Ontvang hiermee die eerste genommerde uitgawe van die Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif vir 2010. U het reeds ’n tussen-uitgawe van die NGTT vroeër vanjaar ontvang. Dit het die inhoud van twee konferensies bevat. Die eerste konferensie se tema was Die Geskiedenis van die Kweekskool en Teologie 150+. Die tweede konferensie het as tema gehad: ’n Internasionale Calvyn Gedenkkonferensie. Baie dankie aan die skrywers vir hulle bydraes vir hierdie uitgawe van die NGTT en mag u as leser groot baat vind by die teologiese navorsing en nadenke wat in al die artikels neerslag gevind het.
Op Goeie Vrydag is prof Danie du Toit oorlede na ’n lang en harde stryd teen kanker. Ons bid sy kinders, kleinkinders en ander familielede die vertroosting van die Here God toe. Prof du Toit was vir baie jare ’n medewerker van die NGTT en het as akademikus ’n baie belangrike bydrae gelewer tot ons tydskrif. Vandag het ons berig gekry dat dit ook met prof Flip Theron nie goed gaan nie. Ons verseker hom, sy eggenote Marianne en hulle kinders van ons voorbidding.
Dink asseblief ook steeds in u voorbidding aan dr BA du Toit.
P Coertzen