierdie sendeling, Hom in die Ou en Nuwe Testament geopenbaar het en hoe ons Hom deur die werking van die Heilige Gees as die lewende Here in ons lewe leer ken en ervaar (7). Sien ook Myburgh, Dirk 2000. “Die Skrif werp helder lig op die verlossing van heidene”. Die Kerkbode 165(6) 15 Sep 2000, 7.

79 Sien Erasmus, L M 2000. “Dankie Madeleine, sorry Piet, Nico”. Die Kerkbode 164(10) 2 Jun 2000, 7. Sien ook Mostert, Jan 2000. “Dankie Lourens!” Die Kerkbode 164(12) 16 Jun 2000, 5. En Naudé, Piet 2000. “Dankie Flip, sorry Lourens”. Die Kerkbode 164(12) 16 Jun 2000, 5.

80 Sien bv Van Zyl, Len 2001. “Du Toit boek ontken nie God se almag”. Die Kerkbode 167(1) 20 Jul 2001, 12; Dreyer, Lucius 2001. “Ben du Toit is van God gestuur”. Die Kerkbode 167(1) 20 Jul 2001, 12; Boshoff, Hentie (prof) 2001. “Verstaan briefskrywers Du Toit reg?” Die Kerkbode 167(1) 20 Jul 2001, 12.

81 Boshoff, P ea 2001. “Ben du Toit ‘dui die verkeerde weg aan’”. Die Kerkbode 165(46) 15 Jun 2001, 10. “Om nou die Skrif by hierdie denkraam (die postmodernisme – RMB) te probeer aanpas, sal uiteindelik fataal vir die Christelike geloof wees (10).”

82 Sien Strauss, Daan & Wessels, Johannes 2002. “Geloof in ’n postmoderne tyd”. Woord@Bergendal 1(1) Apr 2002, 5.

83 Sien Forum. “Té min bly oor”. Die Kerkbode 167(3) 17 Aug 2001, 10.

84 Daan Strauss en Johannes Wessels teken hierby aan dat “die natuurwet … as ’t ware die gesag aan die evangelie (gee)!” Sien Strauss, Daan & Wessels, Johannes, aw, 5.

85 Té min bly oor”. Die Kerkbode 167(3) 17 Aug 2001, 10. In hierdie verband moet ook verwys word na Flip Theron se fyn gesnede resensie van Du Toit se boek. “‘God?’ moes lankal in Afrikaans verskyn het”. Die Kerkbode 165(7) 6 Okt 2000, 12.

86 Erasmus, Lourens 2001. “Luther se ‘assertiones’ en Ben se vraagtekens”. Die Kerkbode 167(3) 17 Aug 2001, 10.

87 Sien Die Gereformeerde Vaandel XVIII(1) Mrt 1954, 2.

88 “Willie Jonker: Skaamteloos Christen”. Die Kerkbode 166(12) 14 Jun 2001, 9.