Editorial | Redaksioneel

How to Cite

Kok , A. (2024). Editorial | Redaksioneel: Kerkwees 200: Herdenk – Hervorm – Hoop . Stellenbosch Theological Journal, 10(4). Retrieved from https://ojs.reformedjournals.co.za/index.php/stj/article/view/2789

Abstract

Met die aankoms van Jan van Riebeeck op 6 April 1652 word ook die Christelike geloof aan Cabo de Bona Esperança (Kaap De Goede Hoop) geplant. In lyn met Artikel 16 van die Algemene Artikelbrief waaraan voldoen moes word, is daar toegesien dat die daaglikse gebede in die oggend, middag en aand en by ander Christelike byeenkomste op die Sondag en, wanneer die geleentheid hom voordoen in die week, gevier en nagekom word. Sieketrooster Willem Wyland sou dus ook voortgaan in die eerste godsdiensoefening op land op 28 April 1652. Op Sondag 12 Mei 1652 sou die eerste preek aan die Kaap gelewer word en ook die eerste nagmaal bedien word. So vind die eerste kerklike erediens deur ’n geordende gereformeerde predikant, ds. Backerius, aan die Kaap plaas. 

Creative Commons License

This work is licensed under a Creative Commons Attribution 4.0 International License.

Copyright (c) 2024 Andrew Kok