Van die redaksie

Authors

  • Gerrit Brand Stellenbosch University

DOI:

https://doi.org/10.5952/53-1-145

Abstract

Die NGTT is daarop gemik om navorsing in uiteenlopende teologiese vakgebiede, maar ook uit ander vakrigtings in gesprek met die teologie te publiseer. Lesers van die jongste uitgawe sal merk dat bydraes uit die Bybelwetenskappe (Potgieter, Snyman, Van der Watt, Viljoen), die praktiese teologie (Cilliers, Dames, Tucker), die sendingwetenskap (Duncan, Venter en Jurgens), die kerkgeskiedenis (Neele), die kerkreg (Strauss), die sistematiese teologie (Conradie, Hesselink, Leder, Smit) en die etiek (Du Plessis) aan die woord kom. Afgesien hiervan is daar navorsingstukke uit die godsdienswetenskap wat op die ontleding van die kultusbegrip (Pretorius) en aspekte van die Hindoe-tradisie (Sukdaven) fokus. (Verskeie van die artikels wat hier vermeld word, sou onder meer as een van die genoemde vakrigtings geklassifiseer kan word.)

Downloads

Published

2012-10-10

How to Cite

Brand, G. (2012). Van die redaksie. NGTT | Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif, 53(1&2). https://doi.org/10.5952/53-1-145

Issue

Section

From the Editor | Van die Redakteur