“Psalmen in den Nacht”: 200 jaar van kerkliedere geskep en gesing in die Kaap van Storms en die Kaap de Goede Hoop

Isabel Murray

Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika

isabellemurray73@gmail.com

Abstract

“Psalmen in den Nacht”: 200 Years of Church Hymns created and sung in the Cape of Storms and the Cape of Good Hope

Jan van Riebeeck brought the Genevan Psalms with him to the Cape, setting the scene for the DRC’s church music development. By 1824, various faith groups have congregated in the Cape Colony, each introducing their religious music and practices. For the next two hundred years the officials connected to the Cape Synod would diligently collect and store the thousands of documents, hymnbooks, even musical instruments and technology relating the story of the DRC’s church music. In 2024 a comprehensive process of establishing an inclusive DRC Church Music Collection has been launched, requiring a re-focus to acknowledge influences and contributions from people and sources. This article highlights a few of the more unexpected findings, such as the contributions made by the fictional “Oom Willem Smit”; the “pastor of the Richtersveld”, Eerwaarde JF Hein; “ziekentrooster” Mother Machteldt Smit of the Cape and the revival singer Ira D Sankey and ABW-prisoner Willie Louw. Lastly, a few examples are given of the DRC’s pioneer missionaries’ influence on African indigenous music, such as the Chechewa Hymnbook.

Keywords

Afrikaanse Kerklied; Afrika-kerklied; Andrew Murray (1828–1917); Argivale musiekbronne; Eerwaarde JF Hein; Ella Neethling; 1860 Herlewing; Maria Neethling (née Murray); “Oom Willem Smit” (Ds George Murray 1845–1921); Pioniersendelinge; Psalms; “Sankey Songs”; Sieketrooster; Strevers; Mactheldt Smit; Vrouestemme; Willie Louw.

Inleiding: Psalmen in den Nacht

In ’n skets uit George Murray se bundel Een Beker Zonder Oor, verduidelik “Ouderling, Oom Willem Smit”1 aan sy jong diaken wat bedoel word met die uitdrukking “Psalmen in den Nacht”.2 Oom Willem open sy vertelling met die Bybelverhaal Habakuk … dáár waar alles leeg en verwoes is – en tóg, eerder as om te kla en kerm, hoor ons die woorde oor sy lippe kom: “Zoo zal ik nochtans van vreugde opspringen in den Heer, ik zal mij verheugen in den God mijns heils”.

“Hoe kunnen hij het doet? Hoe is het mogelijk? Nu zingt hij midden de verwoesting? Hij zegt het ons: ‘De Heere Heere is mijne sterkte; nu kan ik niet anders dan vroolijk singen: De Heer is mij tot hulp en sterkte, Hij is mijn lied, mijn psalmgezang’!” “Kan daar steeds sulke mense tussen ons wees?,” wil diaken Danie van oom Willem weet. “Ja”, antwoord oom Willem, “ek kan jou vertel van Pieter, ’n boer wat alles in die droogte verloor het, maar saans by huisgodsdiens sy gesin saam met hom laat sing het ‘Prijz den Heer met blije glamen, Gij mijn ziel hebt rijke stof’.” Oom Willem het die boer gevra “Hoe is het mogelijk dat zijn niet zingen ‘Uit diept van ellende’? Ik hoor dat gij alles verloren hebt?” En die boer het geantwoord, “Ja, ik heb bijna alles verlooren. Maar God is goed en ik zeg met Job: ‘De Heer heeft gegeven, de Heer heeft genomen, de Naam des Heeren zij geloofd’” Op de vraag “Maar hoe zal dit met uw huisgezin gaan?”, antwoorde hij “Zwager, De Heer zal het voorzien. Mijne vrouw en kinderen en ik weten dat wij zeer zullen moeten bezuinigen en hard werken om uit te komen, maar dit weet ik, God is getrouw en heeft beloofd om al onze nooddruft te vervullen. Het zal ons niet helpen om te kermen en zuchten, dit heeft nog nooit iemand over de laagste muur geholpen, maar wij zullen doen wat ons gezang zegt: ‘Treed vrolijk voort op des Heeren wegen, En neem uw plicht getrouw in acht’; en ik ben zeker wij zullen niet teleurgesteld uitkomen.” “Ja”, sê Oom Willem dan verder, “waarlijk is die boer een Habakuk aan wien in den nacht van tegenspoed, zijn Maker psalmen geeft. Ik heb hier een mooi vers over Habakuk afgeschreven dat ik eens las ... Laat ieder ’t van buiten leeren het is zoo fraai:”

“Wanneer de vijg niet uit zal botten,

Geen druif meer zwellen zal van wijn,

De olijf haar kwekers zal bespotten,

En alle vruchtboom kaal zal zijn;

Als nergens graanveld meer zal rijpen,

De herder te vergeefsch zal grijpen

Naar ooi of rund op veld of stal;

Zoo weet ik nog, dat onder ‘t lijden

Mijn ziel in God zich zal verblijden,

Mijn hart in Hem opspringen zal.”3

“Die Psalmen in den Nacht” is ’n gepaste metafoor vir die verhaal van die NG Kerk se kerkliedgeskiedenis. Die nagte van storms, droogte, runderpes, oorloë en verdrukking – het voorwaar meegewerk tot die vorming van ’n menigte Habakukke wat aanhou vertrou, luister en sing het, bewus was van die “Psalmen in den Nacht”. Die Kaapse NG Kerk het gedurende die eerste 100 jare van aktief leef en geestelike vorming hier in die Kaap, ’n musiekskat opgebou. Veelvuldige Sinodebesluite is geneem en deurlopend is kommissies aangestel om die onderskeie musiekkwessies aan te spreek. Twee sodanige kwessies wat dekades lank die kerklied beïnvloed het, was die sing al dan nie van Evangelische Gezangen (1806 tot 1859) tydens die erediens, en, later, die gebruik van die “kinder en jeugbundels” De Kinderharp (1883) en De Halleluja (1890-1940’s) tydens die erediens of “kerklike byeenkomste” buiten die Sondagskool en kinder- en jeugbyeenkomste.

Die totstandkoming van die NG Kerkmusiekversameling

Sedert die aanvangsjare van die Kaapse Kerk het amptenare musiekverwante dokumente, liederebundels, bladsye notules en werksdokumente van die kommissies gemoeid met alle aspekte van kerkmusiek, in die sinodale versamelings bewaar – maar nooit ’n amptelike kerkmusiekversameling in die kerkargief tot stand gebring nie. Daarom is dit gepas om in hierdie 200ste viering van die werksaamhede van die Kaapse Sinode die eerste gekategoriseerde NG Kerk Argief Kerkmusiekversameling bekend te stel. ’n Versameling wat, soos gereflekteer in die voorlopige indeks, veel meer omvattend is as die aanvanklike gereformeerde erfenis.4

Van groot waarde vir die konseptualisering van hierdie versameling, was die publikasies van teoloë, musici en veral diegene wat jare lank meegewerk het aan die berymings, toonsettings, asook die besluitneming rakende insluiting en saamstel van die onderskeie amptelike Afrikaanse en NG Kerkliedboeke. Die geskiedenis van die NG kerklied is gedokumenteer in publikasies soos E.C. Pienaar se Die ontstaan van ons Afrikaanse Psalm en Gesangboek. (1944); Gawie G. Cillié Waar kom ons Afrikaanse Gesange vandaan? (1982); P.J. Loots Ons Kerklied deur die Eeue (1948) en verskeie belanghebbende doktorale verhandelings soos die van John Henry Howard du Toit “Die Gesangekwessie rondom die Bundel ‘Evangelische Gezangen’ – met besondere verwysing na Suid-Afrika” (1971) en Francois P. Fourie se “’n Geskiedenis van die kerklied in die Nederduitse Gereformeerde Kerk.” (2000). In die kerkmusiektydskrif, Vir die Musiekleier (to the Director of Music) – Jaarblad van die Suider-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging is daar insiggewende artikels rakende elke aspek van kerkmusiek, onder andere orrelbou, die kerkmusiek in die liturgie en sinodebesluite rakende die
psalms5. Die indeksering, kategorisering van die NG Kerk Argief-musiekbronne, het gepaardgegaan met verdere navorsing om die uiteenlopende en onverwagte bronne se oorsprong en plek in die kerkliedverhaal, te verklaar. Dit het aanleiding gegee tot ’n eerste historiografie oor die NG Kerk musiekverhaal en argivalia (wat einde 2024 sal verskyn).6

In hierdie artikel is die fokus dus nie soseer op die historiese verhaal van die NG Kerk se musiekskat nie, maar op mense wat meegedoen het aan die skep, sing en oordra van liedere, sowel as op dié wat deur die liedere aangeraak en bemoedig is in tye van nood. Waar, wanneer, hoe en hoekom het hulle bly sing midde die storms? Antwoorde op hierdie vrae word gesoek in verhale van die Noord-Kaapse voorsanger, eerwaarde Frederik Johan Hein en Moeder Machteldt Smit, die eerste erkende vroulike sieketrooster aan die Kaap. Die merkwaardige en verrykende invloed van die 1860-herlewingsliedere op die mense aan die Kaap, maar ook verder, word bespreek aan die hand van die liedbundels wat deur Kaapse predikante, Charles Murray en Andrew McGregor, saamgestel is om die “revival songs” te “ver-Afrika-ans”. Laastens word daar uitgelig hoedat die pioniersendelinge die Kaapse kerklied in midde-Afrika ingedra en meegewerk het om die “Psalmen in die Nacht” daar te laat tuiskom. Met die oordra van hierdie mikroverhale word daar ’n nuwe storielyn tot die groter verhaal van die Kaapse Sinode se werksaamhede en die impak daarvan op mense se lewens toegevoeg; maar méér nog, word daar beklemtoon dat die “Kaapse Sinode” nie ’n aparte entiteit wat bloot net besluite neem was of is nie, maar ’n vergadering en samekoms van die mense – “kerk” met ’n kloppende hart en singende stem.

Stem van die inheemse en vroue voorsangers

Eerwaarde Johan Fredrik Hein: Van skaapwagter tot singende leraar7

Fig 1: Elisabeth (née Wimmer) en Johan Fredrik Hein as ouer egpaar.

Soos Dawid van die Psalms se van-skaapwager-met-lier-tot-koning-met-septer-verhaal, klink die verhaal van Frederik Hein: dié van ’n jong skaapwagter wat later sy eie liedere sou sing en as een van die eerste volwaardige “gekleurde dominees” in die Richtersveld gemeente van Koeboes (wat later onder die NG Sendingkerk sou val) georden sou word.8 Sy verhaal, soos gedeeltelik deur homself opgeteken in sy dagboek en Noten-Boek,9 is ’n voorbeeld van die inspeel van veelvuldige geloofstradisies en Westerse en Afrika-kultuurgoedere op die tot stand kom van die NG Sendingkerk en NG Kerk musiekskat.

Eerwaarde Johan Frederik Hein (1827-1901) van die Richtersveld se kinderlewe is reeds vol patos. As jong seun was hy bekend as Willem Hein, seun van ’n boer en ’n gekleurde vrou. Sy verlaat die plaas omdat die pa nie vir Willem as sy seun wou aanvaar nie en vind ’n tuiste op Wupperthal-sendingstasie. Hier tree sy in die huwelik met Adriaan Hein en Willem neem sy stiefpa se van aan – en word sy veewagter.10 Dit is waar eerwaarde Budler van die Rynse Sending die skrander jong Willem raaksien en nooi hom om by sy skool in te skakel. Sy aanvanklike ongeletterheid ten spyt vorder Willem so goed, dat hy na nege maande van opleiding ’n brief skryf aan die hoofde van die Rynse Sending in Barmen waarin hy die wens uitgespreek om as onderwyser vir sy eie mense opgelei te word. Met Budler se skuif na Komaggas en Steinkopf is Hein saam as “hulp onderwyser en evangelis”. Op Hein se versoek doop Budler hom op 16 Oktober 1842 as “Johan Frederik” Hein – die voorname van sy geliefde leraar.11

Hein se sendingbediening begin vroeg in die 1840s by Ugrabib in die Richtersveld en volgens sy dagboek, begin dit met die sing van ’n lied:12

Den 6 Maart 1844 ving ik met mijnen arbeid op Ugrabib aan en had slechts 13 kinderen in de school, met welken ik eerst een lied begon te zingen, hetwelk mar zeer slecht ging en na het gebed sprak ik hun het geloofsbelijdenis … [hierop volg ’n Bybelverhaal] … Daarna een lied gezongen te hebben, sluit ik de school. Des Zondags komen de volwassenes by my in de tent die ik dan uit de Bybel voorlees.

Hierna hou Frederik Hein skool en bring die evangelie op onder andere Amandelboom (1858-1862) en Koeboes13 en word bekend as die “Pastoor van die Richtersveldt”. Jare lank trek hy saam en bedien in ’n “bossieskerk”, maar met die hulp van sy gemeentelede kan hy uiteindelik in 1893 ’n klipklerkgebou op Koeboes oprig. Tydens die plegtige inwyding op 1 Oktober 1893, is hy op die ouderdom van ses-en-sestig – ná meer as 50 jaar se diens in die Rynse Sendinggenootskap – as leraar georden. Hierna sou hy nog agt jaar dien voor sy dood in November 1901.14 In 1944 is ’n gedenksteen voor die kerkgebou op Koeboes opgerig in herinnering van die baanbrekers opvoedings- en bedieningswerk van eerwaarde Hein en sy vrou Elizabeth:

Deur die stil oggendlug het die mooi Namalied ter ere van God tussen die Koedoesberge opgeklink. Met diepe eerbied het die aanwesiges, blank en gekleurd, na die ernstige gebed in die Namataal deur oud-ouderling Slaander geluister.15

Die teelaarde vir eerwaarde Hein se Noten Boek en musieknalating was dus, benewens sy blootstelling aan kerkmusiek in die Rynse tradisie tydens sy jeugjare in Wupperthal,16 sy meer as 60 jaar van meesal rondtrek-arbeid in die Namakwaland. Die dagboeke17 wat hy tussen 1844–1866 gehou het, vertel die menslike verhaal van leed, droefheid, swaarkry, uitdagings, droogte, hongersnood, familietwis, diefstal, ongeregtighede. Soos toe hy as leraar moet tussenbeide tree wanneer egliede of gemeentelede twis. Dit vertel ook van toegewyde uitvoering gee aan sy opdrag om die evangelie prakties uit te dra deur te help grafgrawe, landeploeg en tuine aanlê om kos aan gemeentelede te verskaf:

Den 26 Juny 1864, kwam myne Wagen met koorn wat ik heb laten halen. Op diezelfden dag ontstond een bakalery tusschen eenen man en zyn vrouw, omdat de man zich aan overspel schuldig gemaakt heeft, en nu was de vrouw daarmee ontevrede en twiste en bakaly met den man.

Den 27 Juny 1864, begon ik te ploegen.

Den 14 July 1864, zond ik paar mannen om iemand, die in het veld aan eene oude kwaal gestorven was te begraven, die iemand er ons bygeval gevonden.18

Hy hou Pinkster- en Nagmaalsdienste al is daar maar “enkele lieden tegenwoordigd”. Aanvanklik sukkel hy want hy ken nie die Nama taal nie, maar met geduld leer die gemeente sy Hollands verstaan – en hy die Nama taal. Midde alles, hou hy skool vir oud en jonk, skryf musiek, vertaal liedtekste vanuit Duits na “Kaapse Afrikaans” en leer ander sing – ook, volgens sy dagboek inskrywing, vierstemmige liedere.19 Vir Kersfees gaan haal hulle ’n doringboom uit die rivier en sing die kinders hul Nama liedjies. Wanneer die gemeentelede met hul vee verder trek agter weiding aan, bly Fredrik alleen agter totdat hul wederkeer. Nadat hy ’n hele aantal jare hier gewerk het, is hy na Amandelboom, waar hy vir amper tien jaar arbei. Uiteindelik in 1862, keer hy weer terug na sy geliefde Richtersveld:20

Den 8 January 1864, reed ik naar Kalkfontein … alwaar ik eenigen vonded, die reeds bijeen gekomen, en op my wachtende waren. Des avonds had ik rijkelijk menschen in de godsdienst, na het eindigen daarvan hield ik, voor dat de lieden [mense] uit elkaargingen, Zing uur met hen, en leerde hen vierstemmige lied, die ik echter niet geheel klaar kreeg. Zondag den 10 January 1864, had ik rydelyk [sic] menschen in het verhoor [sic] – Namiddag drie uur, huld ik eerst leesuur met de oude leerders, by welke gelegenheid de kinderen, zoo velen als er waren, ook zamen kwamen om te spellen, en letters te leeren. Na het lezen enz. hield ik werder Zingen uur.

Eerw. Hein se laaste 1866-dagboekinskrywings, is die netjies uitgeskryfde berymings en een klein stukkie notering van kerkliedere. Geen aanduiding word gegee van die oorsprong of gebruik daarvan nie. Die eerste is die bekend-klinkende “Zoo vast een burg is onze God”, waarskynlik Hein se vrye vertaling uit die Duitse Lutherse beryming van “Eine feste Burg ist unser Gott” 21 (strofe 1–3). Elders in sy dagboek maak hy melding daarvan dat hy Engels leer en onder andere tekste uit Engels vertaal vir sy gebruik in sy gemeentebediening. Daar is dus ’n moontlikheid dat ook hierdie berymings voorbeelde van sodanige vertalings is uit Engels of Duits, wat hy ook magtig was as gevolg van sy blootstelling aan die Rynse Sending in Wupperthal gedurende sy kinderjare. Dalk is dit selfs ’n “vrye verwerking” om die teks meer geskik te maak vir die mense in die Noord-Kaap – sien byvoorbeeld die verwysing na die leeu en so meer in die getranskribeerde lied-tekste [Lied I, Lied III en Lied IV]:22

Fig 2: Twee bladsye uit die Noten-Boek van Frederik Hein, Ebenezer, 8 Junij 1857.

(Onder) Die eerste notering op die bladsy is die Duitse kerslied “Ihr Kinderlein, kommet”. Die wysie aanduiding by die tweede notering is: “Hosianna! Gelobet sei, der da kommt”. Die woorde van hierdie lied word soos volg weergegee ( Note Boek, bladsy 107): A. o Hosanna! Gezegend zij die daar komt // E. In den Naam onzes Heeren! // A. o, Hosannan [sic] in de hoogt! // E. Die daar komt in den naam des Heeren! // A. Die daar komt in den Naam onzes Heeren! // E. o, Hosanna! // A. Ja, Hosanna! // E. o, Hosanna in de hoogt! // A. Ja, Hosanna in e hoogt! // F. J. [Nota: Die “o” is deurgaans nie hoofletters nie, terwyl die “Ja” wel is. IM]

[LIED I]

[Hein se teks]

1. Zoo vast een burg is onze God

Zoo goed een schild een [sic] wapen,

Dat Satan zelfs in onze nood

Niet weet ons regd te raken.

De oude bozewicht

Met grimmig aangezigt

Ons zoekt met alle magt

Te storten in zyn racht,

Op aard is niet zÿns gelyken.

2. Met onze magt is niets gedaan

Wy zyn wel haast verloren;

Een stryd voor ons de regte man

Van God daartoe verkoren

Vraagt gy mÿ wie dat is?

Zyn naam is Jezus Christ

De Heere Zebaöth

Daar is geen ander(en) God.

Het strydtperk moet Hy winnen.

3. En kwam de duivel zelven nêer

En zou ons will ’n verslinden

Zoo vreezen wy ons niet zoo zeer

Hy zal ons toch niet vinden

De vorst van deze eeuw

Zoo briesehend als een leeuw

Hoewel hy naar ons zoekt

Zoo is hy toch vervloekt

Een woordje kan hem vellen.

[Duitse teks]

1. Ein’ feste Burg ist unser Gott,

ein’ gute Wehr und waffen;

er hilft uns frei aus aller Not,

die uns jetzt hat betroffen.

Der alt’ böse Feind,

mit Ernst er’s jetzt meint,

groß Macht und viel List

sein’ grausam’ Rüstung ist,

auf Erd’ ist nicht seinsgleichen.

2. Mit unsrer Macht ist nichts getan,

wir sind gar bald verloren;

es streit’t für uns der rechte Mann,

den Gott hat selbst erkoren.

Fragst du, wer der ist?

Er heißt Jesus Christ,

der Herr Zebaoth,

und ist kein ander Gott,

das Feld muß er behalten!

3. Und wenn die Welt voll Teufel wär’

und wollt’ uns gar verschlingen,

so fürchten wir uns nicht so sehr,

es soll uns doch gelingen.

Der Fürst dieser Welt,

wie sau’r er sich stellt,

tut er uns doch nicht;

das macht, er ist gericht’t;

ein Wörtlein kann ihn fällen

Die volgende lied in die dagboek, bestaande uit vyf strofes, verwoord die kinders wat in liefde en blydskap sing en hoe hierdie kindersang, die engele en Jesus verheug. Daar is geen aanduiding of dit ’n vertaling of Hein se eie teks is nie. Die notasie volg na die woorde:

[LIED III]

1

De kinderen zingen wat goed is en waar,

En d’Englen daar boven zy luistren er naar.

2

Die kinderen zingen

Van Jezus zoo bly,

En de eng’len die spelen

De harpen daarby

3

De kinderen zingen in liefde en vree

En de englen boven

Zeg zingen ook mee.

4

Zoo zingen de kindren

En de Eng’len zaam!

Tot lof van der Heeren

Zeer [?] heiligen naam.

5

En de Eng’len daar boven

De kinderen beneên

En God neigt zoo gaarne

Zyn oor tot U heen.

Die laaste lied in die dagboek [LIED IV], is ’n tipe danklied: vir daaglikse brood, God se enige genade en sy sterwe aan die kruis op Golgota, maar veral oor verlossing. Dit wil dus voorkom asof hierdie liedere tydens ’n spesiale geleentheid gebruik is – aan die hand van die laaste drie se inhoud, dalk as Paasliedere waar die volwassenes en die kinders gejuig het oor die opstanding van Christus. Selfs ten tye van die groot droogtes en swaarkry, fokus eerw. Frederik Hein in sy sangbediening op die hoop wat Jesus Christus se lewe, dood en opstanding bring, en daardeur begelei hy sy gemeente om “Psalmen in den nacht” te sing.

[LIED IV]

1 Vader wy loven U

Vader wy danken U

Tot in den dood.

Dat Gy van eeuwigheid

Voor ons het heil bereid

En dacht om onze nood.

Heilige God!

2 Zoon God’s wy loven U

Zoon Gods wy danken U

Voor Uw genââ.

Dat Gy ons zondaars te goed

An’t kruishout verbloedt

En ging’t Uw schapen naâ

Op Golgotha.

3 Geest Gods wy loven U,

Geest Gods wy danken U.

Voor Uwen troost,

Dien Gy aan’t harde schuld [?]

Als’t om zyn zonden denkt,

En Bidt om hemelstroon

Dat Gy’t verlost

Vroue as ziekentroosters en musiekleiers

Alhoewel die verhale van die vrou as musikant in die Kaapse kerk nie
werklik aangeteken is nie, is daar tientalle voorbeelde van die vroue se insette in die opbou en uitdra van die kerklied. Die rol van vroue in die implementering van die piëtistiese beginsels – soos byvoorbeeld as opvoeders en hoofde van die nuwe opvoedingsinrigtings, of as sen-delinge23 – asook hul groot aandeel in die ontwikkeling en uitvoering van sang en musiek, blyk deurgaans uit notules, jaarverslae en gedenkboeke, sowel as uit hul aktiewe insette as orreliste, koorleiers en Kinderkrans- of Sondagskoolleiers. Opvallend is ook die klem op die kerklied in die vorm van samesang en koorsang tydens die Vrouwenzendingbond, Mede-Sending Arbeidsters (MSA) sowel as die Kinder Zending Kranzen (later Kinderkrans) se byeenkomste. In die verskeie Kinderkrans-publikasies deur Ella Neethling saamgestel, vind ons Kinderkransliedere met notering en teks, in elke les gepaste liedere aangetoon en dikwels hele “toneelstukke” deur middel van beurt-sang uitgewerk. Die leidsters word dus begelei in die gebruik van liedere as onderrigmetode. Twee voorbeelde hiervan is die “Kinderloflied van Maria Neethling (née Murray)24 en die “Kinderkranslied”, waarskynlik uit die hand van Ella Neethling. Haar bundel kinderliedere, getoonset deur prof. Jannasch, het in 1923 verskyn:25

Een Kinder-Loflied

1 Komt! Looft den Heer, want Hij is goed;

Hij geeft ons, uit Zijn overvloed,

Het leven, kleeding, spijs, en kracht,

En houdt steeds over ons de wacht.

2 Wij zijn nog jong, maar ’t geeft Hem vreugd,

Als wij Hem dienen in onz’ jeugd;

Schoon zwak, Hij laat ons nimmer gaan,

Maar neemt onze kinder-liefde aan.

3 Hij had ons lief tot in den dood,

Hij red ons steeds van schuld en nood;

Zoo komt Hem al onze eere toe;

Hij wordt van onzen lof nooit moe.

4 Hier zij ons leven Hem gewijd,

En eens, omhoog, in d’eeuwigheid;

Daar zingen wij, in ’t Hemelhof,

Met al zijn Eng’len, Jezus ‘lof.

(Bo) Fig 3: “Hoort! ’t Geroep uit Heidenlanden” (Wijze Halleluja 237).26
(Onder) Fig 4: “Wees niet zoo bedroefd, O Moeder.” Lied 30 in die 1912 Hosanna.27

Benewens die publikasie van kinderliedere, het vroue geleidelik begin om met lied en poësie in die openbaar aan hul gevoelens uiting te gee.28 Voorbeelde is Maria Neethling (née Murray) se bundel oor haar jong sendelingseun, Willie Neethling in 1889 publiseer,29 en gedigte wat sy in dié tyd geskryf het, soos die aangrypende samenspraak tussen ’n moeder en haar sterwende kind in “Vergaderde Leliën”.30 Dié gedig sluit aan by die lied “Wees niet zoo bedroefd, O Moeder” – ’n vrye verwerking van die Maleise lied van C Ch Schröder – opgeteken in die 1912-Hosanna-bundel vir gemengde koor.31 Die “slaven gezangen” was volgens Maria haar gunstelingliedere in haar kinderjare. Kon Schröder se lied dalk as haar inspirasie gedien het?

Fig 5: Moeder Mathilda (Machteldt) Smit, Siektrooster en medestigter en onderwyser by die Kaapse die ZA Gesticht (regs) se “zendingschool vir slaven”.

Selfs nog vroeër dateer die uitsonderlike bydrae van en erkenning verleen aan Moeder Mathilda Smit (1661-1749).32 In die Historische Kerk Album van 1910,33 skryf Andries Dreyer dat Mathilda of Machtelt Smit (gebore Combrinck) reeds teen die einde van 1700s en die aanvang van die 1800s die eerste Sondagskool vir slawekinders in Kaapstad gestig het. In Roodezand (Tulbagh) het Mathilda saam met ds. M.C. Vos onder die “heidene” gewerk en ’n omvattende korrespondensie met Christene in Indië, Engeland, Holland, Duitsland en Amerika volgehou. Haar geseënde werk het met diepe toewyding en selfs lyding gepaard gegaan, sê Dreyer:

Velen nuttige inrichtingen en vereenigingen in en bij Kaapstad hadden haar ontstaan te danken aan de ijverige bemoeigen van ‘moeder Smith”. [Sy was] “vervuld van eene groote gedachte; de uitbreiding van Gods koninkrijk. Hiervoor bad zij; arbeidde zij; leed zij; en haar arbeid, haar gebed, haar lijden waren niet vruchteloos.34

Mathilda of Machtelt Smit het egter ook die gesogte status van “sieke-trooster” gedra – een van die min vroue aan die Kaap aan wie amptelike erkenning vir haar werk in die verband, gegee is. Trouens, sommige bronne verwys na haar as ’n “Kaapse sendeling en ziekentrooster”35 en vermeld sy haar entoesiasme vir “hymn singing”: “I wish the high praises of God to be in the mouth of others as well as in my own … I engage all around me to unite in singing the 73rd Psalm”. In die Nederlandse beryming lui die eerste strofe soos volg:

“Ja waarlijk! God is Israel goed, voor hen, die rein zijn van gemoed; Hoe donker ooit God’s weg moog’ wezen: Hij ziet in gunst op die Hem vreeze. Maar, ach! Hoe wél my ziel dit weet, Mijn voeten waren, in mijn leed, Schier uitgeweken, en mijn treên Van ’t spoor der godsvrucht afgegleên.”36

Die sieketroosters het inderdaad ’n besonderse aandeel in die ontwikkeling van die vroeë Kaapse kerkmusiek gehad. Enersyds het hul die volwassenes en kinders die musiek leer sing. Andersyds kan die gebrek aan musikale begrip en uitvoeringsvaardigheid van die kerkgangers gedurende die eerste dekades, deels daaraan toegeskryf word dat die godsdiensoefeninge deur die “Kaapse zieketroosters” gelei is – manne en later die enkele vroue met bittermin musiekopleiding en -vaardigheid wat aangewys is as godsdiensonderwysers. Die eerste persoon wat in 1665 deur Jan van Riebeeck in dié pos aangestel is, was Willem Barendzoon Wijlant. Hy is aangesê om leiding te neem en “voor te gaan” tydens die “avondgodsdienst … alle avonden … doen een avondgebedt mit een vers, twee ofte dree te singen …”.37 Ongeag die karige opleiding, het die zieketroosters ’n belangrike en erkende rol in die kerklike en sosiale lewe van die Kaap vervul.

In die latere Psalmenbundel (1875) is daar ’n afdeling De Ziekentroost, welke eene onderwijzing is in het geloof en den weg der zaligheid, om gewillig te sterven.38 Die lewe en dood word bespreek, met volop skrifverwysings – waarskynlik tekste wat vir die sieke en sterwende voorgelees kan word. In Het boek der Psalmen nevens de Gezangen bij de Hervormde Kerk van Nederland in gebruik van 1875, is die heel laaste gesang, Gezang 192, getitel “Troos des Eeuwigen leven” en word gesing op Gezang 17 (“Wie maar den goeden God laat zorgen”) se wysie “Wer nur den lieben Gott läszt walten”. ’n Praktiese voorbeeld van hoe die siekes en sterwendes op die wieke van die lied die volgende lewe in begelei is. Dalk dié dat die Ziekentrooster in die rolverdeling voorkom in die teks van die opdragwerk wat tydens die herdenking van Jan van Riebeeck en Maria se koms na die Kaap,39 geskryf, getoonset en uitgevoer is: die oratorium “Jan van Riebeeck Suite voor Stemmen en Instrumenten” (1952).40

Die toenemende hoorbaarheid van die vroue stem, sluit aan by die rol van vroue gedurende die 1850-1860 Herlewings waar duisende liedere deur vroue, soos Fanny R. Crosby, geskryf, getoonset en uitgevoer is, soos gesien kan word in die lys van “Sankey liedere”.41 Noodwendig was daar vanuit kerkkringe heelwat teenkanting rondom hierdie “ongereformeerde” teologie en praktyke. Ten spyte hiervan het die Kaapse Kerk diepgaande en verrykende veranderinge as gevolg van die 1860-Herlewings ondergaan – veral ook op die gebied van die kerklied.

Die Amerikaanse en Suid Afrikaanse herlewing

Die invloed van die wêreldwye “1850-60s Religious Revivals” op kerkmusiek, kan nie onderskat word nie. Dalk juis omdat dit nie net op ’n diep geestelike honger en versugting van die hoorders ’n antwoord was nie, maar onbetwisbaar aanklank gevind het by ’n werklike “musikale honger” van duisende regoor die wêreld. Ook in die Kaap, veral direk na die Herlewing van 1860. Die vraag is dus hoe, of dalk waarom, het die 1860 Kaapse geestelike herlewing en die “revival songs” – dikwels na verwys as die “Sankey songs”42 – so ’n impak gehad? Alhoewel die omvang en fokus van hierdie artikel nie ruimte bied vir ’n in-diepte bespreking nie, word enkele moontlike bydraende faktore uitgelig aan die hand van inligting verkry uit onder andere persoonlike briewe, soos dié oor die dood van een van die ABO-rebelle, Willie Louw. Daar word ook, met verwysing na die bronne in die NG Kerkargief, talle herlewingsliedere in elke kerklike vereniging se sangbundel opgeneem.43

Tussen 1860 en 1920 het die “revival song”, gesanksioneer en gepromoveer deur die internasionaal bekende Amerikaanse herlewingsprediker, Dwight Moody, en sy “revival song leader” Ira D Sankey, soos ’n veldbrand wêreldwyd versprei. Dié liedere is veral deur die kinders, jongmense (en baie ouer persone ook) as deel van hul verskeie Christen Jeugverenigings – soos die 1896-gestigte Christen Studente Vereniging van Suid-Afrika (gestig in Stellenbosch in Julie 1896) – toegeëien en gesing. Gewild en maklik om uit die hoof te sing, is hierdie liedere onderskryf deur die suster-seminaries van die Hugenote Seminarium, en vanaf 1877, die Sendinginstituut (of Opleidingskool) Wellington. Al die stigters, Andrew Murray (’n Skotse nasaat en moderator van die Kaapse Kerk gedurende die Herlewing), sowel as die twee Amerikaanse opvoedkundiges Abby Park Ferguson en Anna Elvira Bliss (afkomstig van Mount Holyoke Seminary, Massachusetts, VSA), asook Rev Geo Ferguson van die Sendinginstituut, het die herlewingsprediker Dwight Moodie se konferensies – waar die sing van herlewingsliedere hoogty gevier het – bygewoon en hom persoonlik ontmoet. Ook het Murray en Abby Ferguson44 uitgebreide toere kruis en dwars deur die Kaapkolonie en die res van Suid-Afrika onderneem, waar evangelisering en die sendingverantwoordelikheid beklemtoon en toegewyde Bybelstudie en die sing van herlewingsliedere, aangemoedig is.

Gegewe die betrokkenheid en sanksionering verleen aan die herlewingsmusiek deur verskeie van die leierfigure op die gebied van die kerk, opvoeding en veral kinder en jeugwerk (Sondagskole, Kinderkrans), is dit te begrype dat hierdie liedere in bekendheid en gewildheid sou toeneem. So het die onderskeie nuutgestigte studente en ander verenigings soos die Vrouwen Zending Bond (1889), die Christen Studenten Vereniging (1896), die Mannen Zending Bond (17 November 1908), sowel as die opleidingsinstansies, soos die groeiende aantal Seminariums vir vroue soos die Hugenote Seminarie in Wellington, Worcester, Paarl, Grey Town en “suster” seminariums in Pretoria, Swellendam, Graaff Reinet, om maar enkeles te noem, toenemend hierdie “opwekkingsmusiek” gebruik tydens hul bidure, byeenkomste en gereelde oggendopenings en biduurgeleenthede. Talle voorbeelde hiervan is te vind in die Jaarboeke, vergaderings-/verenigings-verslae en notules, sowel as in die Hugenot News Letter 1874–1884 (later die Mission News Letter en Koningsbode). In 1888 berig die Mission News Letter oor die optrede van Annie Murray (Hugenote alumini en dogter van Andrew en Emma Murray) by die pasgestigte Young Christian Women’s Association in Wellington. Een maal per maand is die fokus “sendingwerk” en tydens so ’n geleentheid lewer Annie ’n solo – die “Mission Hymn”:

From Greenland’s Icy Mountains. Lyrics: Reginald Heber, 1819.
Tune: Lowell Mason, 1823.

1. From Greenland’s icy mountains,

From India’s coral strand,

Where Afric’s sunny fountains

Roll down their golden sand;

From many an ancient river,

From many a palmy plain,

They call us to deliver

Their land from error’s chain.

3. Shall we whose souls are lighted

With wisdom from on high,

Shall we to men benighted

The lamp of life deny?

Salvation! Oh, Salvation!

The joyful sound proclaim

Till each remotest nation

Has learned Messiah’s name.

4. Waft, waft, ye winds, His story,

And you, ye waters, roll,

Till like a sea of glory

It spreads from pole to pole;

Till o’er our ransomed nature

The lamb for sinners slain,

Redeemer, King, Creator,

In bliss returns to reign.

Die omvangrykheid van hierdie liedere kan gesien word in die aantal Sankey (en ander soortgelyke) liedbundels in die NG Kerk Argief: Opwekkings-Liederen. (Sankey en Anderen), published by M.S. Bromet (no date); Sacred Songs and Solos – Twelve Hunderd pieces. Revised and Enlarged with standard Hymns. Ira D. Sankey. 1909. London: Morgan & Scott; and New Hymns and Solos. 1902. Compiled and sung by Ira D. Sankey. London: Morgan & Scott – with the foreword written by Dr Andrew Murray, June 1902.

Die laaste bundel (New Hymns and Solos) met ’n voorwoord van Andrew Murray, is betekenisvol in die lig van die gebeure tydens die Anglo-Boere Oorlog met die draai van die eeu. ’n Opbloei in die gebruik van hierdie liedere het gepaardgegaan met die stigting van ’n groot aantal Christen Strevers-takke – veral op St Helena, Ceylon en in ander oorlogsgevangene kampe. Liedtekste word gepubliseer in De Strever45 en gesing tydens konserte46 en Strever konferensies.47 Ook die Kaapse pionier sendeling-kandidate het ’n beduidende invloed op die verspreiding van die liedere gehad: hulle het dit as krygsgevangenes, studente en tydens hul “godsdienstige verenigings” se byeenkomste, goed onder die knie gekry. Die eenvoudige melodieë was die mees singbare, die liedtekste maklik om uit die hoof te leer en oor te dra. Die persoonlike aard van die “boodskap” daarin vervat, het die hart geraak en vertroos, versterk, bemoedig. Boonop het lieder aangesluit by die “gaan dan heen en vertel” opdrag van die jong sendelinge. Inderdaad ideale liedere op jou sendingtogte te sing en oor te dra aan ander taal- en kultuurgroepe.

’n Aangrypende voorbeeld van die impak van die herlewingslied vind ons in die brief van Mimie Reynecke, née Louw, geskryf na die dood van haar broer, Willie H. Louw.48 Hy is gedurende die Anglo-Boere Oorlog in die Kaap ter dood veroordeel en op 23 November 1901, op Colesberg deur ’n vuurpeleton tereggestel. Willie (en ses makkers) het homself oorgegee gedurende die oorlog en is eers in Graaff-Reinet en toe in Colesberg gevange gehou. Omdat hy nie aktief geveg het nie, het die familie tot op die laaste gehoop dat hy nie tereggestel sou word nie. Gedurende sy tien dae in die tronk op Colesberg het sy suster Mimie hom twee maal per week besoek. Tydens een so besoek, het haar twee kinders vir Willie blomme geneem om die sel op te helder – min wetend dat dit hul laaste besoek sou wees. Direk na die besoek, het hul buite gewag op die aankondiging van die volgende teregstelling – en tot hul skok gehoor dat dit Willie is. Hulle het onmiddellik voorbereidings vir ’n nagmaalbediening in die sel getref en Mimie het toestemming verkry om by haar broer te bly tot aan die einde. In die laaste ure beskryf hy die gesindheid van sy hart “in die woorden van dat schone lied: Jezus mijn dierbare toevlugcht”:49

Jezus mijn dierbare toevlugcht.

Jezus mijn dierbare toevlught.

Eenmaal gekruist voor mij,

Vast Rots de Eeuwen

Sta ik nu van kommer vrij.

Hieruit ik hopend wachten

Dorstend naar de eeuwige rust.

Tot eens de heldere morgen

Breekt aan de gouden kust.

Na verdere gesprek, afskeidsgroete aan sy familie en vriende wat hy versoek dat hulle moet oordra, en die lees van skrifgedeelte (Openbaring 21:1-7), is dit tyd vir hulle om te groet:

“Toen wij hem voor het laaste groetten, staande in de deur van de cel, gaf hij ons nog als afscheidswoord Ps 118:6. Ook zeide hij vergeet niet lied 565 in Sankey te lezen, want daarin worden mijne ondervindingen gedurende den laasten tijd uitgedrukt.”

Ps 118 Laat ieder ’s Heeren goedheid loven Vers 650

Zij hadden mij omringd als bijën,

Maar zijn als doorenvuur vergaan;

‘k Mogt hen in ’s Heeren kracth bestrijen,

In ’s Heeren naam hen gansch verslaan.

Gij hadt mij, O vijand! hard gestooten,

Tot vallens toe mij onderdrukt;

De Heer bewaart zijn gunstgenooten;

De Heer heeft zelf mij uitgerukt.

He Will Hide Me – In the Secret of His presence. Text: Fanny J Crosby. Music: Ira D Sanky (Sanky 565)51

1 In the secret of His presence He will hide me,

From the burden of a weary world of care;

Overshadowed by His mercy, calmly resting,

My Redeemer will protect me there.

Refrain

He will hide me, safely hide me,

Where no sorrow nor temptation can betide me;

He will hide me, safely hide me;

In the secret of His presence He will hide me.

2 In the secret of His presence He will hide me,

And the brightness of His glory He will show:

While He covers me with light as with a garment,

Oh, the rapture that my heart will know!

3 In the secret of His presence He will hide me,

In the secret of His blessed, boundless love;

There communing and abiding with my Saviour,

What a foretaste of the joys above!

Fig 6: Bladmusiek vir He Will Hide Me – In the Secret of His presence. Text: Fanny J Crosby. Music: Ira D Sanky (Sanky 565)

Die toeganklikheid van die herlewingsliedere en die “Sankey’s” het bygedra daartoe dat dit maklik oorgedra en, waar nodig, vertaal kon word. Chester Meyer skryf in sy werk oor die Griqua kerklied, dat die bundels algemeen in gebruik was “… among Coloured people in South Africa during most of the twentieth century. The popularity of this hymnal was due to the fact that it was available in tonic sol-fa, something that was taught in (then missionary) schools and was a skill among most educated Coloured and Black people”.52 Hoe sou dit die musiek van die NG Sendingkerk in die draai van die eeu beïnvloed het?

Te oordeel na die aantal kore en orkeste wat in gemeente tot stand gebring is, het musiek ’n integrale en lewegewende rol in dié geloofsgemeenskappe vervul. ’n Voorbeeld van ’n gemeente waar die musiek en kore ’n betekenisvolle bydra tot kerkwees gemaak het, is Steinkopf NG Sendinggemeente. Hul eerste mannekoor ontstaan omstreeks in 1906/07 uit die destydse Mans-Vereniging onder die skoolhoof en bekwame sangmeester George Harris Zerf. Vaders en seuns het saam hieraan deelgeneem en tydens kerkdienste en ander funksies opgetree. Nadat meneer Zerf in 1916 verhuis het, het meester Nicolaas Heynes die koorleiding oorgeneem en behartig tot met sy heengaan in 1922. Sy opvolger, meester G. Cloete (“Oubaas” of “Ou-meester”) het die koorwerk só uitgebou, dat die “Skoolkoor en die Blaasorkes” teen 1928 in die lewe geroep is. Intussen het die Susterskoor in 1926 onder die bekwame dirigentskap van oud-ouderling Piet Karsten tot stand gekom. Teen 1969 het die Steinkopf gemeente tussen 11 en 14 kore en orkeste: die Kerkkoor, CSB Koor (Christelike Sustersbond), CJV koor (Christelike Jeugvereniging), Nama-koor, Die Jongedogterskoor, verskillende Hoër en Primêre Skoolkore, Sondagskoolkoor, die Snaarorkes, Blaasorkes en die Orkes van die Melodikas. Die kore en orkeste tree deurgaans tydens kerk- en gemeenskapsgeleenthede op.53 Waarskynlik word nuwe werke – soos die twee gedigte gepubliseer in die 1969-gedenkboek – getoonset. Die gedigtekste herinner aan die tekste van die opwekkingsliedere, in terme van die eenvoud, die persoonlike gesprek met en versugting na God se teenwoordigheid en, in die tweede lied, die dank aan God vir ’n goeie leefruimte – Namakwaland.54

Heimwee (C.E. Cloete)

O, ek wens ek het vlerkies soos ’n voêltjie,

Want dan vlieg ek oor die blou berge heen.

Daar waar die skape wei in die valleie

En die bokke die blêr teen die kranse.

O, ek wens ek het vlerkies soos ’n voëltjie,

Want dan vlieg ek oor die wye vlaktes heen.

Daarheen, waar die gousblomme blom in September,

En die Koring [sic] ryp is in November.

O, ek wens ek kan vlieg saam met my verlange,

Bo die wolke van my Vaders,

na die land Namakwaland,

Daar waar die reën so selde kom,

Nogtans verwek dit die velde.

Dan kyk jy verstom

na die rykdom van gena.

Namakwaland (Ds. Driessen)

Oneindige vlaktes van eensame veld,

Ontsettende tekens van droogtes geweld.

Magtige berge van pure graniet

Trotseer die eeue, verby gevliet.

Land wat verkondig volhardend verset

Teen magte wat werk om die groei te belet

Waar bessie en struikie deur Godsmag besiel

Mag aanhou ure teen die mag wat verniel.

Waar die berge ons leer om op God te vertrou,

Sy almag verkondig om ons te behou.

Wat ons die diepste afhanklikheid leer,

en ons bly dwing om aan sy voete te verkeer.

Land waar die dood tot lewe raak,

En die reën sy groeikrag laat ontwaak.

Land van skakerende blom en plant,

Weerstandvermoëgend: Namakwaland!

Fig 7: Steinkopf Snaarorkes. Foto: Gedenkboek NG Sendinggemeente 1969

Herlewingsliedere gesing van die Kaap tot in Midde-Afrika

Die pioniersendelinge is letterlik “gebore onder die herlewing”, in tonika-solfa formasie opgelei om die Sankey’s en herlewingsliedere oor te dra aan ander – en goed ingeoefen in die sing daarvan by die sending, jeug en evangelisasie konferensies en tydens hul “vakansie uitreike”. Met hul draagbare orreltjies, mondfluitjies en viool is hul Afrika in om die woord van God uit te dra. Gekonfronteer met hul gebrek aan taalkennis en die geskrewe Woord in die Afrikatale, het hul dikwels hul toevlug geneem tot die lied – veral die liedere wat hul van kindsbeen af gesing en hul eie gemaak het en wat hulle gemaklik kon oproep in die wildernis, donker nagte met leeugebrul, groot eensaamheid en tydens ure van onsekerheid oor hoe hul hierdie roeping sou kon uitvoer. Een so lied wat later, toe die taal in grammatikaboeke en vroegste Bybelvertalings op skrif gestel is, in van die Afrika-liedboeke opgeneem het, is die lied Happy Land. Dit was van Andrew Murray (sr.) se gunstelinge, en is na alle waarskynlikheid opgeteken in ’n Skotse Hymnal waarmee hy in 1822 die land binnegekom het. Sy kinders het dit geleer en hulle kinders daarna, 55 en so is dit ingedra in midde-Afrika. Cini Louw (eggenoot van AA Louw, kleinseun van Andrew Murray (sr) en pioniersendeling van Morgenster was mede-opsteller van een die Chikaranga-liedbundel waarin dit opgeneem en in 1910 gepubliseer is: Nziyo dze Chikaranga dze “De Ned. Ger.” Kerke, Mashonaland, Rhodesia.56

The Lord thy God bringeth thee unto a good land. (Church Praise No 592)

1 There is a happy land

Far, far away.

Where saints in glory stand,

Bright, bright as day.

O how they sweetly sing,

“Worthy is our Saviour King!”

Loud let His praises ring,

Praise, praise for aye.

2 Come to this happy land.

Come, come away.

Why will ye doubting stand?

Why still delay? O we shall happy be

When, from sin and sorrow free,

Lord, we shall live with Thee,

Blest, blest for aye.

3 Bright in that happy land

Beams every eye;

Kept by a Father’s hand,

Love cannot die.

Be a crown and a kingdom won;

And, bright above the sun,

Reign, reign for aye. Amen.

Nog ’n herlewingslied wat groot byval gevind het by die Wellington-opleiers en studente, is “Moment by Moment” – die lied wat een van Andrew Murray (jr.) se gunstelinge was. Hy het dit by ’n Keswick konferensie gehoor, dit neergeskryf en in Wellington kom oordra deur Emma (sy vrou) dit te laat voorsing by kerkraadsvergaderings en ander geleenthede. Die eerste woorde “dying with Jesus” asook die oproep op die ononderbroke oorgawe aan Jesus, is twee sleutelkonsepte van Andrew se boodskap aan jong en ou gelowiges.57

Moment by Moment. Text D.W. Whittle. Music May Whittle Moody.

1. Dying with Jesus, by death reckoned mine;

Living with Jesus, a new life divine;

Looking to Jesus till glory doth shine,

Moment by moment, O Lord, I am Thine.

Refrain:

Moment by moment I’m kept in His love;

Moment by moment I’ve life from above;

Looking to Jesus till glory doth shine;

Moment by moment, O Lord, I am Thine.

2. Never a trial that He is not there,

Never a burden that He doth not bear,

Never a sorrow that He doth not share,

Moment by moment, I’m under His care.

3. Never a heartache, and never a groan,

Never a teardrop, and never a moan;

Never a danger but there on the throne,

Moment by moment He thinks of His own.

4. Never a weakness that He doth not feel,

Never a sickness that He cannot heal;

Moment by moment, in woe or in weal,

Jesus my Saviour abides with me still.

Die kerklied as draer van shalom

In ’n Kerkjeug Jaarblad van die 1960’s verskyn die aanhaling: “Musiek is die enigste taal waarin die mens geen lelike woord kan sê nie. Anon.” Hieroor sou ons seker kon debatteer, so ook oor of ons Psalms of Gesange, Hallelujas of Taizé liedere moet sing. Of ons kan fyner luister. Want, deur die aandagtiger en met sensitiewe, luisterende ore omgaan met die historiese en hedendaagse singers van die kerklied, kan iets van die jeugdige se woorde bewaarheid word. Liedere, spesifiek die geestelike of kerklied, kan ons nader aan God en mekaar bring, omdat dit ons verlange na hoop verwoord. Johan Cilliers stel dit soos volg:58

Hymnology picks up on our longing for hope; it expresses our sensitivity to something new; it represents our longing for rest and peace, for shalom.

Geesvervulde liedere stel ons in staat om te verpoos, om verby kulturele verskille mekaar te hoor en, al begryp ons nie geheel en al nie, minstens deernis te hê. Om daardie rede kan liedere ons help om eg en eerlik met mekaar en die lewe om te gaan; en sing die Sesutho evangeliste met oorgawe en opreg saam met die Kaapse sendelinge uit Nziyo dze Chikharanga Lied 113 “Safe in the Arms of Jesus.” Geesvervulde liedere transformeer. Dit is immers nie net die mens se woorde tot God nie, dit reflekteer ook God se Woord aan die mens, die Evangelie van Hoop – vir die volgende 200 jaar.

Bronnelys

NG Kerk Argief-bronne

Dreyer, Andries 1910. Historisch Album van de Nederduitsche Gereformeerde Kerk in Zuid-Afrika. Kaapstad: Cape Times Beperkt.

Gedenkboek: Een-en-’n-Halwe-Eeufees 1819-1969. Nederduitse Gereformeerde Sendinggemeente Steinkopf. 1969. Woodstock, Kaap: Mester en Kie Drukkery en Skryfbehoeftes (Edms.) Bpk.

Hein, Johan F. 1844-1901. Persoonlike Dagboeke (Nederlandse, handgeskrewe). Ongepubliseerde materiaal. [NG Kerk Argief, eerw. J F Hein PPV 90].

Het boek der Psalmen nevens de Gezangen, bij de Hervormde Kerk van Nederland. 1773. Amsterdam: De Nederlandsche Bijbel-Compagnie.

Het boek der Psalmen nevens de Gezangen bij de Hervormde Kerk van Nederland in gebruik. 1875. Ingericht overeenkomstig de thans meest gebruikte Taal en Spelling. Amsterdam: De Nederlandsche Bijbel-Companje.

Hosanna vervolg op Halleluja en “Excelsior”. Voor gemengd koor. 1912. Muzik van N. van Tright, G.H. Vijgeboon, J.C. de Puy, H. van Eijk, Haydn, Möhring, Herzog, e.a. Derde Druk. Neerbosch: Neerbosch Boekhandel.

Joubert, Lisel en Isabel Murray (Reds). 2018. Hart van God: verhale van vroue in sending. Wellington: CLF.

Meyer G. 1960 [?]. Uit die Verre Noordweste. Kaapstad & Pretoria: NG Kerk Uitgewers.

MN [Maria Neethling] 1898. Levensbeschrijving van den WelEerw. W.J. Neethling door Zijne Moeder. Neerbosch: Stoom-Snelpersdruk der Weesinrichting.

MN [Maria Neethling] 1909. Unto Children’s Children. For private circulation only. London: TC Hopkins & Son.

Murray, George. 1920. Een Beker Zonder Oor. Uitgegee deur De Zuid-Afrikaansche Bijbel Vereeniging, Kaapstad. London: Longmans, Greenen Co.

Murray, Isabel. 2024. De Kinderharp, Hallelujas en Afrika Nyimbo’s: Verborge Liederskat in die NG Kerk Argief 1824–2024. Wellington: Clairvaux Uitgewershuis.

Neethling, Ella. 1909. Zending-Oefeningen voor onze Kinder-Kransen. Deel I. Neerbosch: Snellpersdruk der Weesinrichting.

Neethling, Ella. 1923. Afrikaanse kinderliedere. Getoonzet door Prof. Jannasch. Gütersloh: Bertelsmann.

Neethling, Maria. 1900. Vergaderde Leliën. Nijmegen: Milborn.

Neethling, Maria 1906. Zondag Achtermiddag. Voor de Kinderen. Holland: Weesinrichting te Neerbosch.

Nziyo dze Chikaranga dze “De Ned. Ger.” Kerke, Mashonaland, Rhodesia. 1910. Gedruk op Morgenster.

Sankey, Ira D. 1897. Sacred Songs & Solos – New Hymns and Solos. 888 Pieces. London: Morgan & Scott.

Smit, W.A.P. (Tekst) en Marius Monnikendam (Muzik). 1952. Jan van Riebeeck Suite voor Stemmen en Instrumenten. Culemborg: AT Verschoor & Zoon.

Ander bronne

Basson, Diederick 2013. “Sinodebesluite met betrekking tot die Psalm in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA): ’n oorsig vanaf 1862 tot 2012.” In Vir die Musiekleier. Jaarblad van die Suider-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging, Jaargang 36, No. 43, Desember 2016. pp. 44-57.

Cilliers, Johan. 2011. Faith in search of Sound: The interaction between religion, culture and hymnology. [Intyds]. Beskikbaar: https://repository.nwu.ac.za/bitstream/handle/10394/16862/VdM_31(2011)2Cilliers_J.pdf?sequence=1.

Da Costa, Isaäc. 1835. “Sterkte in God.” (Habakuk, Hoofstuk III.) In Da Costas Kompleeten Dichtwerken – Tweede Deel. 1835. Haarlem: AC Kruseman. p. 364. {Aanlyn]. Beskikbaar: https://www.dbnl.org/tekst/cost002jpha02_01/cost002jpha02_01_0060.php.

De Jan van Riebeeckfeesten 1952. [Aanlyn]. Beskikbaar: https://www.culemborgtoen.nu/jan-van-riebeeckfeesten-2/.

Luther, Martin. Kleines Gesang- und Gebetbuch #33. [Intyds]. Beskikbaar: https://hymnary.org/text/ein_feste_burg_ist_unser_gott.

Meyer, Chester Aubrey. 2015. “Griqua hymnody: A Musical ethnography of Griqua identity through song.” Ongepubliseerde M-verhandeling. Universiteit van die Vrystaat. [Intyds]. Beskikbaar: https://scholar.ufs.ac.za/items/736460a7-c7c2-4999-8e73-95546f7dcf53.

Schoeman, Karel. 1996. “Kaapse Stamouers: Die voorsate van Machtelt Smit, 1661-1749.” In Kronos, No. 23, November 1996. pp. 36-42.

Van Beek, Pieta. 2010. “Buitenbeentjes in de kerk: vrouwenschrijvers als Susanna Smit, Maria Neethling, Ella Neethling en Willemien Appel in het licht van internationale vrouwengeschiedenis.” In NGTT Supplementum: Teologie 150 en Calvyn, Deel 51. Stellenbosch: Universiteit van Stellenbosch. pp. 201-222.


1 “Oom Willem Smit” is ’n fiktiewe karakter, geskep deur ds. George Murray, jongste seun van Andrew en Maria Murray van Graaff-Reinet. Sketse uit die pen van “Oom Willem” het in De Gereformeerde Kerkbode en elders verskyn. Verskeie bundels sketse is gedurende sy lewe, maar hoofsaaklik na sy dood, gepubliseer. Sommige van die kort sketse bevat lewenswaarhede, praktiese wenke vir die Christelike gesin, hoe om kinders na God te lei en geloofsvraagstukke, soos die uitverkiesing.

2 George Murray, Een Beker Zonder Oor. Uitgegee deur De Zuid-Afrikaansche Bijbel Vereeniging, Kaapstad. (London: Longmans, Greenen Co. 1920), 17–24.

3 Aangehaal deur “Oom Willem” in George Murray. Een Beker Zonder Oor, 19. Die oorspronklike gedig is van Da Costa: “Sterkte in God (Habakuk, Hoofdstuk III.),” in Da Costas Kompleeten Dichtwerken – Tweede Deel. 1835 Haarlem: AC Kruseman. pp. 364. [Intyds]. Beskikbaar: https://www.dbnl.org/tekst/cost002jpha02_01/cost002jpha02_01_0060.php.

4 Die NG Kerk Argief Kerkmusiekversameling word gehuisves in die NG Kerk in SA Argief, Stellenbosch. Die proses van ontsluiting en katalogisering het in Oktober 2023 in aanvang geneem en, alhoewel die kernversameling ontsluit is, is die mikro indeksering en digitale kategorisering, steeds in proses.

5 Diederick Basson,“Sinodebesluite met betrekking tot die psalm in die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA): ’n oorsig vanaf 1862 tot 2012,” in Vir die Musiekleier. Jaarblad van die Suider-Afrikaanse Kerkorrelistevereniging, Jaargang 36, No. 43 (Desember 2016 [2013]), 44–57.

6 Isabel Murray, De Kinderharp, Hallelujas en Afrika Nyimbo’s: Verborge Liederskat in die NG Kerk Argief 1824–2024 (Clairvaux Uitgewershuis. Publikasiedatum Oktober 2024), 500. ’n Oorsigtelike historiografie van 200 jaar se kerkmusiek toegelig en gekontekstualiseer met behulp van argivale illustrasies, dokumente, foto’s en faksimileë.

7 Hein het sy naam in sy Noten-Boek as Fredrik geteken [sien Fig 2]. Drie verskillende spellings van Frederik word gevind: Frederik (soos in die Noten-Boek deur Hein self geskryf); Frederik (soos deur eerwaarde Meyer geskryf) en Frederick (waarskynlik die Duitse spelling van Budler se naam).

8 Hein se seun, Johannes Frederik Hein (jr.) het hom opgevolg in sy gemeente en, sover bekend, gedien as geordende leraar van die NG Sendingkerk (wat die Rynse sendinggemeentes oorgeneem het in die 1930–1940) tot sy onverwagse dood op Springklip. Hy is op Kuboes begrawe. Briewe deur hom geskryf is in NG Kerk Argief PPV 90.

9 Die dagboeke en Noten-Boek is opgeneem in die privaatversameling van Eerwaarde (later ds.) Johan Frederik Hein, NG Kerk Argief PPV 90.

10 Elsa van Schalkwyk (Samesteller), Die Amandel breek oop: 1845–1995 (Paarl: Paarlse Drukpers, 1995), 10.

11 G. Meyer, Uit die Verre Noordweste (Kaapstad & Pretoria: NG Kerk Uitgewers, 1960), 22–33.

12 Johan F. Hein, Persoonlike Dagboeke (Nederlandse, handgeskrewe, 1844–1901). Ongepubliseerde materiaal [NG Kerk Argief, eerw. J F Hein PPV 90].

13 Ook gespel “Kuboes”.

14 Meyer. Uit die Verre Noordweste, 33.

15 Meyer. Uit die Verre Noordweste, 34.

16 Meyer. Uit die Verre Noordweste, 23.

17 Hein, Persoonlike Dagboeke.

18 Hein, Persoonlike Dagboeke, Junie-Julie 1864-inskrywings.

19 Hein, Persoonlike Dagboeke, Januarie 1864-inskrywings.

20 Hein, Persoonlike Dagboeke, Januarie 1864-inskrywings.

21 Beryming: Martin Luther Bron: Kleines Gesang- und Gebetbuch #33. [Intyds]. Beskikbaar: https://hymnary.org/text/ein_feste_burg_ist_unser_gott.

22 Die Numering van die liedere [LIED I–IV] is dié van die outeur. In Hein se dagboek is daar nie “liednommers” toegeken nie – slegs die strofes is genommer. Transkripsies van die handgeskrewe tekste, dié van die skrywer, IM.

23 Lisel Joubert en Isabel Murray (reds.), Hart van God: verhale van vroue in sending (Wellington: CLF, 2018).

24 Maria Neethling, Zondag Achtermiddag. Voor de Kinderen (Holland: Weesinrichting te Neerbosch, 1906), 133.

25 In 1923 verskyn Ella se Afrikaanse kinderliedbundel: Ella Neethling, Afrikaanse kinderliedere. Getoonzet door Prof. Jannasch (Gütersloh: Bertelsmann, 1923).

26 Ella Neethling, Zending-Oefeningen voor onze Kinder-Kransen. Deel I (Neerbosch: Snellpersdruk der Weesinrichting, 1909).

27 Hosanna vervolg op Halleluja en “Excelsior”. Voor gemengd koor. Muzik van N van Tright, G. H. Vijgeboon, J. C. de Puy, H van Eijk, Haydn, Möhring, Herzog, e.a. Derde Druk (Neerbosch: Neerbosch Boekhandel, 1912)

28 Pieta van Beek, “Buitenbeentjes in de kerk: vrouwenschrijvers als Susanna Smit, Maria Neethling, Ella Neethling en Willemien Appel in het licht van internationale vrouwengeschiedenis.” NGTT Supplementum: Teologie 150 en Calvyn, Deel 51 (Stellenbosch: Universiteit van Stellenbosch, 2010), 201–222.

29 MN [Maria Neethling], Levensbeschrijving van den WelEerw. W.J. Neethling door Zijne Moeder (Neerbosch: Stoom-Snelpersdruk der Weesinrichting, 1898).

30 Maria Neethling, Vergaderde Leliën (Nijmegen: Milborn, 1900)

31 Dit is onbekend of dié bundel wyd gebruik is in die Kaap. Die inskrywings dui aan dat hierdie kopie deur twee koorlede gebruik is: W van Jaarsveld van Coronationstraat, Maitland (1921) en, teen 1924, deur W. W. Thearty.

32 Sien ook Karel Schoeman, “Kaapse Stamouers: Die voorsate van Machtelt Smit, 1661–1749.” Kronos, No. 23 (November 1996): 36–42.

33 Andries Dreyer, Historisch Album van de Nederduitsche Gereformeerde Kerk in Zuid-Afrika (Kaapstad: Cape Times beperkt, 1910), 11–12.

34 Dreyer, Historisch Album, 11–12.

35 Dreyer, Historisch Album, 11–12.

36 Het boek der Psalmen nevens de Gezangen, bij de Hervormde Kerk van Nederland (Amsterdam: De Nederlandsche Bijbel-Compagnie, 1773).

37 Dreyer, Historisch Album, 11–12.

38 Het boek der Psalmen nevens de Gezangen bij de Hervormde Kerk van Nederland in gebruik. Ingericht overeenkomstig de thans meest gebruikte Taal en Spelling (Amsterdam: De Nederlandsche Bijbel-Companje, 1875).

39 “De Jan van Riebeeckfeesten werden in 1952 zowel in Zuid-Afrika als in Culemborg gehouden. De start had plaats in januari 1952 waarbij verschillende postkoetsen door Zuid-Afrika reden om lokale historische verhalen te verzamelen. Toen de koetsen in Kaapstad arriveerden werden ze daar verwelkomt door vijftigduizend enthousiaste toeschouwers. Hierop volgde een week vol activiteiten met als hoogtepunt op 6 april de aankomst en landing van Jan van Riebeeck in een replica van de “Drommedaris”. Tijdens deze activiteiten was op het festivalterrein de markt van Culemborg nagebouwd welke 800.000 bezoekers trok.” Bron beskikbaar by https://www.culemborgtoen.nu/jan-van-riebeeckfeesten-2/

40 W.A.P. Smit (Tekst) en Marius Monnikendam (Muzik), Jan van Riebeeck Suite voor Stemmen en Instrumenten (Culemborg: AT Verschoor & Zoon, 1952). ’n Kopie daarvan (teks) is in die NG Kerk Argief Musiekversameling.

41 Die Table of Hymns bevat is ’n weergawe van die liedere opgeneem in die “1200 Edition of Sacred Songs and Solos”. Heelwat van die liedere verskyn ook in die “six-volume collection, Gospel Hymns and Sacred Songs, which Sankey edited with Philip Bliss and others, which was published in the United States between 1876 and 1891.” Bron beskikbaar by https://en.wikipedia.org/wiki/List_of_hymns_composed_by_Ira_D._Sankey.

42 Ira David Sankey (1840–1908) was ’n kerkwerker en amateur sanger wat in 1870 deur Dwight L. Moody gewerf is om hom op sy reekse (Christelike) Herlewingsveldtogte in Amerika en Brittanje te vergesel. Sankey het self gekomponeer, asook gebruik gemaak van ander se “herlewingstekste” in sy optredes en gepubliseerde bundels. Hy verwerf internasionale gewildheid as “… an American gospel singer and composer who introduced a musical style that influenced church services and evangelical campaigns for generations …”. Inligting beskikbaar by https://en.wikipedia.org/wiki/Ira_D._Sankey.

43 Benewens die opname van ’n groot aantal “herlewingsliedere” in De Zionslieder en De Kinderharp vir gebruik in die Sondagskool; later in die verskeie Halleluja uitgawes en selfs enkeles wat “deurgeglip” en in 2001 Liedboek opgeneem is, is herlewingsliedere opgeneem in elke kerklike vereniging se sangbundel, sowel as in die sangbundels in verskeie Afrika-tale wat deur pioniersendelinge saamgestel is. Verskeie voorbeelde van sodanige bundels is opgeneem in die NG Kerk Argief Musiekversameling.

44 Abby Ferguson se toere is volledig beskryf in briewe aan haar suster, Mrs Allen, en gedeeltelik in die maandelikse uitgawe van Mission News Letter (die sendingnuusbrief wat veral die manne en vroue van die Kaapse NG Kerk se sendingopleidinginstansies en -velde as lesers en bydraers bedien het). Die Ferguson-briewe, asook die MNL nuusbriewe is opgeneem in die van die NG Kerk Argief (Kaap Diverse Versameling).

45 De Strever is die tydskrif wat die lede van die Strewersvereniging in die kampe self uitgee en publiseer het.

46 Voorbeelde van die “Programma” van die konserte is te sien in Strever plakboeke (soos dié van A.F. Louw) en in Strever tydskrifte (opgeneem in die NG Kerk Argief). Sien ook Isabel Murray, De Kinderharp, Hallelujas en Afrika Nyimbo’s: Verborge Liederskat in die NG Kerk Argief 1824–2024 (2024), 49–53.

47 Johan Louw (samesteller), AF Louw op St Helena: Briewe en Belewenisse (Kaapstad en Pretoria: NG Kerk-Uitgewers, 1963), 104–106; 114–115.

48 G. Jordaan (samesteller, skrywer), Hoe Zij Stierven. Mededelinge aangaande het einde dergenen, aan wien gedurende den laasten oorlog, in de Kaap-kolonie het doodvonnis voltrokken is (Burgersdorp, Kaap-Kolonie: De Stem Drukkerij, 1904), 146–159.

49 Daar word nie aangetoon uit watter bundel hierdie lied afkomstig is nie.

50 Beryming Ps. 118. In Het Boek der Psalmen nevens de Gezangen bijj de Hervormde Kerk van Nederland (Amsterdam: Brandt en Zoon, en P Proost, 1884), 195–200.

51 Die Sanky-liedere is in baie bundels gepubliseer – die liednommers is dus nie noodwendig konsekwent nie. So ver vasgestel kon word, is hierdie heel moontlik die weergawe waarna Willie Louw verwys het: dit is No 565 in een van die Sanky bundels in die NG Kerk Argief, waarskynlik afkomstig uit die omvattende privaatversameling van ds AF Louw (Willie se ouer broer): Ira D. Sankey, Sacred Songs & Solos – New Hymns and Solos. 888 Pieces (London: Morgan & Scott, 1897).

52 Chester Aubrey Meyer, Griqua hymnody: A Musical ethnography of Griqua identity through song. Ongepubliseerde MA-verhandeling. Universiteit van die Vrystaat, 2015), 88. Sien ook Murray, De Kinderharp, Hallelujas en Afrika Nyimbo’s, 90–95.

53 Gedenkboek: Een-en-'n-Half-Eeufees 1819 - 1969 N G Sendinggemeente Steinkopf (Woodstock, Kaap: Mester en Kie Drukkery en Skryfbehoeftes (Edms.) Bpk., 1969).

54 Heimwee (C.E. Cloete) en Namakwaland (Ds Driessen) verskyn op p.120 in die gedenkboek: Gedenkboek: Een-en-'n-Half-Eeufees 1819 - 1969 N G Sendinggemeente Steinkopf (1969).

55 Opgeteken deur Maria Murray as dogter in haar dagboek en later in haar publikasie: M. N. [Maria Neethling], Unto Children’s Children. For private circulation only (London: T.C. Hopkins & Son, 1909).

56 Lied 111 “There is a happy land,” in Chikaranga-liedbundel Nziyo dze Chikaranga dze “De Ned. Ger.” Kerke (Mashonaland, Rhodesia. 1910). Gedruk op Morgenster.

57 Murray, De Kinderharp, Halleluja en Afrika Nyimbo’s, 257–258.

58 Johan Cilliers, Faith in search of Sound: The interaction between religion, culture and hymnology (2010). Beskikbaar by https://repository.nwu.ac.za/bitstream/handle/10394/16862/VdM_31(2011)2Cilliers_ J.pdf?sequence=1.