Calvin’s views on political structures

Authors

  • RM Britz

DOI:

https://doi.org/10.17570/ngtt.2008.v49n3.a01

Keywords:

Calvin, Obedience to the state, Political authority and power, Political ideas, Political resistance, State

Abstract

Calvyn se insigte oor politieke strukture
Hierdie artikel argumenteer dat Calvyn se denke oor die politieke bestel uit die primêre bronne nagegaan moet word. Dit moet derhalwe histories en teologies onderskei en begryp word. Oor ’n tydperk van meer as 30 jaar het hy as Franse regsgeleerde in Genéve hom in ’n verskeidenheid geskrifte oor hierdie saak uitgelaat. Hoewel dit duidelik is dat sy gedagtes reeds voor 1540 gevorm was, is die hoofstuk oor die burgerlike regering in Boek IV van die 1559 Institusie die beste sistematiese uiteensetting van sy insig en siening.
Owerhede, en persone wat die funksies van owerhede uitvoer, is deur God daar gestel. Daarom staan selfs die magtigste politieke instellings van sy tyd onder kritiek en aanspraak van die Woord. Hoewel Calvyn in Genéve ’n voorkeur vir kollektiewe regeringsvorm ontwikkel het, is dit egter nie rede genoeg om af te lei dat die moderne Westerse demokrasie na hom teruggevoer kan word nie. Die ter saaklike bronne bied ook nie genoeg grond om te meen dat Calvyn ’n teorie (of selfs teologie) van politieke weerstand sou inisieer het nie. Wel gaan die gehoorsaamheid aan God bokant dié van gehoorsaamheid aan die owerheid uit, maar ook hierin is Calvyn niks meer as ’n toegewyde bedienaar van die Woord. In sy denke oor die politieke instellings en bestel van sy tyd, bly hy teoloog.

Downloads

Published

2008-12-31

How to Cite

Britz, R. (2008). Calvin’s views on political structures. NGTT | Nederduitse Gereformeerde Teologiese Tydskrif, 49(3&4). https://doi.org/10.17570/ngtt.2008.v49n3.a01

Issue

Section

Articles | Artikels